Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w03 11/15 bl. 2-3
  • Kan jy in ’n paradys op aarde glo?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Kan jy in ’n paradys op aarde glo?
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2003
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Paradys—In die hemel of op die aarde?
  • John Milton se verlore verhandeling
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2007
  • Paradys op aarde—’n Droom of ’n werklikheid?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Publieke uitgawe)—2017
  • Beloof die Bybel ’n aardse paradys?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1984
  • Waar is die Bybelse Paradys?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2010
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2003
w03 11/15 bl. 2-3

Kan jy in ’n paradys op aarde glo?

MIN mense glo dat die aarde ooit ’n paradys sal wees. Baie dink dat dit glad nie sal voortbestaan nie. Volgens die boek The Sacred Earth, deur Brian Leigh Molyneaux, het die aarde miljoene jare gelede weens ‘’n groot kosmiese ontploffing’ ontstaan. En baie glo dat die aarde en die ganse heelal, as die mens self dit nie vernietig nie, uiteindelik kan “ineenstort tot ’n brandende, inploffende bal”.

John Milton, ’n Engelse digter van die 17de eeu, het glad nie sulke pessimistiese gedagtes gehad nie. In sy epiese gedig Paradise Lost het hy geskryf dat God die aarde geskep het om ’n paradystuiste vir die mensdom te wees. Daardie oorspronklike Paradys het verlore gegaan. Milton het egter geglo dat dit herstel sou word—dat ’n verlosser, naamlik Jesus Christus, eendag “sy getroues sal beloon en hulle in saligheid sal ontvang . . . in die Hemel of op die Aarde”. Milton het met vertroue verklaar: “Want dan sal die hele Aarde ’n paradys wees.”

Paradys—In die hemel of op die aarde?

Talle godsdienstige mense deel Milton se beskouing dat hulle uiteindelik die een of ander vergoeding sal ontvang vir die gruwels en pyn wat hulle hier op aarde moes verduur. Maar waar sal hulle daardie beloning ontvang? Sal dit “in die Hemel of op die Aarde” wees? Vir party kom die aarde glad nie in die prentjie nie. Hulle sê dat mense slegs “saligheid” sal geniet nadat hulle die aarde verlaat het en in ’n geesteryk in die hemel woon.

In die boek Heaven—A History sê die skrywers C. McDannell en B. Lang dat die tweede-eeuse teoloog Ireneus geglo het dat lewe in ’n herstelde paradys “nie in ’n verafgeleë hemelse ryk sal wees nie, maar op die aarde”. Volgens daardie boek het godsdiensleiers soos Johannes Calvyn en Martin Luther wel gehoop om hemel toe te gaan, maar hulle het ook geglo dat “God die aarde sal hernieu”. Lede van ander godsdienste het soortgelyke opvattings gehad. McDannell en Lang sê ook dat sommige Jode geglo het dat alle menselyding op God se bestemde tyd “uitgewis sal word en dat mense ’n betekenisvolle lewe op die aarde sal lei”. Die Perse van die ou tyd het geglo dat “die ongerepte toestand van die aarde herstel sal word en dat mense weer eens in vrede sal lewe”, sê The Encyclopaedia of Middle Eastern Mythology and Religion.

Wat het geword van die hoop om op ’n paradysaarde te lewe? Is ons aardse bestaan bedoel om net ’n verbygaande fase te wees? Is dit, soos die eerste-eeuse Joodse filosoof Filo aangevoer het, net “’n kortstondige, dikwels ongelukkige, episode” in ’n reis na ’n geesteryk? Of het God iets anders in gedagte gehad toe hy die aarde geskep het en mense in paradystoestande daarop geplaas het? Kan die mens reg hier op aarde ware geestelike vervulling en geluk vind? Waarom stel jy nie ondersoek in oor wat die Bybel oor hierdie onderwerp sê nie? Jy sal heel waarskynlik tot die slotsom kom, soos miljoene reeds gedoen het, dat dit inderdaad redelik is om uit te sien na ’n herstelde aardse paradys.

[Prent op bladsy 3]

Die digter John Milton het geglo dat die Paradys herstel sou word

[Foto-erkenning op bladsy 2]

VOORBLAD: Earth: U.S. Fish & Wildlife Service, Washington, D.C./NASA

[Foto-erkennings op bladsy 3]

Aarde: U.S. Fish & Wildlife Service, Washington, D.C./NASA; John Milton: Leslie’s

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel