Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w95 4/15 bl. 20-25
  • Die dag wat ‘soos ’n oond brand’

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Die dag wat ‘soos ’n oond brand’
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1995
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Is Jehovah ’n wrede God?
  • “Die son” skyn
  • ’n Groot opvoedkundige program
  • Wie sal die dag van Jehovah oorleef?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2002
  • Glanspunte uit die boek Maleagi
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2007
  • Bybelboek nommer 39—Maleagi
    “Die hele Skrif is deur God geïnspireer en is nuttig”
  • Jehovah se vreesinboesemende dag is naby
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1995
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1995
w95 4/15 bl. 20-25

Die dag wat ‘soos ’n oond brand’

“Kyk, die dag kom, en dit brand soos ’n oond.”—MALEAGI 4:1.

1. Watter vrae ontstaan in verband met Maleagi 4:1?

GELUKKIG is diegene wie se naam Jehovah gedurende hierdie laaste dae in sy gedenkboek skryf. Maar wat van diegene wat nie aan die vereistes vir daardie voorreg voldoen nie? Hetsy hulle heersers of bloot gewone mense is, hoe sal hulle vaar as hulle die verkondigers van God se Koninkryk en hulle boodskap minagtend behandel? Maleagi praat van ’n dag van afrekening. In hoofstuk 4, vers 1, lees ons: “Want kyk, die dag kom, en dit brand soos ’n oond. Dan sal al die vermeteles en almal wat goddeloosheid bedrywe, ’n stoppel wees; en die dag wat kom, sal hulle aan die brand steek, sê die HERE van die leërskare; sodat dit vir hulle geen wortel of tak sal oorlaat nie.”

2. Watter beeldende beskrywing van Jehovah se oordeel word deur Esegiël gegee?

2 Ander profete vergelyk ook Jehovah se veroordeling van die nasies met die versengende hitte van ’n oond. Hoe goed pas Esegiël 22:19-22 tog by God se veroordeling van die sektes van die afvallige Christendom! Dit sê: “So sê die Here HERE: Omdat julle almal skuim geword het, kyk, daarom sal Ek julle . . . bymekaarmaak. Soos silwer en koper en yster en lood en tin binne-in ’n smeltoond bymekaargemaak word om daarteen ’n vuur aan te blaas en dit te smelt, so sal Ek julle bymekaarmaak in my toorn en in my grimmigheid en julle ingooi en smelt. Ja, Ek sal julle versamel en met die vuur van my grimmigheid teen julle blaas, dat julle dáárin gesmelt kan word. Soos silwer in die smeltoond gesmelt word, so sal julle dáárin gesmelt word; en julle sal weet dat Ek, die HERE, my grimmigheid oor julle uitgegiet het.”

3, 4. (a) Watter skynheilige bewering het die geestelikes gemaak? (b) Wat is godsdiens se skandelike geskiedenis?

3 Wat ’n kragtige illustrasie is dit tog! Die geestelikes wat nie Jehovah se naam wou gebruik nie, wat selfs daardie heilige naam belaster het, sal voor daardie dag van afrekening te staan kom. Verwaand beweer hulle dat hulle en hulle politieke bondgenote die Koninkryk van God op aarde sal oprig of die aarde ten minste ’n geskikte plek vir die Koninkryk sal maak.

4 Die afvallige Christendom het by politieke heersers aangesluit en verskriklike oorloë gevoer. Die geskiedenis vertel van die Kruistogte van die Middeleeue, die gedwonge bekeringe van die Spaanse Inkwisisie, die Dertigjarige Oorlog wat in die 17de eeu groot verwoesting in Europa gesaai het en die Spaanse Burgeroorlog van die 1930’s wat gevoer is om Katolisisme se posisie in Spanje te beveilig. Die grootste bloedvergieting het tydens die twee wêreldoorloë van ons eeu plaasgevind toe Katolieke en Protestantse gelowiges mense van hulle eie en dié van ander godsdienste voor die voet doodgemaak het. Meer onlangs was daar ook gewelddadige gevegte tussen Katolieke en Protestante in Ierland, tussen die godsdiensgroepe in Indië en tussen die godsdiensgroepe van die eertydse Joego-Slawië. Die bladsye van die godsdiensgeskiedenis is ook met bloed bevlek weens die marteldood van duisende getroue getuies van Jehovah.—Openbaring 6:9, 10.

5. Watter oordeel wag daar op valse godsdiens?

5 Ons kan die regverdigheid van Jehovah se naderende teregstelling van Babilon die Grote, die wêreldryk van valse godsdiens, saam met die ondersteuners daarvan, goed verstaan. Hierdie teregstelling word in Openbaring 18:21, 24 beskryf: “’n Sterk engel het ’n klip soos ’n groot meulsteen opgetel en dit in die see geslinger en gesê: ‘So sal Babilon, die groot stad, met ’n vaart neergeslinger word, en sy sal nooit weer gevind word nie. Ja, in haar is die bloed van profete en van heiliges gevind, en van almal wat op die aarde doodgemaak is.’”

6. (a) Wie moet soos stoppels word, en waarom? (b) Watter versekering is daar vir diegene wat Jehovah vrees?

6 Alle vyande van regverdigheid, asook hulle aanhangers, moet mettertyd ‘soos stoppels word’. Jehovah se dag sal soos ’n oond onder hulle brand. “Dit [sal] vir hulle geen wortel of tak . . . oorlaat nie.” Gedurende daardie dag van afrekening sal daar regverdig teenoor jong kinders, of takke, opgetree word volgens Jehovah se beoordeling van hulle wortels, hulle ouers, wat toesig oor hierdie kinders het. Goddelose ouers sal geen nageslag hê wat met hulle goddelose weë sal voortgaan nie. Maar diegene wat geloof in God se Koninkryksbeloftes beoefen, sal nie geskud word nie. Hebreërs 12:28, 29 vermaan dus: “Laat ons . . . voortgaan om onverdiende goedhartigheid te geniet, waardeur ons op welgevallige wyse heilige diens aan God kan verrig met godvrugtige vrees en ontsag. Want ons God is ook ’n verterende vuur.”

Is Jehovah ’n wrede God?

7. Hoe hou Jehovah se liefde met sy oordeel verband?

7 Beteken dit dat Jehovah ’n wrede, wraaksugtige God is? Alles behalwe! In 1 Johannes 4:8 meld die apostel ’n fundamentele waarheid: “God is liefde.” Dan, in vers 16, beklemtoon hy dit en sê: “God is liefde, en hy wat in die liefde bly, bly in eenheid met God, en God bly in eenheid met hom.” Dit is vanweë sy liefde vir die mens dat Jehovah van voorneme is om hierdie aarde van alle goddeloosheid te reinig. Ons liefdevolle, barmhartige God sê: “So waar as Ek leef, . . . Ek het geen behae in die dood van die goddelose nie, maar daarin dat die goddelose hom bekeer van sy weg en lewe. Bekeer julle, bekeer julle van jul verkeerde weë! Waarom tog wil julle sterwe?”—Esegiël 33:11.

8. Hoe het Johannes liefde beklemtoon en tog ook getoon dat hy ’n Seun van die Donder is?

8 Johannes verwys meer dikwels na a·gaʹpe, beginselvaste liefde, as die drie ander Evangelieskrywers saam, en tog word Johannes in Markus 3:17 beskryf as ’n ‘Seun van die Donder’. Dit was onder inspirasie van Jehovah dat hierdie Seun van die Donder die apokaliptiese boodskappe van die laaste Bybelboek, Openbaring, geskryf het wat Jehovah uitbeeld as die God wat geregtigheid uitoefen. Hierdie boek is vol oordeelsuitdrukkings, soos “die groot wynpers van die toorn van God”, “die sewe bakke van die toorn van God” en “die gramskap van God die Almagtige”.—Openbaring 14:19; 16:1; 19:15.

9. Wat het Jesus oor Jehovah se oordele gesê, en hoe is sy profesieë vervul?

9 Ons Here Jesus Christus, wat “die beeld van die onsigbare God” is, het Jehovah se oordele met vrymoedigheid bekend gemaak terwyl hy hier op die aarde was (Kolossense 1:15). Daar is byvoorbeeld die sewe weë van Matteus hoofstuk 23 wat hy reguit oor die godsdienshuigelaars van sy tyd uitgespreek het. Hy het daardie veroordeling afgesluit met hierdie woorde: “Jerusalem, Jerusalem, wat die profete doodmaak en dié stenig wat na haar gestuur is—hoe dikwels wou ek jou kinders bymekaarmaak, soos ’n hen haar kuikens onder haar vlerke bymekaarmaak! Maar julle wou nie. Kyk! Julle huis word vir julle verlate agtergelaat.” Sewe-en-dertig jaar later het die Romeinse leër onder generaal Titus daardie oordeel voltrek. Dit was ’n vreesinboesemende dag, ’n profetiese afbeelding van wat die vreesinboesemendste dag in die hele mensegeskiedenis sal wees—Jehovah se dag wat binnekort gaan aanbreek.

“Die son” skyn

10. Hoe bring “die son van regverdigheid” vreugde aan God se volk?

10 Jehovah toon dat daar mense is wat sy dag sal oorleef. Hy verwys na hulle in Maleagi 4:2 waar hy sê: “Vir julle wat my naam vrees, sal die son van regverdigheid beslis skyn, met genesing in sy vleuels” (NW). Daardie son van regverdigheid is niemand anders as Jesus Christus self nie. Hy is die geestelike “lig van die wêreld” (Johannes 8:12). Hoe skyn hy? Hy kom op met genesing in sy vleuels—eers geestelike genesing, wat ons selfs vandag kan ondervind, en dan, in die komende nuwe wêreld, liggaamlike genesing van mense van al die nasies (Matteus 4:23; Openbaring 22:1, 2). Soos Maleagi gesê het, sal diegene wat genees is figuurlik gesproke “uitgaan en die grond soos vetgemaakte kalwers omwoel” wat so pas uit die stal vrygelaat is. Watter vreugde sal ook die verresenes ondervind wat opgewek word met die vooruitsig om menslike volmaaktheid te bereik!

11, 12. (a) Watter einde wag op die goddeloses? (b) Hoe gaan God se volk “die goddelose vertrap”?

11 Maar wat van die goddeloses? In Maleagi 4:3 lees ons: “Julle sal die goddelose vertrap, want hulle sal soos stof wees onder julle voetsole op die dag wat Ek skep, sê die HERE van die leërskare.” Terwyl ons Stryder-God diegene bewaar het wat hom liefhet, sal hy die aarde van daardie tirannieke vyande gereinig het en hulle vernietig het. Satan en sy demone sal opgesluit wees.—Psalm 145:20; Openbaring 20:1-3.

12 God se volk het geen deel aan die vernietiging van die goddeloses nie. Maar hoe ‘vertrap hulle dan die goddelose’? Hulle doen dit in figuurlike sin deur aan ’n groot oorwinningsviering deel te neem. Exodus 15:1-21 beskryf so ’n viering. Dit was ná die vernietiging van Farao en sy leërs in die Rooi See. In vervulling van Jesaja 25:3-9 sal die verwydering van “die tiranne” deur ’n oorwinningsmaaltyd gevolg word wat verband hou met God se belofte: “Hy sal die dood vir ewig vernietig, en die Here HERE sal die trane van alle aangesigte afvee; en Hy sal die smaad van sy volk van die hele aarde af wegneem; want die HERE het dit gespreek. En hulle sal in dié dag sê: Kyk, dit is onse God. . . . Dit is [Jehovah] op wie ons gewag het: laat ons juig en bly wees oor sy hulp.” In hierdie vreugde is daar nie wraaksug of leedvermaak nie, maar gejuig omdat Jehovah se naam geheilig is en die aarde gereinig is sodat ’n verenigde mensegemeenskap in vrede daarop kan woon.

’n Groot opvoedkundige program

13. Watter opvoeding sal in die “nuwe aarde” plaasvind?

13 In Maleagi 4:4 is die Jode vermaan om te “dink aan die wet van Moses”. So moet ons vandag “die wet van die Christus” gehoorsaam, wat in Galasiërs 6:2 genoem word. Armageddon-oorlewendes sal ongetwyfeld verdere riglyne ontvang wat hierop gegrond is, en dit sal heel moontlik geskryf word in “die boekrolle” van Openbaring 20:12 wat tydens die opstanding oopgemaak gaan word. Wat ’n wonderlike dag sal dit tog wees wanneer diegene wat uit die dood opgewek word, geleer word om die lewenswyse van die “nuwe aarde” te volg!—Openbaring 21:1.

14, 15. (a) Hoe word die hedendaagse Elia geïdentifiseer? (b) Watter verantwoordelikheid kom die Elia-klas na?

14 Dit sal ’n uitbreiding wees van die opvoedkundige werk waarvan Jehovah praat, soos opgeteken in Maleagi 4:5: “Kyk, Ek stuur julle die profeet Elia voordat die groot en vreeslike [vreesinboesemende, NW] dag van die HERE aanbreek.” Wie is hierdie hedendaagse Elia? Soos Matteus 16:27, 28 toon, het Jesus na sy ‘koms in sy koninkryk’ verwys toe hy gesê het: “Die Seun van die mens is bestem om met sy engele in die heerlikheid van sy Vader te kom, en dan sal hy elkeen volgens sy gedrag vergeld.” Ses dae later, op ’n berg saam met Petrus, Jakobus en Johannes, het hy “voor hulle van gedaante verander, en sy gesig het geskyn soos die son, en sy boklere het skitterend geword soos die lig”. Was hy alleen in hierdie gesig? Nee, want “kyk! daar het aan hulle verskyn Moses en Elia, in gesprek met hom”.—Matteus 17:2, 3.

15 Wat kon dit beteken? Dit het vooruitgewys op Jesus as die voorspelde Grotere Moses tydens sy koms om te oordeel (Deuteronomium 18:18, 19; Handelinge 3:19-23). Hy sou dan met ’n hedendaagse Elia geassosieer word ten einde ’n noodsaaklike werk te verrig, naamlik die verkondiging van hierdie goeie nuus van die Koninkryk oor die hele aarde voor die groot en vreesinboesemende dag van Jehovah aanbreek. Waar dit die werk van hierdie “Elia” beskryf, sê Maleagi 4:6: “Hy sal die hart van die vaders terugbring tot die kinders, en die hart van die kinders tot hulle vaders, sodat Ek nie hoef te kom en die land met die banvloek tref nie.” “Elia” word dus geïdentifiseer as die “getroue en verstandige slaaf”-klas van gesalfde Christene op die aarde aan wie die Heer, Jesus, al Sy besittings toevertrou het. Dit sluit in dat die nodige geestelike “voedsel op die regte tyd” aan die huisgenote van die geloof voorsien word.—Matteus 24:45, 46.

16. Watter vreugdevolle resultate is deur die werk van die Elia-klas voortgebring?

16 Ons kan vandag die vreugdevolle resultate van daardie voedingsprogram regoor die wêreld sien. Die Wagtoring, met ’n oplaag van 16 100 000 per nommer in 120 tale, waarvan 97 tale tegelykertyd gedruk word, verkondig “hierdie goeie nuus van die koninkryk” deur die hele wêreld (Matteus 24:14). Ander publikasies in baie tale word in verskillende fasette van die predikings- en onderrigtingswerk van Jehovah se Getuies gebruik. Die Elia-klas, die getroue en verstandige slaaf, is wakker om oorvloedig te voorsien aan almal ‘wat van hulle geestelike behoefte bewus is’ (Matteus 5:3). Daarbenewens word diegene wat die Koninkrykshoop aanneem en daarop ag gee deel van ’n wonderlike wêreldwye eenheid. Dit bestaan uit die groot skare “uit alle nasies en stamme en volke en tale” (Openbaring 7:9). Wanneer hierdie werk in die mate verrig is wat Jehovah vereis, sal die einde as sy groot en vreesinboesemende dag kom.

17. Wanneer gaan Jehovah se vreesinboesemende dag aanbreek?

17 Presies wanneer sal daardie vreesinboesemende dag oor ons kom? Die apostel Paulus antwoord: “Jehovah se dag [kom] presies soos ’n dief in die nag . . . Wanneer hulle ook al [moontlik op ’n unieke wyse] sê: ‘Vrede en veiligheid!’ dan gaan skielike vernietiging oombliklik oor hulle kom net soos die barenswee oor ’n swanger vrou; en hulle sal hoegenaamd nie ontkom nie.”—1 Tessalonisense 5:2, 3.

18, 19. (a) Hoe word “vrede en veiligheid” uitgeroep? (b) Wanneer sal Jehovah se volk verligting vind?

18 Wie is “hulle” in hierdie profesie? Hulle is politieke leiers wat beweer dat hulle ’n verenigde nuwe orde kan opbou uit die brokstukke van hierdie gewelddadige wêreld. Hulle grandiose produkte, die Volkebond en die Verenigde Nasies, het dit nie reggekry nie. Soos Jehovah se profeet voorspel het, is hulle selfs nou besig om “te sê: Vrede, vrede!—terwyl daar geen vrede is nie.”—Jeremia 6:14; 8:11; 14:13-16.

19 Intussen verduur Jehovah se volk die druk en vervolging van hierdie goddelose wêreld. Maar binnekort, soos 2 Tessalonisense 1:7, 8 sê, sal daar vir hulle verligting wees “by die openbaring van die Here Jesus vanuit die hemel met sy kragtige engele in ’n vlammende vuur, wanneer hy wraak uitoefen op dié wat God nie ken nie en dié wat die goeie nuus oor ons Here Jesus nie gehoorsaam nie”.

20. (a) Wat voorspel Sefanja en Habakkuk oor die dag wat ‘soos ’n oond brand’? (b) Watter raad en bemoediging gee hierdie profesieë?

20 Hoe gou gaan dit gebeur? Baie van ons wag al lank. Intussen gee talle sagmoediges wat dit gaan oorlewe ag op die versoek in Sefanja 2:2, 3: “Soek [Jehovah] . . . soek geregtigheid, soek ootmoedigheid—miskien sal julle verborge bly op die dag van die toorn van [Jehovah].” Dan bevat Sefanja 3:8 die vermaning: “Daarom, verwag My, spreek [Jehovah], op die dag wat Ek My gereed maak vir die buit; want dit is my strafoordeel om nasies te versamel, koninkryke te vergader om my grimmigheid oor hulle uit te stort, al die gloed van my toorn. Want die ganse aarde sal deur die vuur van my ywer verteer word!” Die einde is naby! Jehovah ken dié dag en uur en hy gaan nie sy rooster verander nie. Laat ons geduldig volhard. “Want die gesig sal nog duur tot op die vasgestelde tyd; maar dit spoed na die einde en sal nie teleurstel nie. As dit mag vertoef, wag daarop; want alte seker sal dit kom en nie versuim nie” (Habakuk 2:3). Jehovah se vreesinboesemende dag snel al hoe nader. Onthou, daardie dag sal nie laat wees nie!

Ter hersiening:

◻ Hoe sal regeerders en die gewone mense op Jehovah se vreesinboesemende dag vaar?

◻ Watter soort God is Jehovah?

◻ Watter soort opvoeding word vir God se volk beskryf?

◻ Hoe vermaan God se profete ons met die oog op die nabyheid van die einde?

[Prent op bladsy 21]

Gedurende die Spaanse Inkwisisie is baie gedwing om hulle tot Katolisisme te bekeer

[Erkenning]

The Complete Encyclopedia of Illustration/J. G. Heck

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel