Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w90 2/15 bl. 30
  • Koninkryksverkondigers berig

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Koninkryksverkondigers berig
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1990
  • Soortgelyke materiaal
  • Die verkragting van die reënwoude
    Ontwaak!—1998
  • Maniere om die goeie nuus te verkondig
    Georganiseer om Jehovah se wil te doen
  • ’n Oorvloedige oes!
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe) — 2018
  • Skaduwees oor die reënwoud
    Ontwaak!—1997
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1990
w90 2/15 bl. 30

‘’n Goeie tyding uit ver lande’

Koninkryksverkondigers berig

◻ IN YSIGE Groenland het ’n paar verkondigers wat op ’n predikingstoer was ’n jong Noorweër ontmoet wat die boek Lewe—Hoe het dit hier gekom? Deur evolusie of deur die skepping? aanvaar het. Hy het egter nie veel belangstelling getoon nie. Op hulle volgende besoek aan hierdie afgeleë plek het hy vir hulle gesê dat hy die boek ’n paar maal deurgelees het en meer boeke wou hê. ’n Paar boeke en brosjures is by hom gelaat. Hy was jammer om te hoor dat die verkondigers eers ’n jaar later kon terugkeer, maar het die Getuies se adres neergeskryf. Tot hulle verbasing het hy ’n maand later aan hulle deur geklop. Hy het vertel dat hy op pad na sy boot met sy sneeumobiel deur die ys geval het en dat hy toe ses uur lank moes vaar om die Getuies te bereik. Hy wou nog lektuur hê en die waarheid bespreek. Daardie aand het hy die vergadering bygewoon en reëlings getref om dit een maal per maand by te woon. Hy het gekom vir die kringopsiener se besoek en is grootliks aangemoedig. Hy het hom aan die kerk onttrek en verkondig nou die goeie nuus in sy gebied. Wanneer die ys hom in die winter verhinder om per boot na die vergaderinge te gaan, reis hy per helikopter, wat hom elke keer R390 kos.

Hoeveel van ons moet ons só inspan om in ons bediening te vorder?

◻ Baie mense in Madagaskar reageer op die goeie nuus. Daar is ’n bietjie meer as 3 200 Koninkryksverkondigers en 16 205 het die Gedenkmaal van Christus se dood bygewoon. Die broers doen baie moeite om almal op die eiland te bereik.

Byvoorbeeld: 17 van die 30 verkondigers van die Isaonjo-gemeente het besluit om in ’n gebied kilometers daarvandaan te getuig. Hulle het hulle dorpie ’n halfuur na middernag verlaat en twee uur lank met steil paadjies langs en deur modderige moerasse geloop. Teen 2:30 vm. het hulle die tropiese woud binnegegaan. Omdat dit donker was in die woud het party broers in rotsskeure geval. Party het in poele water in hol rotse beland. Daar was bloedsuiers in die woud, en baie insekte het hulle gebyt. Die meeste susters het kwaai deurgeloop. Die modder was soms kniediep. Al 17 verkondigers is op die een of ander manier beseer, maar eindelik het hulle almal teen 6:30 vm. die ander kant van die woud bereik!

Velddiens het om 6:45 vm. begin. Die meeste van die mense het die verkondigers vriendelik ontvang. Iemand wat dit aanvanklik nie gedoen het nie, was die vrou van ’n Protestantse godsdiensleier. Sy het gesê: “Ek het my eie kerk; dit is genoeg vir my. Ek weet alles wat die Bybel sê.” Toe die verkondiger ’n Wagtoring uithaal, het die vrou dit uit die hoogte van die hand gewys en gesê: “Ek het reeds baie ander dinge om te lees.” Maar sy het begin vrae vra: “Wie is julle, waar kom julle vandaan, en wie het julle gestuur?” Nadat hulle haar sagmoedig geantwoord het en kortliks vertel het van die moeite wat hulle gedoen het om haar dorpie te bereik, het die vrou Die Wagtoring aanvaar en gesê: “Ek sal dit koop. Wie weet of God julle gestuur het?”

Die 17 het die terugtog om 1:30 nm. aangepak en het dit in minder as vier uur afgelê omdat dit nog dag was. Hulle was moeg maar veilig, en hulle gesigte het van vreugde gestraal. Hulle het gesê: “Dit was ’n onvergeetlike dag vir ons 17 van die Isaonjo-gemeente.”

Ja, Jehovah se gees beweeg sy toegewyde knegte om die goeie nuus van die Koninkryk “tot aan die uiterste van die aarde” te verkondig, en baie reageer op die Getuies se pogings.—Handelinge 1:8.

[Prent op bladsy 30]

Die hawe van Umanak, Groenland

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel