Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w01 2/1 bl. 3
  • ’n Lewe vol gevare

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • ’n Lewe vol gevare
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2001
  • Soortgelyke materiaal
  • Vind beskerming in ’n wêreld vol gevare
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2001
  • Antwoorde wat werk!
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2007
  • Waarom verduur Afrika soveel lyding?
    Ontwaak!—1992
  • Hoe om jou gesondheid te beskerm
    Ontwaak!—1999
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2001
w01 2/1 bl. 3

’n Lewe vol gevare

“Daar is nie ’n enkele ding wat jy in ’n gewone dag kan doen—slaap ingesluit—wat nie gevaarlik genoeg is om die laaste ding te wees wat jy doen nie.”—Die tydskrif Discover.

DIE lewe is al vergelyk met ’n mynveld waardeur ons moet loop, want ’n mens kan te eniger tyd, dikwels sonder waarskuwing, beseer word of sterf. Gevare verskil van land tot land. Dit kan dinge insluit soos motorongelukke, burgeroorlog, hongersnood, vigs, kanker, hartsiekte en ’n menigte ander dinge. In Afrika suid van die Sahara het vigs byvoorbeeld die vernaamste doodsoorsaak geword, en in ’n onlangse jaar het dit “2,2 miljoen lewens geëis, 10 keer meer as wat in al die burgeroorloë in Afrika dood is”, sê U.S.News & World Report.

Intussen bestee die wêreld miljarde om lewens te verleng en om die gevaar van siekte en liggaamsgebreke te verminder. Baie van die idees wat bevorder word, soos verstandige eet- en drinkgewoontes en oefening, kan sekere voordele inhou. Daar is egter ’n bron van betroubare inligting oor elke belangrike faset van die lewe wat jou kan help sodat jy ’n veiliger lewe kan geniet. Daardie bron is die Bybel. Dit bevat riglyne om ’n omvattende verskeidenheid sake te hanteer wat ons gesondheid en welsyn raak. Die Bybel bespreek natuurlik nie elke probleem in besonderhede nie. Maar dit voorsien wel uitstekende beginsels om ons leiding te gee in sake soos eetgewoontes, fiksheid, ons geestesgesindheid, seks, die gebruik van alkohol, tabak en sogenaamde ontspanningsdwelms en verskeie ander dinge.

Baie mense se lewe is ook vol finansiële onsekerhede. Ook hier help die Bybel ons. Dit spoor ons nie net aan om ’n verstandige beskouing van geld en die bestuur van geldsake te hê nie, maar dit toon ook hoe ’n mens ’n beter werker of werkgewer kan wees. Eenvoudig gestel, die Bybel is ’n betroubare gids, nie net wat finansiële sekuriteit en fisiese welsyn betref nie, maar vir die lewe self. Wil jy sien hoe prakties die Bybel vandag kan wees? Lees gerus verder.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel