Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w92 11/1 bl. 3-4
  • Hoe beskou jy sonde?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Hoe beskou jy sonde?
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1992
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Begrip van sonde vervaag in die Weste
  • ’n Wêreld sonder sonde—Hoe?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1992
  • Wanneer daar nie meer sonde is nie
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1997
  • Sonde—Wat het verander?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2010
  • Wat is sonde?
    Antwoorde op Bybelvrae
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1992
w92 11/1 bl. 3-4

Hoe beskou jy sonde?

“WAAROM vra sy in elke gebed vergifnis vir ons sondes?” het ’n huisvrou gekla wat die Bybel saam met een van Jehovah se Getuies gestudeer het. “Dit klink asof ek ’n misdadiger is.” Soos hierdie vrou is baie mense vandag nie bewus van hulle sondes nie tensy hulle ’n misdaad gepleeg het.

Dit is veral die geval in die Ooste waar mense tradisioneel geen begrip van oorgeërfde sonde het soos wat die Joods-Christelike godsdienste leer nie (Genesis 3:1-5, 16-19; Romeine 5:12). Sjintoïste identifiseer sonde byvoorbeeld as vuilheid wat maklik weggevee kan word deur die swaai van ’n priester se stok wat papier of vlas aan die punt het. Geen berou is in hierdie proses nodig nie. Waarom nie? Die Kodansha Encyclopedia of Japan verduidelik: “Nie net bose dade nie, maar ook onbeheerbare natuurrampe is tsumi [sonde] genoem.” Natuurrampe, tsumi waarvoor die mens nie aanspreeklik is nie, word beskou as sondes wat deur reinigingsritusse uitgewis is.

Dit het aanleiding gegee tot die beskouing dat enige sonde, selfs bose dade wat opsetlik gepleeg is (met die uitsondering van misdade wat deur die wet gestraf word), deur reinigingsritusse weggevee kan word. Onder die opskrif “Politieke reinigingsritueel in Japan” het The New York Times na so ’n denkwyse verwys en verduidelik dat politici in Japan wat in skandale betrokke was hulleself as “gereinig” beskou wanneer hulle deur die kiesers herkies word. Dus word geen ware verbetering gemaak nie en soortgelyke skandale kan weer voorkom.

Boeddhiste wat in samsara, of wedergeboorte, en die wet van Karma glo, het ’n ander sienswyse. The New Encyclopædia Britannica verduidelik: “Volgens die wet van karman het goeie gedrag aangename en gelukkige gevolge en veroorsaak dit ’n neiging tot soortgelyke goeie dade, terwyl slegte gedrag bose gevolge het en ’n neiging tot herhaalde slegte dade veroorsaak.” Sondige gedrag dra met ander woorde slegte vrugte. Die leer van Karma hou verband met die leer van wedergeboorte aangesien party Karmas glo vrug dra in toekomstige lewens jare ná die lewe waarin die daad gepleeg is.

Hoe beïnvloed hierdie leer diegene wat daarin glo? ’n Boeddhistiese vrou wat opreg in Karma geglo het, het gesê: “Ek het gedink dat dit sinloos is om vir iets te ly waarmee ek gebore is maar waarvan ek niks geweet het nie. Ek moes dit as my lot aanvaar. Ek het soetras gesing en hard probeer om ’n goeie lewe te lei, maar dit het nie my probleme opgelos nie. Ek het humeurig en ontevrede geraak en voortdurend gekla.” Die Boeddhistiese leer oor die gevolge van bose gedrag het haar nutteloos laat voel.

Confucianisme, nog ’n Oosterse godsdiens, het ’n ander manier geleer om teen die boosheid van die mens te stry. Volgens Hsün-tzu, een van die drie groot Confuciaanse filosowe, is die menslike natuur boos en tot selfsug geneig. Om sosiale orde onder mense met sondige neigings te handhaaf, het hy die belangrikheid van li beklemtoon, wat welvoeglikheid, beleefdheid en die orde van dinge beteken. Hoewel Meng-tzu, ’n ander Confuciaanse filosoof, ’n teenoorgestelde siening van die menslike natuur verkondig het, het hy die bestaan van sosiale euwels erken en vertrou dat selfverbetering die oplossing is omdat hy geglo het dat die mens se natuur goed is. Hoe dit ook al sy, Confusiaanse filosowe het die belangrikheid van opvoeding en opleiding verkondig om sonde in die wêreld te beveg. Hoewel hulle leer oor die noodsaaklikheid van li ooreenstem, is hulle begrip van sonde en boosheid baie vaag.—Vergelyk Psalm 14:3; 51:7.

Begrip van sonde vervaag in die Weste

In die Weste was sienings oor sonde tradisioneel duidelik, en die meeste mense het saamgestem dat sonde bestaan en dat dit vermy moet word. Die Westerse beskouing oor sonde is egter besig om te verander. Baie verwerp alle bewustheid van sonde en bestempel die stem van die gewete as ’n “skuldkompleks”, iets wat vermy moet word. Meer as 40 jaar gelede het Pous Pius XII gekla: “Die sonde van hierdie eeu is die verlies van alle besef van sonde.” Volgens ’n opname wat in die Katolieke weekblad Le Pèlerin gepubliseer is, glo ’n verstommende 90 persent van Frankryk se bevolking, waar die meeste mense bely dat hulle Rooms-Katolieke is, nie meer in sonde nie.

Dit lyk in werklikheid asof die meeste mense nou, in die Ooste en in die Weste, in behaaglike selfvoldaanheid lewe sonder om deur die bewustheid van sonde gekwel te word. Maar beteken dit dat sonde nie bestaan nie? Kan ons dit met veiligheid ignoreer? Sal sonde ooit verdwyn?

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel