Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w89 10/1 bl. 3
  • Is die hel warm?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Is die hel warm?
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1989
  • Soortgelyke materiaal
  • Wat het van die helse vuur geword?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2002
  • Die waarheid omtrent die hel
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1989
  • Wie gaan hel toe?
    Antwoorde op Bybelvrae
  • Is die hel ’n regte plek? Wat is die hel volgens die Bybel?
    Antwoorde op Bybelvrae
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1989
w89 10/1 bl. 3

Is die hel warm?

“DIE hel het op die een of ander tydstip gedurende die sestigerjare verdwyn.” So het die Britse skrywer David Lodge in sy boek Souls and Bodies gesê, en sy woorde weerspieël die denke van baie Katolieke en Protestante gedurende die dekades ná die Tweede Wêreldoorlog. Baie van die hoofstroomkerke het self ’n tyd lank hulle amptelike leerstelling van ’n vurige hel getemper in hulle pogings om hulle by moderne denkwyses aan te pas.

Die idee van straf ná die dood was vir mense veral onaanvaarbaar omdat die begrip van sonde in hulle gedagtes onduidelik geword het. Kardinaal Ratzinger van Rome, met wie daar in 1984 ’n onderhoud gevoer is, het gesê: “Ons beskawing . . . lê hom toe op versagtende omstandighede en alibi’s in ’n poging om mense se skuldgevoel, sondebesef, weg te neem . . . , daardie einste werklikheid waarmee geloof aan die hel en die vaevuur geassosieer word.”

Is dit vandag moontlik om in die werklikheid van sonde te glo sonder om die leerstelling van straf ná die dood in die vaevuur en die hel te aanvaar? ’n Onlangse boek, Abrégé de la foi catholique (Opsomming van die Katolieke geloof), met ’n voorwoord deur die Franse kardinaal Decourtray, het die vraag pront-uit gestel: “Is dit nodig om aan die hel te glo?” Die antwoord: “Dit is nie moontlik om die skrikwekkende kwessie van die hel te ontwyk nie.” Die werk Vatican Council II—More Postconciliar Documents (1982) haal “Die Credo van die volk van God” aan wat sê: “Ons glo . . . [dat] diegene wat op God se liefde en barmhartigheid reageer het die ewige lewe sal ingaan. Diegene wat dit tot die einde verwerp het, sal aan die onuitblusbare vuur oorgelewer word.”

Die helse vuur is dus nog steeds, ten spyte van alle teologiese pogings om die teendeel te bewys, ’n baie belangrike deel van die amptelike Katolieke dogma. Tog maak A New Dictionary of Christian Theology (1983) melding van die “verleentheid” en die “ongerief” wat die leerstelling van ewige verdoemenis vandag vir baie lidmate van die Christendom se kerke veroorsaak. Hulle vind dit moeilik om hierdie dogma met die begrip van ’n God van liefde te vereenselwig. Hulle wonder: ‘Is ’n warm hel werklik ’n Christelike en ’n Bybelse leerstelling? Indien nie, waar het dit ontstaan?’

[Prent op bladsy 3]

Bourges Cathedral, Frankryk

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel