Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w98 11/1 bl. 29
  • ’n Eertydse teenstander leer die waarheid

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • ’n Eertydse teenstander leer die waarheid
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1998
  • Soortgelyke materiaal
  • Leer by Jesus se jonger broer
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe) – 2022
  • “Een klein daad van eerlikheid”
    Ondervindinge van Jehovah se Getuies
  • Bybelboek nommer 59—Jakobus
    “Die hele Skrif is deur God geïnspireer en is nuttig”
  • Het jy ’n vaste bestelling?
    Ons Koninkryksbediening—1999
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1998
w98 11/1 bl. 29

Koninkryksverkondigers berig

’n Eertydse teenstander leer die waarheid

DAAR was baie verslae in die nuus oor die burgeroorlog in Liberië. Tienduisende het gesterf, en selfs meer moes die land verlaat. Ten spyte van hierdie teëspoed neem opregtes van hart steeds die waarheid aan, soos die volgende ondervinding toelig.

Vandat James tien jaar oud was, is hy deur die Lutherse Kerk opgevoed. Nadat hy ’n redakteur van ’n kerkblad geword het, het hy sy posisie gebruik om artikels teen Jehovah se Getuies te skryf. En dít ten spyte van die feit dat hy nog nooit een van hulle ontmoet het nie.

James het naderhand die kerkblad verlaat en ’n suksesvolle moteleienaar geword. Eendag het twee welgeklede susters hom besoek terwyl hy by die ontvangsportaal van sy motel gesit het. Toe hy hulle netjiese kleredrag sien, het hy hulle ingenooi. Maar toe hulle die doel van hulle besoek aan hom verduidelik het, het hy gesê: “Ek is te besig om te gesels.” Die Getuies het vir hom intekeninge op Die Wagtoring en die Ontwaak! aangebied, en hy het dit aanvaar net om van hulle ontslae te raak. Die tydskrifte is 12 maande lank by sy huis afgelewer, maar hy het dit in ’n plastieksak gebêre sonder om eens die omslae af te haal.

Omdat daar ’n burgeroorlog gewoed het, het James geld en waardevolle artikels in ’n sak gepak sodat hy by die eerste teken van ’n aanval kon vlug. Een oggend het ’n handgranaat by sy agterdeur ontplof, en hy het paniekbevange sy sak gegryp en gevlug vir sy lewe. Hy moes saam met duisende vlugtende burgerlikes deur ’n aantal kontrolepunte gaan. Onskuldige burgerlikes is dikwels daar sonder enige rede beroof en doodgemaak.

By die eerste kontrolepunt is James ’n paar vrae gevra en toe aangesê om sy sak oop te maak. Toe hy dit doen, het hy in sy sak gekyk en kon hy sy oë nie glo nie. Tot sy ontsteltenis het hy gesien dat die sak wat hy gebring het nie die een was met al sy waardevolle artikels in nie. In sy paniek het hy die sak met al die onoopgemaakte Wagtoring- en Ontwaak!-tydskrifte gevat. Maar toe die soldaat die tydskrifte sien en sy naam op die etikette lees, het hy gesê: “O, jy is een van Jehovah se Getuies. Ons is nie op soek na julle nie, ons weet julle lieg nie.” Nadat die soldaat ’n paar tydskrifte uit die sak gehaal het, het hy vir James gesê om verder te gaan.

Dieselfde het by nege ander kontrolepunte gebeur, aangesien al die bevelvoerders gedink het dat James een van Jehovah se Getuies was en hom ongedeerd laat deurgaan het. James was nou dankbaar dat hy nie sy waardevolle artikels saamgebring het nie omdat hulle, volgens wat hy gesien het, hom heel waarskynlik sou laat doodmaak het vir sy besittings.

Toe hy uiteindelik die laaste en gevaarlikste kontrolepunt bereik, was hy met afgryse vervul om ’n klomp lyke te sien rondlê. Hy het verskrik Jehovah se naam aangeroep. Hy het gebid en gesê dat hy God vir die res van sy lewe sou dien as Hy hom deur hierdie slagveld sou help.

James het sy sak vir die soldate gewys, en weer eens het hulle gesê: “Ons is nie op soek na hierdie mense nie.” Hulle het na hom gedraai en bygevoeg: “Een van jou broers woon net hier onder. Gaan bly by hom.” Teen hierdie tyd het James se beskouing van die Getuies heeltemal verander. Hy het onmiddellik met die broer in aanraking gekom, en reëlings is getref vir ’n Bybelstudie in die boek Jy kan vir ewig in die Paradys op aarde lewe.a

’n Paar dae later moes hy weens ’n aanval uit die gebied vlug. Hierdie keer het James die bosse in gehardloop met net sy Paradys op aarde-boek wat hy styf vasgehou het! Gedurende die 11 maande wat hy van die Getuies afgesonder was, het hy vyf keer deur sy boek gestudeer. Toe hy uiteindelik na die stad kon terugkeer, het hy sy Bybelstudie saam met die Getuies hervat en vinnig gevorder. Kort daarna is hy gedoop, en hy dien nou getrou saam met sy geestelike broers.

[Voetnoot]

a Uitgegee deur die Watchtower Bible and Tract Society of New York, Inc.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel