Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w98 9/1 bl. 30-31
  • Paulus getuig moedig voor hooggeplaastes

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Paulus getuig moedig voor hooggeplaastes
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1998
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Paulus se moedige verweer
  • ’n Les vir ons
  • Help ander om die Koninkryksboodskap te aanvaar
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2003
  • “Ek wil hê dat die keiser my saak moet verhoor!”
    ‘Getuig deeglik’ oor God se Koninkryk
  • “Die woord van Jehovah het bly groei”
    ‘Getuig deeglik’ oor God se Koninkryk
  • Verkondig Jehovah se koninkryk met vrymoedigheid!
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1990
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1998
w98 9/1 bl. 30-31

Hulle het Jehovah se wil gedoen

Paulus getuig moedig voor hooggeplaastes

DIE kontras tussen die twee manne kon nie duideliker wees nie. Die een het ’n kroon gedra terwyl die ander een in kettings was. Die een was ’n koning; die ander ’n gevangene. Nadat die apostel Paulus twee jaar in die tronk was, het hy nou voor die heerser van die Jode, Herodes Agrippa II, gestaan. Die koning en sy metgesel, Bernice, het “met groot praalvertoon gekom en saam met militêre bevelvoerders asook vooraanstaande manne in die stad in die gehoorsaal ingegaan” (Handelinge 25:23). Een naslaanwerk sê: “Daar was waarskynlik ’n paar honderd mense teenwoordig.”

Die pas aangestelde goewerneur, Festus, het die vergadering gereël. Die vorige goewerneur, Feliks, was daarmee tevrede om Paulus in die gevangenis te laat wegkwyn. Maar Festus het die geldigheid van die aanklagte teen Paulus bevraagteken. Paulus het immers so aangedring op sy onskuld dat hy geëis het om sy saak aan Caesar te stel! Paulus se saak het die belangstelling van koning Agrippa gewek. “Ek sou self ook graag die man wil hoor”, het hy gesê. Festus het sonder versuim reëlings daarvoor getref, waarskynlik omdat hy gewonder het wat die koning van hierdie unieke gevangene sou dink.—Handelinge 24:27–25:22.

Die volgende dag het Paulus voor ’n groot skare hooggeplaastes gestaan. “Ek ag my gelukkig, koning Agrippa, dat dit voor u is wat ek my vandag gaan verdedig”, het hy vir koning Agrippa gesê, “veral aangesien u baie goed op die hoogte is van al die gebruike sowel as die geskille onder Jode. Daarom smeek ek u om my geduldig aan te hoor.”—Handelinge 26:2, 3.

Paulus se moedige verweer

Paulus het Agrippa eerstens van sy verlede as ’n vervolger van Christene vertel. “Ek [het] hulle probeer dwing om ’n herroeping te doen”, het hy gesê. “Ek [het] sover gegaan dat ek hulle selfs in buitelandse stede vervolg het.” Paulus het voorts vertel hoe hy ’n treffende visioen ontvang het waarin die verrese Jesus hom gevra het: “Waarom vervolg jy my? Om teen die prikkels te bly skop, maak dit vir jou moeilik.”a—Handelinge 26:4-14.

Jesus het Saulus toe beveel om vir mense van al die nasies te getuig “van dinge wat jy gesien het sowel as dinge wat ek jou aangaande my sal laat sien”. Paulus het vertel dat hy ywerig probeer het om sy toewysing te vervul. Maar “as gevolg van hierdie dinge”, het hy vir Agrippa gesê, “het Jode my in die tempel gevange geneem en my probeer ombring”. Omdat Paulus geweet het van Agrippa se belangstelling in Judaïsme het hy beklemtoon dat sy getuieniswerk in werklikheid behels het dat hy “niks [sê] behalwe dinge wat die Profete sowel as Moses [aangaande die Messias se dood en opstanding] verklaar het, sou plaasvind nie”.—Handelinge 26:15-23.

Festus het hom onderbreek. “Groot geleerdheid dryf jou tot kranksinnigheid!” het hy uitgeroep. Paulus het geantwoord: “Ek word nie kranksinnig nie, Eksellensie Festus, maar ek uiter woorde van waarheid en van gesonde verstand.” Paulus het toe van Agrippa gesê: “Die koning met wie ek met vrymoedigheid van spraak praat [is] goed vertroud met hierdie dinge; want ek is daarvan oortuig dat nie een van hierdie dinge sy aandag ontgaan nie, want dit is nie in ’n hoek gedoen nie.”—Handelinge 26:24-26.

Toe het Paulus Agrippa direk aangespreek. “Glo u die Profete, koning Agrippa?” Die vraag het Agrippa ongetwyfeld ongemaklik laat voel. Hy het immers ’n reputasie gehad om te handhaaf, en om met Paulus saam te stem sou daarop neerkom dat hy kant kies vir iets wat Festus “kranksinnigheid” genoem het. Paulus het dalk gesien dat Agrippa weifel en het sy eie vraag beantwoord. “Ek weet dat u glo”, het hy gesê. Agrippa het nou gepraat, maar het sy woorde opsetlik vaag gehou. “Jy sal my in ’n kort tydjie oorreed om ’n Christen te word”, het hy vir Paulus gesê.—Handelinge 26:27, 28.

Paulus het Agrippa se ontwykende stelling vaardig gebruik om ’n kragtige punt te stel. “Ek sou tot God kon wens”, het hy gesê, “dat nie net u nie, maar ook almal wat my vandag hoor, hetsy in ’n kort tydjie of in ’n lang tyd, so sal word soos ek ook is, met die uitsondering van hierdie boeie.”—Handelinge 26:29.

Agrippa en Festus het niks in Paulus gesien wat die dood of gevangesetting verdien het nie. Nogtans kon sy versoek om sy saak voor Caesar te bring, nie herroep word nie. Dit is waarom Agrippa vir Festus gesê het: “Hierdie man kon vrygelaat geword het as hy hom nie op Caesar beroep het nie.”—Handelinge 26:30-32.

’n Les vir ons

Die manier waarop Paulus voor hooggeplaastes getuig het, is ’n uitstekende voorbeeld vir ons. Paulus het onderskeidingsvermoë aan die dag gelê toe hy met koning Agrippa gepraat het. Hy was ongetwyfeld bewus van die skandaal waarby Agrippa en Bernice betrokke was. Hulle het ’n bloedskendige verhouding gehad, aangesien Bernice eintlik Agrippa se suster was. Maar by hierdie geleentheid het Paulus nie besluit om hulle ’n sedeles te gee nie. Hy het eerder punte beklemtoon wat hy en Agrippa gemeen gehad het. Hoewel Paulus deur die geleerde Fariseër Gamaliël onderrig is, het hy erken dat Agrippa ’n deskundige op die gebied van Joodse gebruike was (Handelinge 22:3). Ten spyte van Agrippa se persoonlike sedes het Paulus eerbiedig met hom gepraat omdat hy in ’n gesagsposisie was.—Romeine 13:7.

Hoewel ons moedig getuienis aflê van ons oortuiging, is dit nie ons doel om die onrein gebruike van ons hoorders aan die kaak te stel of te veroordeel nie. Om dit vir hulle makliker te maak om die waarheid aan te neem, moet ons eerder die positiewe aspekte van die goeie nuus beklemtoon deur die vooruitsigte wat ons gemeen het te beklemtoon. Wanneer ons met mense praat wat ouer of in gesagsposisies is, moet ons hulle posisie erken (Levitikus 19:32). Ons kan Paulus sodoende navolg, wat gesê het: “Ek het alles vir alle soorte mense geword om op elke moontlike manier sommige te red.”—1 Korintiërs 9:22.

[Voetnoot]

a Die uitdrukking ‘teen die prikkels skop’ beskryf die daad van ’n bul wat homself beseer terwyl hy die skerp stok skop wat bedoel is om die dier te stuur en te rig. Op soortgelyke wyse sou Saulus homself net skade berokken deur die Christene te vervolg, aangesien hy teen ’n volk geveg het wat God se steun het.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel