Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w08 11/1 bl. 3
  • ’n Algemene opvatting

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • ’n Algemene opvatting
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2008
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Wat geestelikes leer
  • Waarom maak dit saak wat jy glo?
  • Wat het van die helse vuur geword?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2002
  • Wie gaan hel toe?
    Antwoorde op Bybelvrae
  • Is die hel ’n regte plek? Wat is die hel volgens die Bybel?
    Antwoorde op Bybelvrae
  • Die helse vuur—Vlam dit op of gaan dit dood?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1993
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2008
w08 11/1 bl. 3

’n Algemene opvatting

“Ek het nagmerries oor die hel gehad! Ek het gedroom dat ek in ’n brandende plek gegooi word en het gillend wakker geword. Ek het natuurlik baie hard probeer om nie te sondig nie.”—Arline.

GLO jy dat die hel ’n plek van foltering is waarheen sondaars gaan? Dit is wat baie mense glo. In 2005 het ’n geleerde by die St. Andrews-universiteit in Skotland byvoorbeeld bevind dat ’n derde van Skotse geestelikes glo dat diegene wat van God vervreemd is, “ewige verstandelike foltering in die hel” sal ondervind. ’n Vyfde het geglo dat diegene in die hel fisiese foltering sal ondergaan.

In baie lande is geloof in die hel iets algemeens. Byvoorbeeld, in die Verenigde State het ’n Gallup-meningspeiling wat in 2007 gedoen is, getoon dat omtrent 70 persent van die respondente aan die hel glo. Selfs in oorwegend sekulêre lande glo mense nog aan die hel. ’n Gallup-meningspeiling in 2004 het getoon dat 42 persent van die mense in Kanada aan die hel glo. En in Groot-Brittanje was 32 persent oortuig dat die hel bestaan.

Wat geestelikes leer

Baie geestelikes verkondig nie meer die leerstelling dat die hel ’n plek van letterlike foltering in ’n vuur is nie. Hulle staan eerder ’n definisie voor wat soortgelyk is aan die een wat gevind word in ’n Catechism of the Catholic Church, wat in 1994 gepubliseer is. “Die grootste straf van die hel”, sê hierdie werk, “is ewige vervreemding van God.”

Hoe dit ook al sy, die opvatting dat die hel ’n plek van verstandelike of fisiese lyding is, bestaan nog steeds. Diegene wat hierdie leerstelling bevorder, beweer dat dit op die Bybel gegrond is. R. Albert Mohler, die president van die Suidelike Baptiste- Teologiese Kweekskool, beweer: “Dit is eenvoudig ’n skriftuurlike feit.”

Waarom maak dit saak wat jy glo?

As die hel werklik ’n plek van foltering is, moet jy dit beslis vrees. Maar as hierdie leerstelling nie waar is nie, skep die godsdiensleiers wat dit leer, verwarring en veroorsaak hulle onnodige geestesangs vir diegene wat hulle glo. Hulle stel God ook in ’n slegte lig.

Wat sê God se Woord, die Bybel, oor hierdie onderwerp? Die volgende artikels sal Katolieke sowel as Protestantse Bybelvertalings gebruik om drie vrae te beantwoord: (1) Wat gebeur werklik met ’n persoon wanneer hy sterf? (2) Wat het Jesus oor die hel geleer? (3) Watter uitwerking kan die waarheid omtrent die hel op jou hê?

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel