Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w89 8/15 bl. 3-4
  • Waarom soveel misdaad?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Waarom soveel misdaad?
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1989
  • Soortgelyke materiaal
  • Toe daar geen misdaad was nie
    Ontwaak!—1998
  • Die einde van misdaad is nou naby!
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1989
  • Die stryd om ’n einde te maak aan misdaad
    Ontwaak!—1996
  • Kan die probleem van misdaad opgelos word?
    Ontwaak!—2008
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1989
w89 8/15 bl. 3-4

Waarom soveel misdaad?

“DIE meeste misdade is teen eiendom gerig”, sê ’n brosjure van die Britse regering. En tog toon berigte dat gewelddadige misdade teen mense “die misdaad [is] wat die vinnigste toeneem” in daardie land, hoewel dit slegs 5 persent van alle oortredings uitmaak.

Hierdie situasie weerspieël die wêreldwye toename in misdaad. Berigte oor skakings, gewapende roof, verkragting en ander gewelddade verskyn gereeld in die kolomme van die wêreld se pers en trek dikwels meer aandag as berigte oor nie-gewelddadige misdaad. Dit is dus duidelik dat jy sowel as jou besittings die teiken van misdaad kan wees. Maar waarom? Wat beweeg mense om misdadigers te word?

Baie misdadigers is opportuniste. Owerhede wend gevolglik ’n poging aan om die golf van misdaad teë te werk deur mense aan te spoor om meer bewus te wees van wat in hulle buurt aangaan. Sulke strategie word gebruik om misdade te probeer voorkom, maar verhinder dit mense om misdadigers te word? Nee.

Die misdadiger se persoonlikheid is die onderwerp van vele studies. Interessant genoeg bied God se Woord, die Bybel, insig in die misdadiger se denke wanneer dit jongmanne waarsku teen diegene wat verleidelik sê: “Kom ons gaan lê iemand voor en vermoor hom, ons oorval sommer iemand, al het hy ons niks gedoen nie; kom ons laat mense verdwyn soos die dood dit doen, ons maak gesonde mense dood! Ons vat al wat waardevol is en ons maak ons huise vol met wat ons roof. Jy kan deel in die buit, dit sal ons s’n wees” (Spreuke 1:11-14, NAV). Ja, hebsug, gierigheid en ’n materialistiese beskouing bevorder misdaad.

Dwelmmisbruik en hedonisme oorheers ook die denke van baie in hierdie 20ste eeu. Geld is nodig om vir die gruweldade te betaal, selfs al beteken dit dat ’n ander seergemaak of sy lewe geneem word om die geld te kry. In hierdie “swaar tye” is daar al hoe meer mense wat ‘daarop uit is om kwaad te doen, wat wil gaan moord pleeg.’—2 Timotheüs 3:1, 3, 4; Spreuke 1:16, NAV.

’n Misdaad is “’n ernstige oortreding veral teen die sedelikheid”, sê Webster’s Ninth New Collegiate Dictionary. Ons leef in ’n eeu van sedebederf. Die apostel Paulus het die Efesiese Christene gewaarsku teen mense wat “wandel in die verdwaasdheid van hulle gemoed . . . mense wat verduisterd is in die verstand en vervreemd van die lewe van God deur die onkunde wat in hulle is vanweë die verharding van hulle hart; wat ongevoelig geword het [“alle sedelikheidsbegrip verloor het”, NW]”. Ons moet vandag eweneens op ons hoede wees.—Efesiërs 4:17-19.

Dra die vermenigvuldiging van sadistiese videobandopnames, die verheerliking van oorlog en die selfsugtige najaging van ongeoorloofde genietinge nie alles daartoe by dat sommige mense misdadigers word en onskuldige mense die teiken van misdaad word nie? Maar daar is nog ’n element in die weefsel van kriminele intrige. Wat is dit?

Dit is Satan die Duiwel. Sy woede ontketen die verstandelose geweld en misdaad wat hierdie wêreld kenmerk (1 Johannes 5:19; Openbaring 12:12). Sy doel is om alle mense van die ware God, Jehovah, weg te keer. Hoewel hy dit dalk met talle sal regkry, maak die Bybel profeties bekend dat hy nie die onkreukbaarheid van God se ware knegte sal kan breek nie. Satan sal uiteindelik verwyder word. Maar sal dit die einde van misdaad beteken selfs al is Satan uit die pad? En is die einde van misdaad nou naby?

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel