Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w89 10/1 bl. 21
  • Hulle het ’n rede gevind om te verander

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Hulle het ’n rede gevind om te verander
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1989
  • Soortgelyke materiaal
  • “Ek was besig om my eie graf te grawe”
    Die Bybel verander lewens
  • Wat ons omtrent bendes moet weet
    Ontwaak!—1998
  • Gebruik tydskrifte in jou bediening
    Ons Koninkryksbediening—2005
  • Hoe ons ons tydskrifte ten beste kan benut
    Ons Koninkryksbediening—1995
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1989
w89 10/1 bl. 21

Koninkryksverkondigers berig

Hulle het ’n rede gevind om te verander

KAN bendelede en geweldenaars hulle gedrag verander? Wat kan hulle help om dit te doen? Dramatiese gedragsveranderinge is moontlik, soos blyk uit die geval van Saulus van Tarsus, wat voorheen Christene vervolg het, maar toe self ’n Christen geword het. Hy het daarna as die apostel Paulus bekendgestaan (Galasiërs 1:13, 14; 1 Timotheüs 1:13). Berigte van soortgelyke dramatiese veranderinge is uit Kenia ontvang.

◻ Een jong man was ’n bendelid in die Nairobi-omgewing en is na Wes-Kenia gestuur om te gaan kyk hoe die vooruitsig op bankrooftogte daar lyk. Hy het by ’n bejaarde man gaan bly en het ’n stapel ou nommers van Ontwaak! in sy huis gevind. Die jong man het so verdiep geraak in die lees van hierdie tydskrifte dat hy skoon vergeet het van sy planne om banke te beroof. Toe hy alles gelees het, het hy nog gevra, en die bejaarde man het vir hom gesê dat daar elke twee weke ’n tydskrif per pos sou kom. Die jong man het sy gasheer van toe af gesoebat om elke dag na die poskantoor te gaan om te kyk of nog tydskrifte gekom het. Intussen het hy besluit om sy slegte lewenswyse te laat vaar, om te doen wat hy in die tydskrifte geleer het en om ’n Getuie van Jehovah te word. Hy het selfs vir die bure vertel dat hy een van Jehovah se Getuies is. Later het ’n spesiale pionier in die gebied gewerk en tot sy verbasing hierdie jong man gevind wat beweer het dat hy ’n Getuie is. ’n Bybelstudie is met hom begin, hy het tot rypheid gevorder en vandag is hy ’n gewone pionier. Juiste Bybelkennis het hom rede gegee om sy lewe te verander.

◻ ’n Man in Argentinië het ook ’n rede gevind om sy gewelddadige lewenswyse te verander. Hy het sy vrou, ’n Getuie, 20 jaar lank mishandel. Hy het na bewering selfs ’n gat in sy agterplaas gegrawe en ’n kruis daarlangs opgerig omdat hy die persoon wat sy hoenders gesteel het, wou doodmaak en daar wou begrawe. Omdat die man so gemeen was, het al die bure hom vermy.

Die kringopsiener het hom besoek. Terwyl hy daar was, het die kringopsiener die man ’n Bybelstudie aangebied, en hy was verbaas toe die man gesê het dat hy die Bybel graag wou bestudeer. Die broer het ’n studie uit die brosjure Jy kan vir ewig op die aarde lewe! met hom gehou. Die man se Bybelkennis en geestelike begrip het toegeneem. Hy woon nou al die vergaderinge by. Hy geniet die vergaderinge en omgang met sy broers so baie dat hy gesê het: “Dit is waar ek wil lewe.”

Die verandering in hierdie man was so merkwaardig dat die bure sy vrou gevra het watter dokter hom behandel. Toe sy verduidelik het dat die verandering plaasgevind het omdat hy die Bybel saam met Jehovah se Getuies bestudeer, was een buurvrou so beïndruk dat sy ’n Bybel gevra het. ’n Ander buurman het op een van ons tydskrifte ingeteken.

Juiste Bybelkennis het hierdie mans ’n rede gegee om hulle lewe te verander. Dit kan enigeen help wat nou ’n betekenisvoller lewe en ’n hoop op ewige lewe in God se beloofde nuwe wêreld wil hê.—Johannes 17:3.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel