Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w90 6/1 bl. 29
  • Informele getuienis werp vrugte af

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Informele getuienis werp vrugte af
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1990
  • Soortgelyke materiaal
  • Gryp elke geleentheid aan om te getuig—Deel 2
    Ons Koninkryksbediening—1989
  • Praat oor die heerlikheid van God se koningskap
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1987
  • Is jy gereed vir informele getuieniswerk?
    Ons Koninkryksbediening—2009
  • Jy kan informeel getuig!
    Ons Koninkryksbediening—2010
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1990
w90 6/1 bl. 29

Koninkryksverkondigers berig

Informele getuienis werp vrugte af

JESUS het ’n gesprek aangeknoop wat tot ’n informele maar uiters suksesvolle getuienis gelei het toe hy vir ’n Samaritaanse vrou by ’n put gesê het: “Gee vir My water om te drink” (Johannes 4:7). Ons kan vandag ook baie suksesvol wees as ons wakker is vir alle geleenthede om informeel te getuig. Een broer in Australië het ’n informele gesprek aangeknoop deur die dagteks op ’n bank in ’n park te sit en lees. ’n Nuuskierige man het die publikasie gesien en gesê dat hy ook in die Skrif belangstel. Hy was ’n onaktiewe Katoliek wat evolusie in ’n Katolieke skool geleer is en nou nie geweet het wat om te glo nie. Die broer het gereël om die boek Lewe—Hoe het dit hier gekom? Deur evolusie of deur die skepping? vir hom te kry.a Twee dae daarna het hy die boek na die man se werk geneem, maar die man was uit. Sy sekretaresse het die boek omtrent gegryp en gesê: “Ons het vir die boek gewag.”

Twee uur later het die broer ’n telefoonoproep van die man ontvang waartydens hy nog twee eksemplare van die Skepping-boek gevra het, en dat die Getuie hom by sy kantoor moet kom besoek. Toe die broer na daardie kantoor gaan, het hy die man en twee ander daar aangetref. ’n Bybelstudie is met hulle begin, onder andere met die sekretaresse, en daar is gereël dat die broer hulle twee maal per week sou besoek. In die weke wat daarop gevolg het, het die man se vriendin, ’n ‘wedergebore Christin’, aanhoudend notatjies met Bybelvrae gestuur. Uiteindelik het sy, sowel as die man se vennoot en sy vriend, ’n evolusionis, ook die studiegroep begin bywoon.

Hulle het vyf maande lank getrou voortgegaan met hulle Bybelstudie, en die tweede studie is elke week in die park gehou. Toe het die sekretaresse se vriend by die studiegroep aangesluit. Die eerste man se vennoot en sy vriend het kort daarna na Idaho in die Verenigde State getrek, en het daar aanhou studeer. ’n Paar weke daarna is die eerste man deur ’n algehele vreemdeling genader wat hom gevra het wat van die Bybelbesprekings in die park geword het. Hy het blykbaar gesit en luister toe die studies gehou is. Daar is reëlings getref dat hy ook kon studeer.

Wat was die gevolg van dit alles? Agttien maande na die oorspronklike gesprek in die park is die eerste man en sy vriendin, die voormalige ‘wedergebore Christin’, getroud en is hulle gedoop. Die sekretaresse en haar vriend is ook getroud en gedoop. Die vennoot en sy vriend wat na die Verenigde State getrek het, is gedoop, en een van hulle dien nou gereeld as ’n hulppionier. Die een wat na die Bybelbesprekings in die park gesit en luister het, het met sy studie voortgegaan. Hy het toe na Ierland getrek, en hy het daarna uitgesien om gedoop te word!

Dit alles het gebeur omdat ’n broer sy etenstyd gebruik het om informele getuieniswerk te doen, en Jehovah het sy pogings geseën. Laat ons ook elke geleentheid benut om die goeie nuus te versprei onder diegene wat dors na Jehovah se Koninkryksboodskap!

[Voetnote]

a Uitgegee deur die Watchtower Bible and Tract Society of New York, Inc.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel