Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w98 12/15 bl. 15-20
  • Nou is die dag van redding!

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Nou is die dag van redding!
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1998
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • ‘Ons hou aan om mense te oorreed’
  • Dring Christus se liefde jou?
  • “Raak met God versoen”
  • “Die besonder aanneemlike tyd”
  • ‘Ons beveel ons as God se bedienaars aan’
  • Vertrou op die redding deur Jehovah
  • Nou is die besonder aanneemlike tyd”
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2010
  • Hou jou “hoop op redding” helder voor oë!
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2000
  • Bybelboek nommer 47—2 Korinthiërs
    “Die hele Skrif is deur God geïnspireer en is nuttig”
  • Moet alle ware Christene bedienaars wees?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1984
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1998
w98 12/15 bl. 15-20

Nou is die dag van redding!

“Kyk! Nou is die besonder aanneemlike tyd. Kyk! Nou is die dag van redding.”—2 KORINTIËRS 6:2.

1. Wat is nodig as ons ’n goedgekeurde posisie voor God en Christus wil hê?

JEHOVAH het ’n dag vasgestel waarop hy die mensdom gaan oordeel (Handelinge 17:31). As ons wil hê dat dit ’n dag van redding vir ons moet wees, moet ons ’n goedgekeurde posisie voor hom en sy aangestelde Regter, Jesus Christus, hê (Johannes 5:22). As ons so ’n posisie wil geniet, moet ons gedrag in ooreenstemming met God se Woord wees en moet ons geloof hê wat ons beweeg om ander te help om Jesus se ware dissipels te wees.

2. Waarom is die mensewêreld van God vervreemd?

2 As gevolg van oorgeërfde sonde is die mensewêreld van God vervreemd (Romeine 5:12; Efesiërs 4:17, 18). Diegene vir wie ons getuig, kan dus slegs redding verkry as hulle met hom versoen word. Die apostel Paulus het dit duidelik gemaak toe hy aan die Christene in Korinte geskryf het. Kom ons ondersoek 2 Korintiërs 5:10–6:10 om te kyk wat Paulus omtrent oordeel, versoening met God en redding gesê het.

‘Ons hou aan om mense te oorreed’

3. Hoe het Paulus ‘aangehou om mense te oorreed’, en waarom moet ons dit vandag doen?

3 Paulus het oordeel met die predikingswerk verbind toe hy geskryf het: “Ons moet almal voor die regterstoel van die Christus openbaar gemaak word, sodat elkeen kan kry wat hom toekom vir die dinge wat hy deur die liggaam gedoen het, ooreenkomstig die dinge wat hy beoefen het, hetsy dit goed of veragtelik is. Omdat ons dus die vrees van die Here ken, hou ons aan om mense te oorreed” (2 Korintiërs 5:10, 11). Die apostel het ‘aangehou om mense te oorreed’ deur die goeie nuus te verkondig. Wat van ons? Aangesien ons die einde van hierdie goddelose stelsel van dinge nader, moet ons ons uiterste bes doen om ander te oorreed om die nodige stappe te neem om Jesus se gunstige oordeel en die goedkeuring van die Bron van redding, Jehovah God, te verkry.

4, 5. (a) Waarom moet ons nie roem oor wat ons in Jehovah se diens bereik nie? (b) In watter opsig het Paulus “vir God” geroem?

4 Maar as God ons bediening geseën het, moet ons nie roem nie. In Korinte was sommige opgeblase van trots oor hulleself of oor ander mense, en dit het dus verdeeldhede in die gemeente veroorsaak (1 Korintiërs 1:10-13; 3:3, 4). Paulus het op hierdie situasie gesinspeel toe hy geskryf het: “Ons beveel ons nie weer by julle aan nie, maar gee julle aanleiding om met betrekking tot ons te roem, sodat julle ’n antwoord kan hê vir dié wat roem oor die uiterlike maar nie oor die hart nie. Want as ons van ons verstand af was, was dit vir God; as ons gesond van verstand is, is dit vir julle” (2 Korintiërs 5:12, 13). Die hoogmoediges het nie in die eenheid en geestelike welsyn van die gemeente belanggestel nie. Hulle wou eerder oor die uiterlike roem as om medegelowiges te help sodat hulle goeie harte voor God kon ontwikkel. Paulus het die gemeente derhalwe vermaan en later gesê: “Hy wat roem, laat hom in Jehovah roem.”—2 Korintiërs 10:17.

5 Het Paulus nie self geroem nie? Party het moontlik so gedink as gevolg van wat hy oor sy apostelskap gesê het. Maar hy moes “vir God” roem. Hy het oor sy kwalifikasies as ’n apostel geroem, sodat die Korintiërs nie van Jehovah vervreemd sou word nie. Paulus het dit gedoen om hulle na God terug te bring omdat valse apostels besig was om hulle van koers af te bring (2 Korintiërs 11:16-21; 12:11, 12, 19-21; 13:10). Maar Paulus het nie almal alewig probeer beïndruk deur wat hy bereik het nie.—Spreuke 21:4.

Dring Christus se liefde jou?

6. Hoe moet Christus se liefde ons raak?

6 As ’n ware apostel het Paulus ander omtrent Jesus se losprysofferande geleer. Dit het ’n invloed op Paulus se lewe gehad, want hy het geskryf: “Die liefde wat die Christus het, dring ons, omdat ons só geoordeel het, dat een mens vir almal gesterf het; almal het dus gesterf; en hy het vir almal gesterf, sodat dié wat lewe nie langer vir hulleself moet lewe nie, maar vir hom wat vir hulle gesterf het en opgewek is” (2 Korintiërs 5:14, 15). Watter liefde het Jesus tog getoon deur sy lewe ten behoewe van ons te gee! Dit moet beslis ’n dwingende krag in ons lewe wees. Dankbaarheid teenoor Jesus omdat hy sy lewe ten behoewe van ons gegee het, moet ons beweeg om die goeie nuus van redding wat Jehovah deur sy geliefde Seun voorsien het ywerig te verkondig. (Johannes 3:16; vergelyk Psalm 96:2, NW.) Dring “die liefde wat die Christus het” jou om ywerig aan die Koninkrykspredikings- en dissipelmaakwerk deel te neem?—Matteus 28:19, 20.

7. Wat beteken dit om ‘geen mens na die vlees te ken nie’?

7 Gesalfdes gebruik hulle lewe op ’n manier wat toon dat hulle dankbaar is vir wat Christus ten behoewe van hulle gedoen het, en sodoende ‘lewe hulle nie langer vir hulleself nie, maar vir hom’. “Gevolglik”, het Paulus gesê, “ken ons van nou af geen mens na die vlees nie. Selfs al het ons Christus na die vlees geken, ken ons hom nou beslis nie meer so nie” (2 Korintiërs 5:16). Christene moenie mense na die vlees beoordeel deur moontlik Jode bo nie-Jode of rykes bo armes te begunstig nie. Gesalfdes ‘ken geen mens na die vlees nie’, want dit is hulle geestelike verhouding met medegelowiges wat belangrik is. Diegene wat “Christus na die vlees geken” het, was nie net die mense wat Jesus gesien het terwyl hy op die aarde was nie. Selfs as sommige wat op die Messias gehoop het vroeër na Christus gekyk het op grond van sy vlees, moes hulle dit nie meer doen nie. Hy het sy liggaam as ’n losprys gegee en is as ’n lewegewende gees opgewek. Ander wat tot hemelse lewe opgewek word, gee hulle vleeslike liggaam prys sonder dat hulle Jesus Christus ooit in die vlees gesien het.—1 Korintiërs 15:45, 50; 2 Korintiërs 5:1-5.

8. Hoe het individue “in eenheid met Christus” gekom?

8 Paulus praat nog steeds met gesalfdes en sê verder: “As iemand . . . in eenheid met Christus is, is hy ’n nuwe skepping; die ou dinge het verbygegaan, kyk! nuwe dinge het ontstaan” (2 Korintiërs 5:17). Om “in eenheid met Christus” te wees, beteken om ’n eensgesindheid met hom te geniet (Johannes 17:21). Hierdie verhouding het vir die persoon ontstaan toe Jehovah hom na sy Seun getrek en met heilige gees verwek het. As ’n geesverwekte seun van God was hy “’n nuwe skepping” met die vooruitsig om saam met Christus in die hemelse Koninkryk te heers (Johannes 3:3-8; 6:44; Galasiërs 4:6, 7). Hierdie gesalfde Christene is ’n wonderlike diensvoorreg gegee.

“Raak met God versoen”

9. Wat het God gedoen om versoening met hom moontlik te maak?

9 Hoe het Jehovah die “nuwe skepping” tog begunstig! Paulus sê: “Alles kom van God, wat ons deur Christus met homself versoen het en ons die bediening van die versoening gegee het, naamlik dat God deur middel van Christus ’n wêreld met homself versoen het en hulle hulle oortredings nie toegereken het nie, en hy het die woord van die versoening aan ons toevertrou” (2 Korintiërs 5:18, 19). Die mensdom is sedert Adam se sonde van God vervreemd. Maar Jehovah het liefdevol die inisiatief geneem om versoening deur middel van Jesus se offerande moontlik te maak.—Romeine 5:6-12.

10. Aan wie het Jehovah die bediening van versoening toevertrou, en wat het hulle gedoen om dit te vervul?

10 Jehovah het die bediening van versoening aan die gesalfdes toevertrou, en gevolglik kon Paulus sê: “Ons is dus ambassadeurs wat as plaasvervangers vir Christus optree, asof God ’n dringende versoek deur ons doen. As plaasvervangers vir Christus smeek ons: ‘Raak met God versoen’” (2 Korintiërs 5:20). In die ou tyd is ambassadeurs hoofsaaklik gedurende tye van vyandigheid uitgestuur om te sien of oorlog vermy kon word (Lukas 14:31, 32). Omdat die sondige mensewêreld van God vervreemd is, het hy sy gesalfde ambassadeurs uitgestuur om mense oor sy voorwaardes vir versoening in te lig. As plaasvervangers vir Christus smeek gesalfdes: “Raak met God versoen.” Hierdie dringende versoek is ’n barmhartige aansporing om vrede met God na te streef en die redding te aanvaar wat hy deur Christus moontlik maak.

11. Wie verkry uiteindelik ’n regverdige posisie voor God deur middel van geloof in die losprys?

11 Alle mense wat geloof in die losprys beoefen, kan met God versoen raak (Johannes 3:36). Paulus sê: “Die een [Jesus] wat sonde nie geken het nie, het hy [Jehovah] vir ons tot sonde gemaak, sodat ons deur middel van hom God se regverdigheid kon word” (2 Korintiërs 5:21). Die volmaakte man Jesus was die sondoffer vir al Adam se nakomelinge wat van oorgeërfde sondigheid bevry word. Hulle word “God se regverdigheid” deur middel van Jesus. Hierdie regverdigheid, of regverdige posisie voor God, word eerste aan Christus se 144 000 mede-erfgename gebied. Gedurende sy Duisendjarige Heerskappy sal die aardse kinders van die Ewige Vader, Jesus Christus, ’n regverdige posisie as volmaakte mense ontvang. Hy sal hulle tot ’n regverdige posisie in volmaaktheid verhef sodat hulle getrou aan God kan wees en die gawe van die ewige lewe kan ontvang.—Jesaja 9:5; Openbaring 14:1; 20:4-6, 11-15.

“Die besonder aanneemlike tyd”

12. Watter belangrike bediening word deur Jehovah se ambassadeurs en gesante vervul?

12 As ons gered wil word, moet ons in ooreenstemming met Paulus se woorde optree: “As sy [Jehovah se] medewerkers versoek ons julle ook dringend om nie die onverdiende goedhartigheid van God aan te neem en die doel daarvan te mis nie. Want hy sê: ‘In ’n aanneemlike tyd het ek jou verhoor, en in ’n dag van redding het ek jou gehelp.’ Kyk! Nou is die besonder aanneemlike tyd. Kyk! Nou is die dag van redding” (2 Korintiërs 6:1, 2). Jehovah se gesalfde ambassadeurs en sy gesante, die “ander skape”, neem nie hulle hemelse Vader se onverdiende goedhartigheid aan en mis dan die doel daarvan nie (Johannes 10:16). Deur hulle regskape gedrag en ywerige bediening in hierdie “aanneemlike tyd” probeer hulle God se guns verkry en maak hulle aan die aarde se bewoners bekend dat dit “die dag van redding” is.

13. Wat is die hoofgedagte van Jesaja 49:8, en hoe is dit die eerste keer vervul?

13 Paulus haal Jesaja 49:8 aan, wat sê: “So sê die HERE: In die tyd van die welbehae het Ek U verhoor, en in die dag van heil [“redding”, NW] het Ek U gehelp; en Ek behoed U en gee U as ’n verbond van die volk, om die land weer op te rig, om verwoeste erfenisse te laat beërwe.” Hierdie profesie is die eerste keer vervul toe die volk Israel uit gevangenskap in Babilon bevry is en later na hulle verlate tuisland teruggekeer het.—Jesaja 49:3, 9.

14. Hoe is Jesaja 49:8 in Jesus se geval vervul?

14 As ’n verdere vervulling van Jesaja se profesie het Jehovah sy “dienaar” Jesus as “’n lig vir die nasies [gegee] sodat die redding wat [God] bewerk, die uithoeke van die aarde sal bereik”. (Jesaja 49:6, 8, vgl. NAV; vergelyk Jesaja 42:1-4, 6, 7; Matteus 12:18-21.) Die “tyd van die welbehae”, of “aanneemlike tyd”, was klaarblyklik van toepassing op Jesus terwyl hy op die aarde was. Hy het gebid, en God het hom “verhoor”. Dit was “’n dag van redding” vir Jesus omdat hy volmaakte onkreukbaarheid gehandhaaf het en derhalwe “verantwoordelik geword [het] vir die ewige redding van almal wat hom gehoorsaam”.—Hebreërs 5:7, 9; Johannes 12:27, 28.

15. Sedert wanneer het geestelike Israeliete hulle daarop toegelê om te bewys dat hulle God se onverdiende goedhartigheid waardig is, en met watter doel?

15 Paulus pas Jesaja 49:8 op gesalfde Christene toe en versoek hulle dringend ‘om nie die doel van God se onverdiende goedhartigheid te mis’ deur te versuim om sy welbehae te soek gedurende die “aanneemlike tyd” en die “dag van redding” wat hy voorsien nie. Paulus voeg by: “Kyk! Nou is die besonder aanneemlike tyd. Kyk! Nou is die dag van redding” (2 Korintiërs 6:2). Sedert Pinkster 33 G.J. het geestelike Israeliete hulle daarop toegelê om te bewys dat hulle God se onverdiende goedhartigheid waardig is sodat die “aanneemlike tyd” vir hulle “’n dag van redding” sou wees.

‘Ons beveel ons as God se bedienaars aan’

16. Onder watter beproewende omstandighede het Paulus homself as God se bedienaar aanbeveel?

16 Sommige wat met die Korintiese gemeente omgegaan het, was nie God se onverdiende goedhartigheid waardig nie. Hulle het Paulus belaster in ’n poging om sy apostoliese gesag te vernietig, alhoewel hy nie ‘enige aanleiding tot struikeling gegee’ het nie. Hy het homself beslis as God se bedienaar aanbeveel “deur baie te verduur, deur verdrukkinge, deur gevalle van nood, deur moeilikhede, deur slae, deur gevangenisse, deur oproere, deur arbeid, deur slapelose nagte, deur tye sonder voedsel” (2 Korintiërs 6:3-5). As sy teenstanders bedienaars is, het Paulus later geredeneer, is hy “op uitsonderliker wyse” ’n bedienaar omdat hy meer gevangenisse, slae, gevare en ontberinge verduur het.—2 Korintiërs 11:23-27.

17. (a) Deur watter eienskappe te openbaar, kan ons ons as bedienaars van God aanbeveel? (b) Wat is “die wapens van regverdigheid”?

17 Soos Paulus en sy metgeselle kan ons ons as God se bedienaars aanbeveel. Hoe? “Deur reinheid”, of kuisheid, en deur in ooreenstemming met juiste Bybelkennis op te tree. Ons kan ons aanbeveel “deur lankmoedigheid”, as ons onregte of beledigings geduldig verduur en “deur goedhartigheid”, wanneer ons iets nuttigs vir ander doen. Daarbenewens kan ons ons as bedienaars van God aanbeveel deur die leiding van sy gees te aanvaar, “deur liefde sonder huigelary” te betoon, die waarheid te praat en op hom te vertrou vir krag om die bediening uit te voer. Dit is interessant dat Paulus ook sy posisie as bedienaar bewys het “deur middel van die wapens van regverdigheid aan die regter- en aan die linkerhand”. In eertydse oorlogvoering is die swaard gewoonlik in die regterhand en die skild in die linkerhand gehou. Paulus het nie die wapens van die sondige vlees—slinksheid, kullery, bedrog—in sy geestelike oorlogvoering teen valse leraars gebruik nie (2 Korintiërs 6:6, 7; 11:12-14; Spreuke 3:32, NW). Hy het regverdige “wapens”, of maniere, gebruik om ware aanbidding te bevorder. Ons moet dieselfde doen.

18. Hoe sal ons ons gedra as ons God se bedienaars is?

18 As ons God se bedienaars is, sal ons ons soos Paulus en sy medewerkers gedra. Ons sal soos Christene optree, hetsy ons nou geëer of geminag word. Ongunstige gerugte oor ons sal nie ons predikingswerk keer nie, en ons sal ook nie weens gunstige verslae hoogmoedig word nie. Ons sal die waarheid praat en dalk erkenning verkry vir godvrugtige werke. Wanneer ons weens vyandelike aanvalle in doodsgevaar verkeer, sal ons op Jehovah vertrou. En ons sal dissipline met dankbaarheid aanneem.—2 Korintiërs 6:8, 9.

19. Hoe is dit moontlik om ‘talle geestelik ryk te maak’?

19 Paulus sluit sy bespreking oor die bediening van versoening af deur van homself en sy metgeselle te praat “as treurendes wat hulle egter immer verheug, as armes wat talle egter ryk maak, as mense wat niks het nie en tog alles besit” (2 Korintiërs 6:10). Hoewel daardie bedienaars rede gehad het om oor hulle beproewinge te treur, het hulle innerlike vreugde gehad. Hulle was materieel arm, maar hulle het ‘talle geestelik ryk gemaak’. Trouens, hulle het “alles besit”, want hulle geloof het hulle geestelike rykdom gegee—selfs die vooruitsig om hemelse seuns van God te word. En hulle het ’n ryk en gelukkige lewe as Christenbedienaars gehad (Handelinge 20:35). Soos hulle kan ons ‘talle ryk maak’ deur nóú—in hierdie dag van redding—aan die bediening van versoening deel te neem!

Vertrou op die redding deur Jehovah

20. (a) Wat was Paulus se innige begeerte, en waarom was daar nie tyd om te verspil nie? (b) Wat is ’n kenmerk van die dag van redding waarin ons nou lewe?

20 Toe Paulus omstreeks 55 G.J. sy tweede brief aan die Korintiërs geskryf het, het slegs ongeveer 15 jaar vir die Joodse stelsel van dinge oorgebly. Dit was die apostel se innige begeerte dat Jode en nie-Jode deur Christus met God versoen word. Dit was ’n dag van redding, en daar was nie tyd om te verspil nie. Wel, ons is sedert 1914 in ’n ooreenstemmende voleinding van ’n stelsel van dinge. Die wêreldwye Koninkrykspredikingswerk wat nou gedoen word, dui aan dat dit die dag van redding is.

21. (a) Watter jaarteks is vir 1999 gekies? (b) Waarmee moet ons besig wees in hierdie dag van redding?

21 Mense van alle nasies moet hoor van God se voorsiening vir redding deur middel van Jesus Christus. Daar is nie tyd vir uitstel nie. Paulus het geskryf: “Kyk! Nou is die dag van redding.” Hierdie woorde van 2 Korintiërs 6:2 sal Jehovah se Getuies se jaarteks vir 1999 wees. Hoe gepas tog, want ons verwag iets wat veel erger is as die vernietiging van Jerusalem en sy tempel! Die einde van hierdie hele stelsel van dinge is op hande, en almal op aarde sal daardeur geraak word. Nou—nie môre nie—is die tyd om op te tree. As ons glo dat redding aan Jehovah behoort, as ons hom liefhet en as ons ewige lewe op prys stel, sal ons nie die doel van God se onverdiende goedhartigheid mis nie. Met ’n hartgrondige begeerte om Jehovah te eer, sal ons deur woord en daad bewys dat ons dit werklik bedoel wanneer ons uitroep: “Kyk! Nou is die dag van redding.”

Hoe sou jy antwoord?

◻ Waarom is versoening met God lewensbelangrik?

◻ Wie is die ambassadeurs en die gesante wat aan die bediening van versoening deelneem?

◻ Hoe kan ons ons as God se bedienaars aanbeveel?

◻ Wat beteken Jehovah se Getuies se jaarteks vir 1999 vir jou?

[Prente op bladsy 17]

Is jy, soos Paulus, ywerig besig om te getuig en ander te help om met God versoen te raak?

Verenigde State

Frankryk

Côte d’Ivoire

[Prent op bladsy 18]

Is jy een van die menigtes wat in hierdie dag van redding met Jehovah God versoen raak?

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel