Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w94 3/1 bl. 3-4
  • Is wedywering die sleutel tot sukses?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Is wedywering die sleutel tot sukses?
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1994
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Is dit werklik lonend?
  • Gemoedsrus in ’n wedywerende gemeenskap
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1994
  • Deel 6—Ekonomiese kommer—Wanneer sal dit eindig?
    Ontwaak!—1992
  • Moenie met mekaar kompeteer nie – Streef vrede na
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan(Studie-uitgawe) — 2021
  • Gered, nie deur werke alleen nie, maar deur onverdiende goedhartigheid
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2005
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1994
w94 3/1 bl. 3-4

Is wedywering die sleutel tot sukses?

“OM TE wen, is al wat tel.” Baie mense lewe vandag volgens hierdie woorde wat dikwels aan ’n Amerikaanse voetbalafrigter, Vince Lombardi, toegeskryf word. Nou is vroeëre Kommunistiese lande ook voorstanders van die beginsel van wedywering. Volgens hulle is die oorskakeling na wedywering op hulle markte al wat nodig is om voorspoedig te wees. In die Ooste laat baie ouers hulle kinders met ander wedywer en stuur hulle hulle na voorbereidingskole wat hulle die kuns leer om in toelatingseksamens te slaag. Die ouers, by wie hierdie saak ’n obsessie is, is oortuig dat toelating tot ’n hoogaangeskrewe skool die sleutel tot toekomstige welvaart is.

Talle glo vas dat wedywering die sleutel tot sukses is. Volgens hulle het die mens vanweë wedywering met mekaar vooruitgang gemaak. “Wedywering ter wille van bevordering is die groeikrag van Japannese korporasies”, het 65,9 persent van die bestuurders van groot korporasies gesê onder wie Japan se Vereniging vir Ekonomiese Organisasies ’n opname gedoen het. En Japannese maatskappye behaal blykbaar al lank sukses. Maar is wedywering werklik die sleutel tot sukses?

Is dit werklik lonend?

Mense wat met ander wedywer, openbaar ’n selfsugtige, egoïstiese gesindheid. Dit maak hulle gelukkig wanneer ander sleg vaar, en hulle dink dat dit hulle eie aansien sal laat styg. Vir eie, selfsugtige gewin gebruik hulle moontlik taktiek wat ander benadeel. Wat sal die gevolg van hierdie najaging van sukses deur wedywering wees? Jasoeo, wat diep betrokke geraak het by die wedloop om aansien in sy maatskappy te verwerf, sê die volgende oor sy handelswyse in die verlede: “Ek was behep met wedywering en bevordering, sodat ek my met ander begin vergelyk en meerderwaardig gevoel het. Wanneer daardie mense bo my aangestel is, het ek elke dag oor die maatskappy se personeelbestuur getob en gekla. Ek het geen vriende in die ware sin van die woord gehad nie.”

’n Gees van wedywering kan ook tot ’n ontydige dood lei. Hoe? Japan se Mainichi Daily News sê karosji, of sterftes weens oorwerkery, hou met tipe A-gedrag verband. Tipe A beskryf ’n gedragspatroon wat stres verwerk deur middel van streng, selfopgelegde tydsgrense, mededinging en vyandigheid. Die Amerikaanse hartspesialiste Friedman en Rosenman sê dat tipe A-gedrag met koronêre hartkwaal verband hou. Ja, ’n gees van wedywering kan noodlottig wees.

Mededinging by die werk kan ook tot ander fisiese en geestesiektes lei. Een voorbeeld is Keinosoeke, wat die beste verkoopsman vir een van Japan se grootste motorhandelaars was. Hy het ’n rekord opgestel deur altesaam 1 250 motors te verkoop. ’n Foto van hom is geraam en in die direksiekamer by die maatskappy se hoofkwartier opgehang. Hoewel hy niks daarvan gehou het om op sy kollegas te trap om bevorder te word nie, het die maatskappy hom gedwing om te kompeteer. Gevolglik het hy binne ’n jaar ’n maagseer sowel as ’n duodenumseer ontwikkel. Daardie selfde jaar is 15 bestuurders in sy maatskappy in die hospitaal opgeneem, en een het selfmoord gepleeg.

Tuis probeer mense by die bure byhou, en hierdie gesindheid lei tot nimmereindigende mededinging waartydens hulle ’n opsigtige vertoon van hulle lewensmiddele maak (1 Johannes 2:16). Net die handelswêreld vind hierby baat, aangesien dit die handelaars van die aarde verryk.—Vergelyk Openbaring 18:11.

Hoewel naywer en wedywering dalk tot groter bekwaamheid by die werk lei, het koning Salomo tereg opgemerk: “Verder het ek gesien dat al die moeitevolle arbeid en al die bekwaamheid by die werk naywer is van die een teenoor die ander. Ook dit is tevergeefs en ’n gejaag na wind” (Prediker 4:4). Hoe kan ons dus ons gemoedsrus behou terwyl ons in ’n gemeenskap lewe waar wedywering iets algemeens is? Om uit te vind, moet ons eers vasstel waar die idee van wedywering ontstaan het.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel