Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w91 6/1 bl. 29
  • Gedrag wat ons Christelike bediening versier

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Gedrag wat ons Christelike bediening versier
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1991
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Onderwyser se indruk van goeie gedrag
  • Goeie resultate weens Christelike gedrag by ’n byeenkoms
  • “Vertrou op Jehovah”-Streekbyeenkoms vir 1987
    Ons Koninkryksbediening—1987
  • Byeenkomste—bewys van ons broederskap
    Jehovah se Getuies—Verkondigers van God se Koninkryk
  • Vind ten volle by die “Goddelike Onderrigting”-Streekbyeenkoms vir 1993 baat
    Ons Koninkryksbediening—1993
  • Die “God se weg”-internasionale en streekbyeenkomste vir 1998
    Ons Koninkryksbediening—1998
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1991
w91 6/1 bl. 29

Koninkryksverkondigers berig

Gedrag wat ons Christelike bediening versier

DIE apostel Petrus vermaan Christene só: “Hou julle lewenswandel onder die heidene skoon” (1 Petrus 2:12). Die apostel Paulus toon dat ons deur ons goeie gedrag “die leer van God, ons Verlosser, in alles kan versier” (Titus 2:10). Jehovah se Getuies oor die hele wêreld is bekend vir hulle goeie gedrag. Let op ’n paar voorbeelde.

Onderwyser se indruk van goeie gedrag

◻ Die Wagtoringgenootskap se takkantoor in Costa Rica sê dat ’n groot aantal jongmense in daardie land ’n goeie voorbeeld stel. Een broer vertel wat hom na die waarheid getrek het. Hy sê: “Wat my die meeste aangetrek het, was die goeie gedrag van jongmense sowel as volwassenes, maar veral die jongmense. Terwyl ek skoolgehou het, het ek die geleentheid gehad om die Getuies by my skool fyn dop te hou. En aangesien ek by ’n gesin wat Getuies van Jehovah was, geloseer het, het ek daar ook op die kinders se gedrag gelet.

“Ek kon nie anders as om die verskil tussen die Getuieleerlinge en die ander leerlinge in my skool op te merk nie. Die Getuies was altyd stiptelik en gehoorsaam, het nooit leuens vertel nie en het altyd hulle huiswerk gedoen. Ek het ook opgelet dat hulle eerlik was wanneer hulle eksamen afgelê het, selfs al was die ander leerlinge gewoonlik oneerlik. Daarbenewens was hulle baie beleef en eerbiedig teenoor my as hulle onderwyser. Beïndruk deur die jong Getuies by die skool en in die huis waar ek geloseer het, het ek begin om hierdie godsdiens te ondersoek en het ek eindelik die waarheid aanvaar.”

Goeie resultate weens Christelike gedrag by ’n byeenkoms

◻ Een van Jehovah se Getuies in ’n gemeente in die westelike gedeelte van El Salvador wou baie graag sy twee vleeslike broers van die goeie nuus van die Koninkryk vertel. Een van hulle het geluister en het die Bybel saam met Jehovah se Getuies begin studeer. Die ander broer het aan die Evangeliese kerk die Prince of Peace behoort, en hy het vir sy broer gesê: “Moenie met my praat nie; jy bevorder die Duiwel se belange.”

Toe die tyd vir die streekbyeenkoms aanbreek, het die een wat studeer sy broer genooi om saam met hom na die byeenkoms te gaan. Die broer het gesê: “Goed, ek sal saamgaan; ek gaan net om te sien waar ek die Getuies op foute kan betrap.” Die twee broers het die byeenkoms saam bygewoon. Die hoë bywoningsyfer en die ordelikheid by die byeenkoms het die broer wat aan die Evangeliese kerk behoort het, beïndruk, wat gesê het dat hy nog nooit tevore so iets gesien het nie. Toe hy by die huis kom, het hy vir sy broer gesê: “Gee my jou hand.” “Wat beteken dit?” het sy broer gevra. “Gee my net jou hand”, het hy geantwoord. Hulle het mekaar se hand geskud, en die broer wat aan die Evangeliese kerk behoort het, het gesê: “Van nou af gaan ek saam met Jehovah se Getuies studeer. Ek het werklik nie geweet wat ek mis nie.” Hy is nou ook ’n bedrywige en ywerige verkondiger van die goeie nuus van God se Koninkryk.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel