Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w89 6/15 bl. 29
  • Vrae van lesers

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Vrae van lesers
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1989
  • Soortgelyke materiaal
  • Gesinsbeplanning—die Christelike beskouing
    Ontwaak!—1993
  • Van ons lesers
    Ontwaak!—1993
  • Wie moet oor die grootte van ’n gesin besluit?
    Ontwaak!—1996
  • Vrae van lesers
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2002
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1989
w89 6/15 bl. 29

Vrae van lesers

▪ Is ’n Christenegpaar se gebruik van geboortebeperkingspille verenigbaar met Bybelbeginsels?

Die Skrif sê nie duidelik dat Christenegpare verplig is om kinders te hê of, as hulle het, hoeveel nie. Elke egpaar behoort privaat en op ’n verantwoordelike wyse te besluit of hulle die grootte van hulle gesin gaan probeer reguleer. Indien hulle ooreenkom om geboortebeperking te beoefen, is hulle keuse van voorbehoedmiddels ook’n persoonlike saak. Hulle moet egter—ooreenkomstig hulle begrip van die Bybel en hulle gewete—oorweeg of die gebruik van ’n sekere metode respek vir die heiligheid van lewe sal toon.

Die Bybel wys dat ’n persoon se lewe met bevrugting begin; die Lewegewer sien die lewe wat verwek is, “selfs die embrio” wat daarna in die baarmoeder sal ontwikkel (Psalm 139:16, NW; Exodus 21:22, 23a; Jeremia 1:5). Daarom behoort geen poging aangewend te word om ’n verwekte lewe te beëindig nie. Dit sou aborsie wees.

Geboortebeperkingspille word wêreldwyd algemeen gebruik. Hoe verhinder hulle swangerskap? Daar is twee vername soorte pille—die kombinasiepil en die progestienpil (minipil). Navorsing het hulle primêre meganisme vir die voorkoming van swangerskap duidelik gemaak.

Die kombinasiepil bevat die hormone estrogeen en progestien. Volgens die Amerikaanse Administrasie vir Voedsel en Geneesmiddels is “die primêre meganisme” van die kombinasiepil die “onderdrukking van ovulasie”. Dit blyk dat hierdie soort pil feitlik altyd die vrystelling van ’n eier deur die eierstok verhoed wanneer dit aanhoudend gebruik word. Wanneer geen eier of ovum vrygestel word nie, kan bevrugting nie in die Fallopiusbuise plaasvind nie. Hoewel hierdie soort pil ook veranderinge in “die endometrium [baarmoederslymvlies] kan veroorsaak (wat die moontlikheid van inplanting verminder)”, word dit as ’n sekondêre meganisme beskou.

Om newe-effekte te verminder, is kombinasiepille met laer dosisse estrogeen ontwikkel. Hierdie laedosis-kombinasiepille laat blykbaar meer aktiwiteit in die eierstokke toe. Dr. Gabriel Bialy, hoof van die Kontrasepsie-Ontwikkelingstak van die Nasionale Institute vir Gesondheid, sê: “Die oorwig van wetenskaplike bewyse toon dat ovulasie selfs met die lae-estrogeenpil gekeer word, nie 100 persent nie, maar heel waarskynlik sowat 95 persent. Maar die blote feit dat ovulasie plaasvind, is nie dieselfde as om te sê dat bevrugting plaasgevind het nie.”

Indien ’n vrou vergeet om die kombinasiepil volgens sy spesifieke rooster te neem, is daar ’n groter moontlikheid dat die sekondêre meganisme ’n rol sal speel in die voorkoming van swangerskap. ’n Studie onder vroue wat twee van die laedossis-pille oorgeslaan het, het bevind at 36 persent ovulasie “vrygespring” het. Die tydskrif Contraception berig dat die “effek van pille op die endometrium en servikale slym, [in sulke gevalle] kan aanhou om . . . voorbehoedbeskerming te verleen”.

Wat van die ander soort pil—die progestienpil (minipil)? Drug Evaluations (1986) berig: “Onderdrukking van ovulasie is nie ’n belangrike kenmerk van voorbehoeding met progestienminipille nie. Hierdie agense laat ’n dik servikale slym vorm wat betreklik ondeurdringbaar vir sperma is; dit kan die vervoertyd in die buise laat toeneem en ook involusie van die endometrium veroorsaak [wat die ontwikkeling van enige bevrugte ovum sal belemmer].”

Party navorsers beweer dat “normale ovulasie in meer as 40% van gebruikers” van die progestienpil plaasvind. Hierdie pil laat ovulasie dus dikwels toe. Die verdikte slym by die serviks kan die gang van sperma keer en gevolglik bevrugting nie toelaat nie; indien nie, kan die vyandige omgewing wat die pil in die baarmoeder skep, die inplanting van die bevrugte ovum en die ontwikkeling daarvan tot ’n baba verhinder.

Dit wil dus voorkom dat wanneer albei vername soorte pille gereeld vir geboorteperking gebruik word hulle bevrugting in die meeste gevalle verhinder en derhalwe nie abortief is nie. Aangesien die progestienpil (minipil) ovulasie meer dikwels toelaat, is daar egter ’n groter moontlikheid dat dit ’n swangerskap somtyds verhinder deur die inplantasie van ’n verwekte lewe, wat reeds begin het, in die baarmoeder te belemmer. Wetenskaplike studies toon dat daar normaalweg (met ’n baarmoeder wat onaangetas is deur geboortebeperkingspille) “sestig persent van bevrugte eiers . . . voor die eerste oorgeslane periode verlore gaan”. Die feit dat dit gebeur, is egter heeltemal anders as om ’n geboortebeperkingsmetode te kies wat waarskynlik die inplantasie van ’n bevrugte ovum verhinder.

Daar is dus beslis morele aspekte wat in ag geneem moet word wanneer ’n egpaar die gebruik van geboortebeperkingspille met ’n geneesheer bespreek. Christene moet selfs oor private en persoonlike vrae so besluit dat hulle ’n “volkome goeie gewete” voor ons God en Lewegewer kan behou.—Handelinge 23:1; Galasiërs 6:5.

[Voetnoot]

a Kyk The Watchtower van 1 Augustus 1977, bladsye 478-480.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel