Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w94 3/1 bl. 31
  • ‘God is nie partydig nie’

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • ‘God is nie partydig nie’
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1994
  • Soortgelyke materiaal
  • Sê vir hulle dat jy lief is vir hulle
    Ondervindinge van Jehovah se Getuies
  • Liefde verenig gesinne
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1989
  • ‘Gelukkig is die mens wat wysheid gevind het’
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1993
  • Jou gesin kan gelukkig wees
    Wat kan die Bybel ons leer?
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1994
w94 3/1 bl. 31

Koninkryksverkondigers berig

‘God is nie partydig nie’

DIE geïnspireerde apostel Petrus het eenduisend negehonderd jaar gelede gesê: ‘God is nie partydig nie, maar in elke nasie is die mens wat hom vrees en regverdigheid beoefen vir hom aanneemlik’ (Handelinge 10:34, 35, NW). Mense van alle rasse en godsdiensagtergronde word onder Jehovah se Getuies aangetref. Hulle verlang na regverdigheid en hulle vrees God. Jehovah verwelkom hulle almal in die nuwewêreld-gemeenskap, soos byvoorbeeld met ’n sekere vrou in Tsjaad die geval was.

Hierdie vrou was nie met haar godsdiens tevrede nie. Sy het jare tevore ’n eksemplaar geneem van die boek Jou jeug—Hoe om dit ten beste te benut, wat deur Jehovah se Getuies uitgegee word, en het die goeie raad in die boek waardeer. ’n Bybelstudie is begin, en sy was altyd daar vir die studie. Maar toe sy aangemoedig is om die vergaderinge by die Koninkryksaal by te woon, het sy dit nie gedoen nie. Waarom nie? Hoewel haar man nie omgegee het dat sy studeer nie, wou hy nie toelaat dat sy die vergaderinge by die Koninkryksaal bywoon nie.

Toe die vrou die kringbyeenkoms wou bywoon, het die Getuie wat die studie gehou het die program vir die man gewys en sy aandag gevestig op die goeie raad wat daar aangebied sou word. Hy het ingestem dat sy vrou “net hierdie keer” gaan. Sy het die byeenkoms bygewoon en die program terdeë geniet. Nadat sy aan haar man verduidelik het wat sy geleer het, het hy haar nie teëgestaan om ander vergaderinge by te woon nie. Dit het haar beïndruk dat die gemeente uit mense van verskillende etniese groepe bestaan het wat werklik vir mekaar omgee. Later het sy die streekbyeenkoms bygewoon, en sy was oorweldig deur die feit dat haar kinders op die skote van Getuies uit ander lande gesit het. Die Getuies het hulle kos met die kinders gedeel en hulle soos familie behandel. Dit was die keerpunt in haar lewe.

Maar daar was teëstand. Hoewel sy van nature skaam is, het sy by die vergaderinge begin antwoord en die negatiewe kommentare van familielede en bure moedig verwerp. Hoewel sy baie jare met haar man saamgewoon het, het hulle net die tradisionele ooreenkomshuwelik gehad. Hoe moes sy die onderwerp van ’n wettige huwelik aanroer? Nadat sy opreg tot Jehovah gebid het, het sy met haar man gepraat, wat gesê het dat hy die moontlikheid daarvan sal ondersoek. Hy het dit eindelik gedoen, en die egpaar is wettig getroud.

’n Skoonsuster wat by hulle gewoon het, het baie probleme veroorsaak, maar die man het sy vrou gesteun. Toe het die man se vader hulle kom besoek. Hy het sy seun beveel om van sy vrou te skei, aangesien sy van godsdiens verander het. Die vader het vir sy seun gesê dat hy die bruidsprys vir ’n “baie beter vrou” sou betaal. Die seun het geantwoord: “Nee, ek sal dit nie doen nie. Sy is ’n goeie vrou. As sy wil gaan, is dit ’n ander saak, maar ek sal haar nie wegstuur nie.” Die vrou was baie beleefd teenoor haar skoonvader, en hy het hom oor sy gedrag geskaam. Maar toe hy na sy dorpie teruggegaan het, het hy aan sy seun geskryf en aan hom ’n ultimatum gestel. Hy het gesê as sy seun weier om sy vrou weg te stuur, is hy nie meer sy seun nie. Die seun het weer eens sy vrou gesteun. Stel jou die vrou se vreugde voor toe haar man so ’n sterk standpunt ingeneem het.

Hulle twee klein seuntjies geniet dit nou om saam met hulle ma Koninkryksaal toe te gaan. Hulle het hulle pa selfs vir dasse gevra, aangesien hulle gesien het dat al die broers wat toesprake hou ’n das dra. Vandag is hierdie vrou ’n gedoopte suster.

Sy is een van die 345 gelukkige Getuies in Tsjaad wat die goeie nuus van Jehovah se Koninkryk verkondig en waarlik die feit waardeer dat “God nie partydig is nie”.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel