Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w93 4/15 bl. 2-4
  • Die helse vuur—Vlam dit op of gaan dit dood?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Die helse vuur—Vlam dit op of gaan dit dood?
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1993
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Die hel vlam weer op
  • Vrae wat geopper word
  • Wat het van die helse vuur geword?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2002
  • Wie gaan hel toe?
    Antwoorde op Bybelvrae
  • Is die hel ’n regte plek? Wat is die hel volgens die Bybel?
    Antwoorde op Bybelvrae
  • ’n Algemene opvatting
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2008
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1993
w93 4/15 bl. 2-4

Die helse vuur—Vlam dit op of gaan dit dood?

DIE Protestantse prediker Jonathan Edwards het 18de-eeuse koloniale Amerikaners se harte met vrees vervul met sy aanskoulike beskrywings van die hel. Hy het eenkeer ’n toneel beskryf waarin God sondaars soos afskuwelike spinnekoppe oor die vlamme laat hang. Jonathan Edwards het sy gemeente bestraf: “O, sondaar, jy hang aan ’n dun draadjie, en die vlamme van Goddelike wraak dans daarom heen en is elke oomblik gereed om dit te verskroei en dit te verbrand.”

Maar kort nadat Jonathan Edwards hierdie welbekende preek gelewer het, het die vlamme van die hel as ’t ware begin om te flikker en dood te gaan.a Die boek The Decline of Hell, deur D. P. Walker, sê dat “die leerstelling van die ewige foltering van die veroordeeldes teen die vierde dekade van die 18de eeu openlik bevraagteken is”. Gedurende die 19de eeu het die hel se vlamme al hoe laer gebrand, en teen die middel van die 20ste eeu is Jonathan Edwards se beskouing van die hel as ’n ‘vuuroond waarin sy slagoffers se verstand en liggaam vir ewig intensief gefolter word’ nie meer in geselskap genoem nie. “Die skrikwekkende beskrywings van die hel het baie kleur verloor vanweë die aanvalle van hedendaagse intellektualisme en die vlamme wat deur Hirosjima en die Slagting veroorsaak is”, sê die joernalis Jeffery Sheler.

Baie predikers het ook nie meer van vuur en swawel gehou nie. Kragtige preke oor die gruwels van die hel het verdwyn uit die retoriek wat die Christendom se tradisionele kerke van die preekstoel af verkondig het. Die hel het vir die meeste teoloë ’n onderwerp geword wat te verouderd was om ernstig te bestudeer. ’n Paar jaar gelede het ’n kerkgeskiedskrywer vir ’n universiteitslesing navorsing gedoen oor die hel, en hy het die indekse van verskeie vakkundige tydskrifte nagegaan. Hy kon nie een inskrywing daaroor kry nie. Volgens die tydskrif Newsweek het die geskiedskrywer tot dié gevolgtrekking gekom: “Die hel het verdwyn. En niemand het dit agtergekom nie.”

Die hel vlam weer op

Verdwyn? Nie werklik nie. In onlangse jare het die helvuurleerstelling weer in sommige plekke opgevlam. Opnames wat in Amerika gedoen is, toon dat die aantal mense wat sê dat hulle aan die hel glo van 53 persent in 1981 tot 60 persent in 1990 toegeneem het. Voeg hierby die wêreldwye toename van evangeliesgesinde bewegings wat oor die hel preek en dit word duidelik dat die hel se opvlamming in die denkwyse van die Christendom inderdaad ’n wêreldomvattende verskynsel is.

Maar raak hierdie oplewing net die mense in die kerkbanke of het dit ook die preekstoel bereik? Feit is dat die helse vuur soos dit 250 jaar gelede deur Jonathan Edwards verkondig is nooit van party van die Christendom se konserwatiewe preekstoele af verdwyn het nie. In 1991 het U.S.News & World Report gesê: “Selfs onder sommige van die vername liberale kerke is daar tekens dat teoloë ernstiger oor die idee van ’n hel begin dink as wat dekades lank die geval was.” Dit is duidelik dat die helse vuur, na jare van verwaarlosing, weer wêreldwyd bekend is en as belangrik beskou word. Maar het dit sy vurige kenmerke behou?

Vrae wat geopper word

Die teoloog W. F. Wolbrecht het glad nie getwyfel nie: “Die hel is die hel, en geen wens of gedagte van die mens sal ewige veroordeling kan afwater nie.” Baie kerkgangers is nie so seker daarvan nie. Hoewel hulle nie twyfel dat die hel bestaan nie, het hulle vrae oor wat die hel in werklikheid is. ’n Ander teoloog erken: “Die hel is vir my ook ’n onbetwiste werklikheid wat duidelik in die Bybelse getuienis verkondig word, maar presies wat dit is, lewer probleme op.” Ja, vir ’n toenemende aantal teoloë en leke is die vraag nie meer: “Is daar ’n hel?” nie, maar: “Wat is die hel?”

Hoe sal jy antwoord? Wat is vir jou vertel oor wat die hel in werklikheid is? En waarom ontstel hierdie leerstelling opregte Christene?

[Voetnoot]

a Op 8 Julie 1741 het Jonathan Edwards die preek “Sondaars in die hande van ’n toornige God” gelewer.

[Foto-erkenning op bladsy 2]

Cover: Doré’s illustration of Tumult and Escape for Dante’s Divine Comedy

[Foto-erkenning op bladsy 3]

Doré’s illustration of Devils and Virgil for Dante’s Divine Comedy

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel