Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w93 3/1 bl. 2-3
  • Versuim was dodelik!

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Versuim was dodelik!
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1993
  • Soortgelyke materiaal
  • Pompeji—Waar die tyd stilgestaan het
    Ontwaak!—1996
  • In die skadu van ’n sluimerende reus
    Ontwaak!—2007
  • Dit is nou belangriker as ooit tevore om wakker te bly!
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2003
  • Binnekort—’n Einde aan alle rampe
    Ontwaak!—2005
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1993
w93 3/1 bl. 2-3

Versuim was dodelik!

DRIE gesinne, sewe volwassenes en ses kinders, het wanhopig vir hulle lewe gehardloop. Hulle het blykbaar saam in iemand se huis geskuil, in die hoop dat hulle die skrikwekkende reën van klippe sal oorleef. Maar toe die gedreun van vallende klippe opgehou het, het ’n nuwe verskrikking begin—’n swart wolk verstikkende as. Nou moes hulle hardloop.

Aan die voorpunt was ’n man, ’n slaaf, wat met ’n sak kos oor sy skouer gehardloop het. Hy is deur twee seuns, die een ongeveer vier jaar oud, die ander een vyf, gevolg wat hand in hand gehardloop het. Die ander het gevolg—paniekbevange, hygend, strompelend, desperaat op soek na ’n uitweg. Hulle het probeer asemhaal, maar pleks van lug het hulle klam as ingeasem. Al 13 het die een na die ander geval en bewegingloos bly lê en is uiteindelik deur die vallende as begrawe. Hulle hartroerende oorblyfsels het 2 000 jaar lank verborge gebly totdat argeoloë hulle ontdek het en die treurige besonderhede van hulle laaste oomblikke ontsyfer het.

Hierdie 13 slagoffers was net ’n paar van die 16 000 wat na raming op 24 Augustus 79 G.J. in die eertydse stad Pompeji, Italië, omgekom het. Baie het dit oorleef deur uit die stad te vlug toe die berg Vesuvius die eerste keer uitgebars het. Maar diegene wat versuim het—meestal ryk mense wat nie hulle huise en besittings wou agterlaat nie—is onder ses meter se rotse en as begrawe.

Dít wat amper 2 000 jaar gelede in Pompeji gebeur het, is weliswaar antieke geskiedenis. Maar dit kom in baie opsigte ooreen met die situasie wat die hele menseras vandag in die gesig staar. ’n Wêreldwye teken, baie onheilspellender as die gedreun van die berg Vesuvius, waarsku dat naderende vernietiging hierdie teenswoordige wêreldorde in die gesig staar. Ons moet dadelik optree as ons dit wil oorleef. Versuim is dodelik. Presies wat daardie teken is en hoe ons verstandig daarop kan reageer, is die onderwerp van ons volgende artikel.

[Foto-erkenning op bladsy 2]

Cover photo by National Park Service

[Foto-erkenning op bladsy 3]

Soprintendenza Archeologica di Pompei

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel