Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w92 1/15 bl. 3-5
  • Die onvergeetlike vloed

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Die onvergeetlike vloed
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1992
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Die Bybelse verslag van die Vloed
  • Op soek na die ark
  • Noag se ark—Het hulle dit gevind?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2009
  • Die groot Vloed
    My boek met Bybelverhale
  • Agt oorleef tot in ’n nuwe wêreld
    Lesse wat jy kan leer uit die Bybel
  • Noag se ark en skeepsbou
    Ontwaak!—2007
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1992
w92 1/15 bl. 3-5

Die onvergeetlike vloed

OMTRENT 4 300 jaar gelede het ’n rampspoedige vloed die aarde oorstroom. Met een reusagtige veeg het dit feitlik alles wat leef, uitgewis. Die omvang daarvan was so geweldig dat dit ’n onuitwisbare indruk op die mensdom gemaak het, en elke geslag het die verhaal aan die volgende geslag oorgedra.

Die Hebreeuse skrywer Moses het die verslag van die wêreldwye Vloed sowat 850 jaar ná die Vloed opgeteken. Dit is bewaar in die Bybelboek Genesis, waar ons die treffende besonderhede in hoofstukke 6 tot 8 kan lees.

Die Bybelse verslag van die Vloed

Genesis gee die volgende besonderhede, wat klaarblyklik die waarneming van ’n ooggetuie is: “In die seshonderdste jaar van die lewe van Noag, in die tweede maand, op dieselfde dag, is al die fonteine van die groot watervloed oopgebreek, en die sluise van die hemel is geopen. En die vloed was veertig dae lank op die aarde: die waters het vermeerder en die ark opgehef, sodat dit opgerys het bo die aarde. En die waters het heeltemal die oorhand gekry op die aarde, sodat al die hoë berge onder die ganse hemel bedek was.”—Genesis 7:11, 17, 19.

Omtrent die impak van die vloed op lewende dinge sê die Bybel: “Alle vlees wat op die aarde beweeg, het weggesterwe: die voëls en die vee en die wilde diere en al die gedierte wat op die aarde wemel, en al die mense.” Noag en sewe ander mense het egter behoue gebly, sowel as verteenwoordigers van elke soort vee, voël en kruipende dier (Genesis 7:21, 23). Almal is bewaar in ’n groot drywende ark wat omtrent 133 meter lank, 22 meter breed en 13 meter hoog was. Aangesien die ark se enigste funksies was dat dit waterdig moes wees en moes kon dryf, het dit nie ’n ronde boom, skerp boeg, aandrywingsmeganisme of stuurtoerusting gehad nie. Noag se ark was bloot ’n reghoekige, kisagtige vaartuig.

Vyf maande ná die Vloed begin het, het die ark tot rus gekom op die Araratgebergte wat in hedendaagse Turkye geleë is. Een jaar ná die begin van die Vloed het Noag en sy gesin die ark verlaat, droë grond betree en die normale lewensroetine hervat (Genesis 8:14-19). Met verloop van tyd het die mensdom dermate aangewas dat hulle die stad Babel en sy berugte toring naby die Eufraatrivier kon bou. Daarvandaan is die mense geleidelik oor alle dele van die aarde verstrooi toe God die mensdom se taal verwar het (Genesis 11:1-9). Maar wat het van die ark geword?

Op soek na die ark

Daar is sedert die 19de eeu verskeie pogings aangewend om die ark in die Araratgebergte te vind. Hierdie bergreeks het twee prominente pieke, die een 5 165 meter hoog en die ander 3 914 meter hoog. Die hoër een is altyd met sneeu bedek. Weens die klimaatsveranderinge wat ná die Vloed gevolg het, sou die ark spoedig onder sneeu begrawe gelê het. Sommige navorsers glo vas dat die ark steeds daar is en diep in ’n gletser begrawe lê. Hulle beweer dat die ys by tye soveel gesmelt het dat ’n deel van die ark tydelik sigbaar was.

Die boek In Search of Noah’s Ark haal George Hagopian, ’n Armeniër, aan wat beweer het dat hy die Araratgebergte in 1902 en weer in 1904 uitgeklim en die ark gesien het. Hy het gesê dat hy tydens sy eerste besoek tot bo-op die ark geklim het. “Ek het regop gaan staan en oor die hele skip heen gekyk. Dit was lank. Dit was omtrent [12 meter] hoog.” Omtrent sy waarnemings tydens sy daaropvolgende besoek, het hy gesê: “Ek het nie enige werklike rondings gesien nie. Dit was anders as enige ander boot wat ek al ooit gesien het. Dit het meer soos ’n vragskuit met ’n plat boom gelyk.”

Van 1952 tot 1969 het Fernand Navarra vier keer probeer om bewys van die ark te vind. Tydens sy derde besoek aan die Araratgebergte het hy tot onder in ’n gletserskeur afgeklim waar hy op ’n stuk swart hout afgekom het wat in die ys vassit. “Dit was ongetwyfeld baie lank”, het hy gesê, “en was moontlik nog aan die ander dele van die skip se raamwerk vas. Ek kon net met die grein langs sny totdat ek ’n stuk van omtrent [1,5 meter] lank kon afskeur.”

Professor Richard Bliss, een van verskeie kenners wat die hout ondersoek het, het gesê: “Die Navarra-houtmonster is ’n strukturele balk wat deurtrek is van bitumineuse pik. Dit het tapvoeë. En dit is beslis met die hand bewerk en haaks gemaak.” Die hout was na skatting tussen vier- en vyfduisend jaar oud.

Hoewel daar al probeer is om die ark in die Araratgebergte te vind, word die beslissende bewys dat dit wel gebruik is om ’n rampspoedige vloed te oorleef in die Bybelboek Genesis gevind wat ’n geskrewe verslag van daardie gebeurtenis bevat. Daardie verslag word bevestig deur die groot aantal vloedlegendes onder primitiewe volke uit alle wêrelddele. Kyk gerus in die volgende artikel na hulle getuienis.

[Prent op bladsy 4, 5]

Die ark het ’n dravermoë gehad gelykstaande aan 10 goederetreine met sowat 25 Amerikaanse goederewaens elk!

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel