Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w89 12/15 bl. 30
  • Onthou jy?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Onthou jy?
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1989
  • Soortgelyke materiaal
  • Vrae van lesers
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1989
  • Volgehoue organisasie vir oorlewing tot in die Millennium
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1989
  • Hoe ons baat kan vind by “een Middelaar tussen God en die mense”
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1980
  • Redding wat dit werklik beteken
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1997
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1989
w89 12/15 bl. 30

Onthou jy?

Het jy goed nagedink oor onlangse nommers van Die Wagtoring? Indien wel, sal jy waarskynlik die volgende kan onthou:

◻ In watter sin gebruik Paulus die term “Middelaar” wanneer hy in 1 Timotheüs 2:5, 6 van Jesus praat?

In hierdie teks gebruik Paulus die Griekse woord me·siʹtes, ’n term met ’n wetlike betekenis, vir “Middelaar”. Hy gebruik hierdie woord dus nie in die algemene sin soos dit in baie tale voorkom nie. Paulus sê derhalwe nie dat Jesus ’n middelaar tussen God en die hele mensdom is nie. Hy praat eerder van Christus as die wetlike Middelaar van die nuwe verbond, wat die grondslag gelê het vir Christus se gesalfde volgelinge om saam met hom in sy hemelse Koninkryk te regeer (2 Korinthiërs 5:1, 5; Efesiërs 1:13, 14; Hebreërs 8:7-13).—8/15, bladsye 30, 31.

◻ Wat bedoel Jesus wanneer hy in Mattheüs 25:34 aan skaapgeaarde persone sê: “Beërf die koninkryk wat vir julle berei is”?

Jesus het nie bedoel dat hierdie skaapgeaardes saam met hom in die hemel sal heers nie. Die skape sal eerder die aardse gebied van die Koninkryk beërf, wat “van die grondlegging van die wêreld” van die afkoopbare mensdom vir hulle berei is. Op hierdie manier word hulle die aardse kinders van hulle “ewige Vader”, die koning Christus Jesus (Jesaja 9:5, 6).—9/1, bladsy 20.

◻ Sal dit nodig wees dat die gesalfde oorblyfsel op die aarde moet wees om getroues wat voor 33 G.J. gesterf het terug te verwelkom?

Nee, dit sal nie nodig wees nie. Talle van die groot menigte wat die groot verdrukking sal oorleef, word nou opgelei om na organisatoriese verantwoordelikhede om te sien. Hulle sal dus daardie situasie kan behartig en die verresenes vertroud kan maak met die “nuwe aarde” onder die “nuwe hemele” (2 Petrus 3:13).—9/1, bladye 20, 21.

◻ Watter dinge hou verband met redding? (Handelinge 16:30).

Die belangrikste vereiste is: “Glo in die Here Jesus Christus en jy sal gered word” (Handelinge 16:31). Dit behels dat ons juiste kennis van God se voornemens en sy weg van redding moet opdoen. Dan moet ons geloof beoefen in Jesus Christus as die Vernaamste Bewerker van redding (Johannes 3:16; Titus 2:14). Dit bring die Christen in ’n geredde toestand, maar hy moet nou volhard om God se wil te doen en vir die res van sy lewe aanhou om aan al God se vereistes te voldoen. Slegs dan sal hy gered word en die ewige lewe ontvang (Mattheüs 24:13).—9/15, bladsy 7.

◻ Hoe het Noag se geloof die wêreld veroordeel? (Hebreërs 11:7).

Noag se gehoorsaamheid en regverdige dade het getoon dat ander buiten hom en sy gesin die Vloed kon oorleef het as hulle bereid sou wees om hulle lewenstyl te verander. Ondanks druk van sy onvolmaakte vlees, die wêreld om hom en die Duiwel, het Noag bewys dat dit moontlik was om ’n lewe te lei wat God behaag.—10/1, bladsy 11, 12.

◻ Waarom moet ons teen selfs oppervlakkige skinderpraatjies waak?

Ons maak dalk ’n opmerking wat nie bedoel is om enigiemand seer te maak nie, maar hierdie skynbaar onskuldige skinderpraatjies kan dalk kwets wanneer dit herhaal, aangedik of verdraai word, sodat dit afbreuk doen aan die reputasie van die persoon oor wie daar gepraat word en dit hom van sy goeie naam beroof (Spreuke 20:19).—10/15, bladsy 13.

◻ Wat is die voordele wanneer huweliksmaats in ’n gelyke juk is?

Man en vrou is in ’n posisie om mekaar in die aanbidding van hulle God aan te moedig. Hulle kan ook op die Skrif staatmaak vir leiding om hulle verskille op te los.—11/1, bladsy 20.

◻ Hoe kan die Tien Gebooie ons vandag help?

Dit openbaar Jehovah se beskouing van sake en herinner ons aan ons verpligting om God en ons naaste lief te hê (Mattheüs 22:37-39; 2 Timotheüs 3:16, 17).—11/15, bladsye 5, 6.

◻ By watter drie geleenthede het God gepraat sodat Jesus en ander mense dit kon hoor?

Die eerste geleentheid was toe Johannes die Doper Jesus gedoop het (Mattheüs 3:17); die tweede was toe Jesus voor Jakobus, Johannes en Petrus verheerlik is (Mattheüs 17:5) en die derde geleentheid was op 10 Nisan, vier dae voor Jesus se dood, toe ’n skare wat in die tempel gestaan het God se stem gehoor het (Johannes 12:28).—12/1, bladsy 8.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel