Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w92 8/1 bl. 26-27
  • Ek het my trots gesluk en geluk gevind

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Ek het my trots gesluk en geluk gevind
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1992
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Die begin van ’n verandering
  • Die voltydse bediening
  • Ek is gehelp toe ek tot God genader het
    Ontwaak!—1993
  • Die uitdaging en vreugde om agt kinders in Jehovah se weë groot te maak
    ie Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2006
  • Uiteindelik is ons gesin verenig!
    ie Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2006
  • Die Bybel verander lewens
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2011
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1992
w92 8/1 bl. 26-27

Ek het my trots gesluk en geluk gevind

IN 1970 was ek 23 jaar oud en vol ambisie. Ek is as hoofklerk by my werk by ’n motorklub in Ivrea, Italië, aangestel. Ek was vasbeslote om iemand te wees. Maar ek was nogtans terneergedruk en ongelukkig. Waarom?

My man het omtrent al sy tyd in kroeë deurgebring waar hy saam met sy vriende kaart gespeel het, en hy het die meeste van die gesinsverantwoordelikhede op my afgeskuif. Ons verhouding het begin agteruitgaan. Ons het oor die nietigste dingetjies baklei. As gevolg daarvan het negatiewe gedagtes my begin oorheers.

‘Niemand stel regtig in jou belang nie’, het ek gesê. ‘Hulle wil net jou posisie uitbuit.’ Ek het gedink: ‘Daar kan nie ’n God wees nie, want as daar ’n God was, sou hy nie soveel lyding en goddeloosheid toelaat nie. Die lewe is niks anders as ’n gejaag na die dood toe nie.’ Ek kon nie die rede hiervoor verstaan nie.

Die begin van ’n verandering

Eendag in 1977 het twee Getuies van Jehovah aan ons deur geklop. My man, Giancarlo, het hulle ingenooi, en hulle het in die sitkamer gaan gesels. Sy plan was om hulle te oortuig om evolusioniste soos hy te word, maar pleks daarvan het hulle sy denkwyse verander!

Kort voor lank het Giancarlo ook veranderinge in sy lewe begin aanbring. Hy het geduldiger geword en meer tyd en aandag aan my en ons dogter bestee. Hy het met my probeer praat oor die dinge wat hy geleer het, maar ek het altyd die gesprek kortgeknip deur hom af te jak.

Toe die Getuies ons weer eendag besoek het, het ek gesit en regtig geluister. Hulle het oor die einde van hierdie stelsel van dinge en oor God se Koninkryk, die Paradysaarde en die opstanding van die dode gepraat. Ek was stomgeslaan! Ek het die volgende drie nagte nie ’n oog toegemaak nie! Ek wou meer weet, maar trots het my daarvan weerhou om my man vrae te vra. Toe het hy eendag streng vir my gesê: “Vandag gaan jy luister. Ek het die antwoorde op al jou vrae.” Toe het hy eenvoudig die een Bybelwaarheid na die ander laat uitborrel.

Giancarlo het vir my gesê dat die Skepper se naam Jehovah is, dat Sy vernaamste eienskap liefde is, dat Hy Sy Seun as ’n losprys gestuur het sodat ons die ewige lewe kan hê en dat Jesus Christus die dode ná die vernietiging van die goddeloses by Armageddon gedurende sy Duisendjarige Heerskappy gaan opwek. Hy het gesê dat die verresenes tot verstandelike en fisiese volmaaktheid verhef sal word en dat hulle die geleentheid sal hê om vir ewig op die aarde in die Paradys te lewe.

Die volgende dag het ek vir die eerste keer saam met my man na die Koninkryksaal toe gegaan. Agterna het ek vir hom gesê: “Hierdie mense het mekaar lief. Ek wil voortaan altyd hierheen kom, want hulle is waarlik gelukkig.” Ek het die vergaderinge gereeld begin bywoon, en iemand het ’n Bybelstudie met my gehou. Ek het baie nagedink oor die dinge wat ek geleer het en was spoedig daarvan oortuig dat ek God se ware volk gevind het. Ek en my man is in 1979 gedoop en het sodoende ons toewyding aan Jehovah gesimboliseer.

Die voltydse bediening

By ’n kringbyeenkoms later daardie jaar is ’n toespraak gehou wat voltydse predikingswerk aangemoedig het. Dit het die begeerte by my gewek om daardie diens te betree, en ek het tot Jehovah oor die saak gebid. Maar toe het ek swanger geword, en dit het my planne in die wiele gery. Gedurende die volgende vier jaar het ons drie kinders gehad. Twee van hulle het, by verskillende geleenthede, lewensgevaarlike kwale ontwikkel. Ons is baie dankbaar dat hulle albei heeltemal herstel het.

Toe het ek gevoel dat ek nie meer my planne vir die voltydse bediening kon uitstel nie. Ek het ophou werk sodat ek my beter op my verantwoordelikhede as vrou en moeder kon toelê. Ek en my man het planne beraam om van een salaris te lewe, wat beteken het dat ons al die onnodige dinge moes prysgee. Jehovah het ons nietemin ryklik geseën en nooit toegelaat dat ons in armoede verval of behoeftig raak nie.

In 1984 het my dogter, wat toe 15 jaar oud was en kort tevore gedoop is, die voltydse bediening as ’n pionier betree. My man is ook daardie jaar as ’n ouere man aangestel. En ek? Ek het gemeen dat ek nog nie gereed was om die pionierdiens te betree nie en het dus vir my die doelwit van 30 uur per maand in die predikingswerk gestel. Ek het dit bereik en vir myself gesê: ‘Mooi so! Jy doen baie goed.’

Maar trots het weer eens vir my ’n probleem geword (Spreuke 16:18). Ek het bly dink hoe goed ek gevaar het en dat ek nie verder geestelike vooruitgang hoef te maak nie. My geestelikheid het begin afneem, en ek het selfs die goeie eienskappe begin verloor wat ek aangeleer het. Toe het ek die dissipline ontvang wat ek nodig gehad het.

In 1985 het twee reisende opsieners en hulle vrouens by ons tuisgegaan terwyl hulle ons gemeente besoek het. Toe ek sien watter nederige, selfopofferende Christene hulle is, het dit my werklik oor dinge laat nadink. Ek het navorsing oor nederigheid in die Wagtoringgenootskap se publikasies gedoen en het nagedink oor die groot nederigheid wat Jehovah in sy handelinge met ons sondige mense aan die dag lê (Psalm 18:35, NW). Ek het geweet dat ek my denkwyse moes verander.

Daarom het ek Jehovah gesmeek om my te help om nederigheid aan te kweek sodat ek hom kan dien op die manier wat hy wil hê en om my talente tot sy eer te gebruik. Ná ek ’n aansoekvorm vir pionierdiens ingevul het, het ek hom in Maart 1989 in die voltydse bediening begin dien.

Ek kan nou sê dat ek waarlik gelukkig is, en die feit dat ek my trots gesluk het, het tot my geluk bygedra. Ek het ’n ware doel gevind om voor te lewe—om behoeftiges te help om te leer dat Jehovah, die ware God, nie ver is van diegene wat hom soek nie.—Soos vertel deur Vera Brandolini.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel