Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w03 2/15 bl. 3
  • Geloof in ’n God wat ons moontlik nie ken nie

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Geloof in ’n God wat ons moontlik nie ken nie
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2003
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Ken jy God persoonlik?
  • Wie is God?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Publieke uitgawe) – 2019
  • Hoe kan jy God persoonlik leer ken?
    Antwoorde op Bybelvrae
  • Skepping of evolusie?—Deel 1: Waarom moet ek aan God glo?
    Jongmense vra
  • Jehovah—’n God wat ons beslis wil leer ken
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2003
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2003
w03 2/15 bl. 3

Geloof in ’n God wat ons moontlik nie ken nie

TWEE uit drie mense in Duitsland glo aan God. Maar toe meer as ’n duisend gevra is om die God te beskryf waaraan hulle glo, het byna elkeen van hulle ’n ander antwoord gegee. “Duitsers het elkeen hulle eie konsep van God en dit is net so uiteenlopend soos die mense self”, berig die nuustydskrif FOCUS. Geloof in God is prysenswaardig, maar is dit nie jammer dat mense in hom glo sonder om te weet watter soort persoon hy is nie?

Hierdie onsekerheid oor die soort persoon wat God is, kom nie net in Duitsland voor nie; dit kom ook in ander dele van Europa voor. ’n Opname wat in Brittanje, Nederland en Oostenryk gedoen is, het aan die lig gebring dat mense oor die algemeen saamstem dat God “’n hoër mag of ’n onbegryplike geheim is”. Veral vir jongmense, selfs vir dié wat in hom glo, is hy ’n verborgenheid.

Ken jy God persoonlik?

Om van iemand te weet en om hom persoonlik te ken, is twee heeltemal verskillende dinge. Om van iemand te weet—soos ’n koning, ’n topatleet of ’n filmster—beteken bloot dat jy sy bestaan erken. Maar om iemand persoonlik te ken, beteken veel meer. Dit behels dat jy sy persoonlikheid, gedrag en gevoelens ken, asook weet waarvan hy hou en nie hou nie en wat sy planne vir die toekoms is. As ’n mens iemand persoonlik ken, maak dit ’n hegte verhouding met hom moontlik.

Honderdduisende mense het besluit dat dit nie genoeg is om net ’n vae idee van God te hê—of bloot van hom te weet nie. Hulle het baie meer gedoen en God intiem leer ken. Het hulle gevind dat dit die moeite werd is? ’n Man met die naam Paul, wat in die noorde van Duitsland woon en vroeër bloot geglo het dat God bestaan, het besluit om Hom beter te leer ken. Paul verduidelik: “Dit verg tyd en inspanning om God goed te leer ken, maar dit bring baie voordele mee. ’n Hegte verhouding met die Skepper maak jou daaglikse lewe soveel beter.”

Is dit die tyd en inspanning werd om God goed te leer ken? Lees asseblief die volgende artikel.

[Lokteks op bladsy 3]

Om van iemand te weet en om hom persoonlik te ken, is twee heeltemal verskillende dinge

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel