Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w03 7/1 bl. 8
  • Die voortreflikste soort liefde

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Die voortreflikste soort liefde
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2003
  • Soortgelyke materiaal
  • Volg jy die “allesoortreffende weg” van liefde?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2009
  • Die grootste hiervan is die liefde”
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1990
  • Liefde (Agape)—Wat dit nie is nie en wat dit wel is
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1993
  • ‘Bo alles moet julle intense liefde hê’
    Hou aan waak!
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2003
w03 7/1 bl. 8

Die voortreflikste soort liefde

IN DIE meeste gevalle in die Christelike Griekse Geskrifte, of Nuwe Testament, is die woord “liefde” ’n vertaling van die Griekse woord a·gaʹpe.

Die naslaanwerk Insight on the Scripturesa verduidelik die betekenis van hierdie term soos volg: “[A·gaʹpe] is nie sentimentaliteit wat op blote persoonlike gehegtheid gegrond is, soos dit gewoonlik beskou word nie, maar dit is ’n sedelike of sosiale liefde wat berus op ’n doelbewuste besluit om jou daaraan te onderwerp op grond van beginsel, plig en gepaste gedrag, om opreg die belange van ander te bevorder volgens wat reg is. A·gaʹpe (liefde) oorkom persoonlike vyandskappe en voorkom dat ’n mens weens hierdie vyandskappe die regte beginsels prysgee en met gelyke munt terugbetaal.”

A·gaʹpe kan ook diepe gevoelens insluit. “Julle [moet] intense liefde [a·gaʹpe] vir mekaar hê”, het die apostel Petrus gesê (1 Petrus 4:8). Daar kan dus gesê word dat a·gaʹpe die hart sowel as die verstand insluit. Beskou gerus ’n paar tekste wat die krag en omvang van hierdie voortreflike vorm van liefde toon. Die volgende verwysings sal dalk nuttig wees: Matteus 5:43-47; Johannes 15:12, 13; Romeine 13:8-10; Efesiërs 5:2, 25, 28; 1 Johannes 3:15-18; 4:16-21.

[Voetnoot]

a Uitgegee deur Jehovah se Getuies.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel