Het jy ’n vaste bestelling?
1 Het jy al ooit na ’n velddiensvergadering toe gegaan en ontdek dat jy geen tydskrifte in jou velddienssak het nie? Wel, onthou jy die byvoegsel tot Ons Koninkryksbediening vir September 1995 met die titel “Hoe ons ons tydskrifte ten beste kan benut”? Dit het gesê dat ons “’n vaste tydskrifbestelling” moet hê en gemeld: “Plaas ’n realistiese bestelling vir ’n vasgestelde aantal eksemplare van elke nommer by die broer wat vir die tydskrifte verantwoordelik is. Sodoende sal jy en jou gesin altyd genoeg tydskrifte hê.” Het jy dit gedoen?
2 Plaas gerus ’n vaste tydskrifbestelling. Jy sal ’n groter verantwoordelikheid voel om die tydskrifte week na week te versprei en jy sal groter vreugde daaruit put. As jy reeds ’n vaste bestelling het, kan jy kyk of jy die aantal kry wat jy vir ’n gemiddelde maand in die bediening nodig het. Ons wil natuurlik elke week getrou ons bestelling afhaal en behoort dit as ’n verpligting te beskou. As jy ’n lang ruk van die gemeente af weg gaan wees, moet jy die tydskrifkneg in kennis stel as jy wil hê hy moet jou tydskrifte vir iemand anders gee totdat jy weer terug is.
3 Dieselfde byvoegsel wat hierbo aangehaal word, het ook gesê dat ons ‘reëlings moet tref vir ’n gereelde tydskrifdag’. Kan jy die weeklikse Tydskrifdag ondersteun? Soos Jehovah se Getuies se kalender vir 1999 toon, is dit elke Saterdag van die jaar! Moenie die waarde van die verspreiding van Die Wagtoring en Ontwaak! onderskat nie. Wanneer ons ons inspan om ’n volle deelname aan tydskrifwerk te hê, bring ons “goeie nuus van iets beters” aan ons naaste.—Jes. 52:7, NW.