Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w92 3/1 bl. 8-9
  • Watter soort veiligheid wil jy graag hê?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Watter soort veiligheid wil jy graag hê?
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1992
  • Soortgelyke materiaal
  • Ware vrede en veiligheid is ophande!
    Ware vrede en veiligheid—Hoe kan jy dit vind?
  • Ware veiligheid—nou en vir ewig
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1996
  • Kyk verder as mensgemaakte “vrede en veiligheid”
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1991
  • Die kernbedreiging—Vir goed uit die weg geruim!
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1994
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1992
w92 3/1 bl. 8-9

Watter soort veiligheid wil jy graag hê?

VERSKILLENDE mense het verskillende idees oor veiligheid. Sommige beskou dit as stabiliteit tussen vyandelike militêre magte. Die magte wat die wêreldtoneel oorheers, het saam met hulle Europese bondgenote byvoorbeeld al ooreengekom oor baie maatreëls om die risiko te verminder dat klein insidente op ’n wêreldwye kernoorlog sal uitloop. Die Stockholm International Peace Research Institute Yearbook 1990 spreek verbasing uit oor nasies “in ander dele van die wêreld” se gebrek aan belangstelling in sulke maatreëls.

Maar vir miljoene wat in arm lande woon, beteken “veiligheid” voedsel en gesondheidsdienste. “Wanneer dit kom by die gedagte van ‘vrede en veiligheid’”, verduidelik politoloog Yash Tandon, “seëvier die algemene opvatting van die oorheersende Westerse beskawing. . . . ‘Veiligheid’ word beskou as ’n kwessie van bewapening en ontwapening, sonder dat daar ag gegee word op die veiligheidsbehoeftes van die twee derdes van die wêreldbevolking wat nie voedsel en huise het nie.”

Wat die Bybel betref, belowe dit dat daar nie meer oorlog onder God se Koninkryk sal wees nie. ‘Hy laat die oorloë ophou tot by die einde van die aarde, hy verbreek die boog en slaan die spies stukkend, hy verbrand die strydwaens met vuur’ (Psalm 46:10; Jesaja 2:4). Liggaamlike siekte sal iets van die verlede wees. “Geen inwoner sal sê: Ek is siek nie; aan die mense wat daarin woon, is die skuld vergewe.”—Jesaja 33:24.

Ekonomiese onveiligheid sal niemand onder daardie Koninkryk meer bedreig nie. “Hulle sal huise bou en bewoon, en wingerde plant en die vrug daarvan eet: hulle sal nie bou dat ’n ander dit bewoon nie; hulle sal nie plant dat ’n ander dit eet nie.”—Jesaja 65:21, 22.

Maar nog belangriker, die Koninkryk sal die grondoorsaak van die gebrek aan vrede en veiligheid verwyder. Wie is die oorsaak van die mens se lang geskiedenis van onsuksesvolle en onderdrukkende regerings? Hoewel God sulke regerings met goeie rede toegelaat het om te bestaan, is Satan die een wat die verantwoordelikheid daarvoor moet dra, aangesien die Bybel sê dat “die hele wêreld in die mag van die Bose lê”.—1 Johannes 5:19.

Wat ’n verligting sal dit dan tog wees wanneer Paulus se woorde aan die Romeine onder die heerskappy van God se Koninkryk eindelik vervul word: “En die God van vrede sal die Satan spoedig onder julle voete verbrysel”! (Romeine 16:20). Net God se hemelse Koninkryk, onder die Koning Jesus Christus, kan so iets vermag. Die aarde sal dus net onder daardie Koninkryk in ’n paradys omskep word.—Genesis 1:28; Lukas 23:43.

Ja, die veiligheid wat in die Bybel belowe word, is voortrefliker en verreikender as enigiets wat die mens nog uitgedink het. Ons lees dan selfs dat ‘daar geen dood meer sal wees nie; ook droefheid en geween en moeite sal daar nie meer wees nie’! (Openbaring 21:4). Kan ons sulke beloftes glo? Ja, omdat hulle afkomstig is van die almagtige Skepper, Jehovah God, wat ook sê: “My woord . . . wat uit my mond uitgaan . . . sal nie leeg na My terugkeer nie, maar doen wat My behaag en voorspoedig wees in alles waartoe Ek dit stuur” (Jesaja 55:11). Die stappe wat Jehovah God reeds nou doen om vir die mens blywende en vreugdevolle vrede, veiligheid en voorspoed ter verheerliking van Sy ewige soewereiniteit te bewerkstellig is beslis voorspoedig.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel