Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w96 5/1 bl. 3-4
  • God, die Staat en Jy

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • God, die Staat en Jy
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1996
  • Soortgelyke materiaal
  • Moet egskeiding toegelaat word?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1988
  • Hoe die Christendom ’n deel van hierdie wêreld geword het
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1993
  • Sal die Kerk se dade met die pous se woorde strook?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1980
  • Egskeiding het wel slagoffers
    Ontwaak!—1991
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1996
w96 5/1 bl. 3-4

God, die Staat en Jy

“Konfrontasie tussen Kerk en Staat in referendum oor egskeiding in Ierland”

HIERDIE opskrif in The New York Times lig toe hoe mense vandag voor ’n keuse te staan kan kom tussen wat die Staat wil hê en wat hulle kerk leer.

Die artikel het gesê: “Met skaars ’n maand oor voor ’n referendum om te bepaal of sy grondwetlike verbod op egskeiding opgehef moet word, ondervind Ierland, wat verreweg oorwegend Rooms-Katoliek is, ’n ongewone botsing tussen sy Regerings- en kerkleiers.” Die Staat het voorgestel dat die verbod op egskeiding afgeskaf word, terwyl die Katolieke Kerk egskeiding en hertrouing sterk teëstaan. Die Ierse Katolieke moes tussen hulle Kerk en die Staat kies. Die uiteinde was dat die Staat naelskraap gewen het.

’n Selfs dramatieser konflik is die bitter konflik oor nasionale soewereiniteit waarmee die mense in Noord-Ierland al baie jare lank te kampe het. Baie is al doodgemaak. Die Rooms-Katolieke en die Protestante het strydende standpunte oor die Staat waaraan hulle hulle moet onderwerp: voortgesette Britse heerskappy in Noord-Ierland of ’n gesentraliseerde regering vir die hele Ierland.

In die voormalige Joego-Slawië het die regeringsowerheid eweneens vereis dat lidmate van verskillende gelowe, waaronder die Katolieke en die Ortodokse Kerk, veg in ’n stryd om grondgebied. Teenoor wie was die gemiddelde burgers allereers aanspreeklik? Moes hulle diegene volg wat beweer het dat hulle die Staat verteenwoordig of moes hulle God gehoorsaam, wat sê: “Jy mag nie moord pleeg nie . . . Jy moet jou naaste liefhê soos jouself”?—Romeine 13:9.

Jy dink dalk dat hierdie soort situasie jou nooit sal raak nie. Maar dit kan. Trouens, dit raak jou dalk selfs op hierdie oomblik. In sy boek The State in the New Testament praat die teoloog Oscar Cullmann van “lewensbelangrike besluite waarvoor hedendaagse Christene moontlik te staan kom of moet neem in uiterste situasies wanneer hulle deur totalitêre regerings bedreig word”. Hy praat egter ook van “die ewe wesenlike en belangrike verantwoordelikheid van elke Christen—ook die Christen wat onder sogenaamd ‘normale’, ‘alledaagse’ toestande leef—om ’n ernstige probleem waarmee hy te kampe het bloot omdat hy ’n Christen is te trotseer en die hoof te bied”.

Moet die verhouding tussen godsdiens en die Staat Christene wat vandag leef dus interesseer? Dit moet beslis. Van die vroegste tye af het Christene ’n gebalanseerde beskouing van sekulêre owerhede probeer verkry. Hulle Leier, Jesus Christus, is deur die Romeinse Staat verhoor, veroordeel en tereggestel. Sy dissipels moes hulle Christelike verpligtinge met hulle pligte teenoor die Romeinse Ryk versoen. ’n Hersiening van hulle verhouding met die owerheid sal derhalwe riglyne voorsien aan Christene wat vandag leef.

[Foto-erkenning op bladsy 3]

Tom Haley/Sipa Press

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel