Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w94 3/15 bl. 8-9
  • Jehovah se Getuies in alle wêrelddel—die Bahamas

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Jehovah se Getuies in alle wêrelddel—die Bahamas
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1994
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Nuwe geloof word getoets
  • Immigrante hoor die nuwe lied
  • Vreugdevol en dankbaar ondanks ’n hartverskeurende verlies
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2001
  • Prente van die wêreldhoofkwartier en vername takkantore van Jehovah se Getuies
    Jehovah se Getuies—Verkondigers van God se Koninkryk
  • Deel 4—Getuies tot aan die uiterste van die aarde
    Jehovah se Getuies—Verkondigers van God se Koninkryk
  • Teokratiese nuus
    Ons Koninkryksbediening—1993
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1994
w94 3/15 bl. 8-9

Jehovah se Getuies in alle wêrelddel—die Bahamas

DIE Gemenebes van die Bahamas—’n eilandgroep wat uit 3 000 groot en klein eilande bestaan—strek soos ’n koraalhalssnoer oor 900 kilometer turkooiskleurige see tussen Florida en Kuba. Daar is ’n toenemende koor van Koninkryksverkondigers onder die 267 000 bewoners van hierdie eilandgroep. Die loflied wat hulle sing, laat ’n mens dink aan Jesaja 42:10-12: “Sing tot eer van die HERE ’n nuwe lied, sy lof van die einde van die aarde af—julle wat op die see vaar, en alles wat daarin is, eilande en bewoners daarvan. . . . Laat die rotsbewoners jubel, van die top van die berge af skreeu! Laat hulle aan die HERE die eer gee en sy lof in die eilande verkondig!”

Nuwe geloof word getoets

In Julie 1992 het ’n gewone pionier (’n voltydse Koninkryksprediker) die Bybelstudiehulp Jy kan vir ewig in die Paradys op aarde lewe by ’n sakekennis gelaat. Nadat die man die boek gelees het, het hy vir homself gesê: ‘Ek moet hierdie godsdiens ondersoek.’ Hy het die daaropvolgende twee Sondae vergaderinge by twee verskillende Koninkryksale van Jehovah se Getuies bygewoon. Toe is ’n Bybelstudie met hom begin. Maar slegs ses weke nadat hy met sy Bybelstudie begin het, het ’n kwessie opgeduik wat sy nuwe geloof sou toets—verjaarsdagvierings.

Die sakeman se familie was diep betrokke by sulke vierings, maar sy liefde vir God se Woord het hom beweeg om met sy Bybelstudie voort te gaan. Namate sy kennis van skriftuurlike waarheid toegeneem het, het hy ook ’n beter begrip van verjaarsdagvierings en wêreldse vakansiedae sowel as Jehovah se beskouing daarvan verkry.

Toe hierdie man se vrou ’n geselligheid vir Vadersdag gereël het, het hy beleefd geweier om dit by te woon. Sy het egter gevoel dat hy haar nie meer liefhet nie en dat hy sy godsdiens bo haar en die gesin stel. Hy het vriendelik verduidelik dat die toepassing van wat hy in die Bybel leer hom help om ’n beter eggenoot en vader te wees. Mettertyd het sy haar man se liefde vir skriftuurlike waarheid begin waardeer en ingestem om die Bybel te bestudeer. Nou hou hy ’n Bybelstudie met sy gesin. En hoe verheug was hy tog verlede jaar by die “Goddelike Onderrigting”-Streekbyeenkoms! Sy vrou en dogter was teenwoordig en het gesien hoe hy gedoop word.

Immigrante hoor die nuwe lied

Daar is deesdae duisende Haïtiese immigrante in die Bahamiaanse gemeenskap. Hulle moet ook die nuwe lied van Koninkrykswaarheid hoor. Die Getuies wat in die Bahamas woon, is dankbaar dat twee Haïties-Amerikaanse egpare soontoe gekom het. Hierdie persone het gehelp om die nuutgevormde Haïtiese groepe op die Groot Bahama- en die Abaco-eiland te versterk.

Om verdere hulp te verleen aan Haïtiane wat in die Koninkryksboodskap belangstel, is die heel eerste Kreoolse streekbyeenkoms van 31 Julie tot 1 Augustus 1993 in die Bahamas gehou. Die opkomshoogtepunt was 214 en drie pas toegewyde persone is gedoop. Baie Haïtiane wat die waarheid in die Bahamas geleer het, het sedertdien na hulle tuiseiland teruggekeer of het hulle elders hervestig om hulle stemme by dié van die plaaslike Getuies te voeg om Jehovah se lof te sing.

[Venster op bladsy 8]

OORSIG

1993-diensjaara

VERKONDIGERHOOGTEPUNT: 1 294

VERHOUDING: 1 Getuie vir elke 197

GEDENKMAALOPKOMS: 3 794

GEMIDDELDE PIONIERVERKONDIGERS: 186

GEMIDDELDE BYBELSTUDIES: 1 715

AANTAL GEDOOP: 79

AANTAL GEMEENTES: 22

TAKKANTOOR: NASSAU

[Voetnoot]

a Sien die Kalender van Jehovah se Getuies vir 1994 vir verdere inligting.

[Prent op bladsy 9]

Die eerste Koninkryksaal, met die takkantoor en sendinghuis

[Prent op bladsy 9]

Getuies verkondig ywerig die goeie nuus

[Prent op bladsy 9]

Milton G. Henschel en Nathan H. Knorr sowat 45 jaar gelede saam met sendelinge in Nassau

[Prent op bladsy 9]

Die nuwe takkantoor, wat op 8 Februarie 1992 toegewy is

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel