Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w00 4/15 bl. 31
  • Vrae van lesers

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Vrae van lesers
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2000
  • Soortgelyke materiaal
  • Wat is die “Evangelie van Judas”?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2013
  • Moet nooit ’n dief word nie!
    Leer by die Groot Onderwyser
  • ’n Ete by Simon se huis in Betanië
    Jesus – Die weg, die waarheid, die lewe
  • Die Here se Aandmaal
    Jesus – Die weg, die waarheid, die lewe
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2000
w00 4/15 bl. 31

Vrae van lesers

Drie van die Evangelies meld die klagte dat Jesus met duur olie gesalf is. Het baie van die apostels hieroor gekla, of was dit hoofsaaklik Judas?

Hierdie gebeurtenis word in die Evangelies van Matteus, Markus en Johannes gemeld. Dit wil voorkom of Judas die voortou geneem het met die klaery en dat ten minste ’n paar ander apostels toe met hom saamgestem het. Hierdie voorval lig toe waarom ons dankbaar kan wees dat ons vier Evangelieverslae het. Wat elke skrywer neergeskryf het, was akkuraat, maar nie almal het dieselfde besonderhede verskaf nie. Deur parallelle verslae te vergelyk, kry ons ’n duideliker, breedvoeriger beeld van baie gebeure.

Die verslag in Matteus 26:6-13 sê vir ons waar dit gebeur het—die huis van Simon die melaatse, in Betanië—maar sê nie wie die vrou was wat die welriekende olie op Jesus se kop begin uitgooi het nie. Matteus sê: “Toe die dissipels dit sien, het hulle verontwaardig geword” en gekla dat hulle die olie kon verkoop het en die geld aan die armes gegee het.

Markus se verslag sluit die meeste van hierdie besonderhede in. Maar hy voeg by dat sy die houer oopgebreek het. Dit het welriekende olie bevat wat “egte nardus” was, soos wat dalk uit Indië ingevoer is. Wat die klagte betref, sê Markus dat ‘daar party was wat verontwaardiging uitgespreek het’ en dat ‘hulle groot misnoeë teenoor haar gevoel het’ (Markus 14:3-9). Die twee verslae toon dus dat meer as een apostel gekla het. Maar hoe het dit begin?

Johannes, wat ’n ooggetuie was, verskaf nog interessante besonderhede. Hy sê wie die vrou was—Maria, die suster van Marta en Lasarus. Johannes het ook die volgende besonderheid verstrek, wat ons as aanvullend eerder as teenstrydig kan beskou: “Sy het die voete van Jesus gesalf en sy voete met haar hare afgedroog.” As ons die verslae kombineer, kan ons sien dat Maria die olie, wat volgens Johannes inderdaad “egte nardus” was, op Jesus se kop en voete moes uitgegooi het. Johannes was baie na aan Jesus en was geneig om verontwaardig te word wanneer Hy geminag is. Ons lees: “Judas Iskariot, een van sy dissipels, wat op die punt gestaan het om hom te verraai, het gesê: ‘Waarom is hierdie welriekende olie nie vir driehonderd denarii verkoop en vir die armes gegee nie?’”—Johannes 12:2-8.

Judas was natuurlik “een van sy dissipels”, maar ’n mens kan Johannes se verontwaardiging aanvoel dat iemand in daardie posisie beplan het om Jesus te verraai. Die vertaler, dr. C. Howard Matheny, het oor Johannes 12:4 gesê: “Die onvoltooide deelwoord ‘op die punt om’ [of ‘op die punt staan om’] en die infinitief ‘om te verraai’ [of ‘op die punt staan om te verraai’] druk albei ononderbroke of deurlopende aksie uit. Dit toon dat Judas Jesus nie op die ingewing van die oomblik verraai het nie, want hy het daaroor nagedink en dit dae lank beplan.” Johannes het verdere insig in sake gegee deur te sê dat Judas gekla het, “nie . . . omdat hy oor die armes besorg was nie, maar omdat hy ’n dief was en die geldkissie gehad het en die geld weggedra het wat daarin gesit is”.

Dit lyk dus logies dat die dief Judas die klaery aan die gang gesit het, omdat hy meer sou hê om te steel as die duur olie verkoop en die geld in die geldkissie gesit is wat hy gedra het. Nadat Judas gekla het, het van die ander apostels moontlik ook gemurmureer oor wat na ’n geldige punt gelyk het. Judas was egter die een wat met die klagte begin het.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel