Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w95 11/1 bl. 9
  • Getuieniswerk werp tuis en op skool vrugte af

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Getuieniswerk werp tuis en op skool vrugte af
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1995
  • Soortgelyke materiaal
  • Moet ek stilbly oor my vriend se oortreding?
    Ontwaak!—2008
  • Wat moet ek doen as ’n vriend in die moeilikheid beland?
    Ontwaak!—1996
  • God nooi jou om sy vriend te word
    Jy kán God se vriend wees!
  • Waarom het my vriend my seergemaak?
    Ontwaak!—2000
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1995
w95 11/1 bl. 9

Koninkryksverkondigers berig

Getuieniswerk werp tuis en op skool vrugte af

DIE lewe van ’n Christen behels dat hy aan ander goed doen, veral deur die goeie nuus van God se Koninkryk aan hulle mee te deel. Spreuke 3:27 sê: “Hou ’n weldaad nie terug van hom aan wie dit toekom as dit in jou mag is om dit te doen nie.” In Argentinië wou ’n jong Getuie wat in sy derde jaar op hoërskool was vir ’n skoolvriend van die goeie nuus van die Koninkryk vertel. Daardie daad van hom het verreikende gevolge gehad.

Eendag het die jong Getuie vir sy vriend gesê dat nie alle gelowe goed is nie. Toe die jong man geantwoord het dat hy niks slegs doen nie, het die Getuie gesê: “Maar jy doen ook nie iets vir God nie.” Dit het die jong man laat dink. Later het die Getuie verduidelik dat ons in die laaste dae lewe en dat iemand wat God se goedkeuring wil wegdra juiste Bybelkennis moet inneem en dit toepas. Sy skoolvriend het saamgestem. Maar sou sy gesin hom toelaat om ’n Bybelstudie te hê? Om sy vriend iets te gee om oor na te dink, het die Getuie hom gevra om die boek Jy kan vir ewig in die Paradys op aarde lewe te lees.

Tyd het verbygegaan en sy vriend het die skool verlaat. Daar is meer as ’n jaar lank niks van hom gehoor nie. Toe, op ’n dag was die jong Getuie verbaas om ’n telefoonoproep van sy vriend te ontvang wat gesê het dat hy kon sien dat Bybelprofesieë werklik vervul word. Die Getuie het onmiddellik reëlings getref om die Bybel met hom te studeer.

Toe hy na sy vroeëre skoolvriend se huis toe gegaan het, het hy gemerk dat sy vriend se ouers baie bekommerd was oor dít waarby hulle seun betrokke geraak het. Selfs die vriend se jonger broer het gedink dat hy besig is om van sy verstand af te raak. Die ouers het dus die jonger broer die volgende studie laat bywoon. Later het hierdie jong man, met trane in sy oë, vir sy ouers gesê dat sy ouer broer nie van sy sinne beroof was nie, waarna die moeder uitgeroep het: “In plaas van net een probleem het ek nou twee!”

Gevolglik het sy self tydens die volgende studie bygesit en moes sy saamstem dat die seuns nie van hulle sinne beroof was nie. Later is reëlings getref vir ’n Bybelstudie met haar en haar man. Spoedig het die hele gesin die gemeentelike vergaderinge by die Koninkryksaal begin bywoon. Ná verloop van tyd het die grootouers ook die Bybel begin bestudeer en die vergaderinge begin bywoon. Sedertdien is die eerste jong man gedoop. Hy het getrou, en hy en sy vrou is ywerige verkondigers.

Wat meer is, die jong Getuie het, deur informele getuieniswerk op skool, twee ander skoolmaats sowel as die moeder en die suster van een van hulle gehelp om die Bybel te begin bestudeer. Altesaam 11 mense het die Bybel se waarhede geleer omdat die jong Getuie ’n weldaad nie teruggehou het van sy skoolmaats nie. Wat ’n gelukkige afloop tog! Waarlik: “Gelukkig is die volk wie se God Jehovah is!”—Psalm 144:15, NW.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel