Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w04 6/1 bl. 29
  • Vrae van lesers

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Vrae van lesers
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2004
  • Soortgelyke materiaal
  • Onthou jy?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2004
  • ’n Les oor trots en nederigheid
    ie Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2006
  • Hoekom Dawid moet vlug
    My boek met Bybelverhale
  • Glanspunte uit die boek Tweede Samuel
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2005
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2004
w04 6/1 bl. 29

Vrae van lesers

Waarom het Dawid, ’n getroue kneg van Jehovah, sy vrou Migal toegelaat om ’n terafimbeeld, of afgod, te hê, soos 1 Samuel 19:12, 13 aandui?

Kom ons kyk eers kortliks na die konteks. Toe Dawid se vrou hoor dat koning Saul van plan was om Dawid dood te maak, het sy onmiddellik opgetree. Die Bybel sê: “Migal [het] Dawid deur die venster laat afsak, sodat hy kon weggaan en vlug en ontkom. Toe het Migal die terafimbeeld geneem [wat blykbaar die grootte en vorm van ’n man gehad het] en dit op die slaapbank gesit, en sy het ’n net van bokhaar op die plek vir sy kop gesit, waarna sy dit met ’n kleed bedek het.” Toe die boodskappers van Saul opdaag om Dawid gevange te neem, het Migal vir hulle gesê: “Hy is siek.” Hierdie set het kosbare tyd gewen, en Dawid was in staat om te ontsnap.—1 Samuel 19:11-16.

Volgens argeologiese ontdekkings is terafimbeelde in die ou tyd blykbaar nie net om godsdienstige redes besit nie, maar ook om wetlike redes. Net soos eiendomsbewyse en geskrewe testamente vandag erfregte bepaal, het terafimbeelde dit lank gelede gedoen. As ’n skoonseun die terafim besit het, kon hy blykbaar onder sekere omstandighede aanspraak maak op die nalatenskap van sy oorlede skoonvader. Dit kan verklaar waarom Ragel by ’n vroeëre geleentheid haar vader se terafimbeelde geneem het en waarom hy so gretig was om dit terug te kry. In daardie geval was Ragel se man, Jakob, onbewus van wat sy vrou gedoen het.—Genesis 31:14-34.

Toe die Israeliete ’n nasie geword het, het hulle die Tien Gebooie ontvang, waarvan die tweede gebod hulle uitdruklik verbied het om afgode te maak (Eksodus 20:4, 5). Later het die profeet Samuel op hierdie wet gesinspeel toe hy met koning Saul gepraat het. Hy het gesê: “Opstandigheid is dieselfde as die sonde van waarsêery, en om vermetel vooruit te dring dieselfde as die gebruik van towerkrag en terafim” (1 Samuel 15:23). Daarom is dit onwaarskynlik dat die terafim in Israel gebruik is om erfregte te bevestig. Maar hierdie eertydse Joodse bygeloof het klaarblyklik voortbestaan in sommige Israelitiese huishoudings (Rigters 17:5, 6; 2 Konings 23:24). Die feit dat Migal ’n terafimbeeld in haar besit gehad het, gee te kenne dat sy Jehovah nie met ’n volkome hart gedien het nie. Dawid het óf nie van die terafimbeeld geweet nie óf hy het dit geduld omdat Migal die dogter van koning Saul was.

Dawid se beskouing van uitsluitlike toegewydheid aan Jehovah kan gesien word in die woorde: “Jehovah is groot en baie lofwaardig, en hy moet meer as alle ander gode gevrees word. Want al die gode van die volke is waardelose gode. Wat Jehovah betref, hy het die hemele gemaak.”—1 Kronieke 16:25, 26.

[Prent op bladsy 29]

Die tweede van die Tien Gebooie het die maak van afgode, soos die terafim wat ons hier sien, verbied

[Erkenning]

From the book The Holy Land, Vol. II, 1859

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel