Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w04 11/15 bl. 8-9
  • “Hoe talryk is u werke, o Jehovah!”

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • “Hoe talryk is u werke, o Jehovah!”
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2004
  • Soortgelyke materiaal
  • Leer meer oor Jehovah deur sy skepping
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe) – 2023
  • Gebruik die skepping om jou kinders oor Jehovah te leer
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe) – 2023
  • Loof die Koning van die ewigheid!
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1996
  • The Wonders of Creation Reveal God’s Glory
    Ons Koninkryksbediening—2012
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2004
w04 11/15 bl. 8-9

Die prag van Jehovah se skepping

“Hoe talryk is u werke, o Jehovah!”

HETSY ons op die platteland of in die stad woon, hoog in die berge of onder by die see, ons word omring deur die ontsagwekkende prag van die skepping. Die Kalender van Jehovah se Getuies vir 2004 bevat heel gepas pragtige tonele van Jehovah God se verstommende handewerk.

Mense met waardering het nog altyd aandag geskenk aan God se werke. Dink byvoorbeeld aan Salomo, wie se wysheid “oorvloediger as die wysheid van al die Oosterlinge” was. Die Bybel sê: “Hy het oor die bome gepraat, van die seder wat op die Libanon is tot die hisop wat teen die muur uitspruit; en hy het oor die diere en oor die voëls en oor die kruipende diere en oor die visse gepraat” (1 Konings 4:30, 33). Salomo se vader, koning Dawid, het dikwels oor God se meesterstukke nagedink. Dit het hom beweeg om vir sy Maker te sê: “Hoe talryk is u werke, o Jehovah! U het hulle almal in wysheid gemaak. Die aarde is vol van wat u voortgebring het.”—Psalm 104:24.a

Dit sal ook vir ons goed wees om die skeppingswerke waar te neem en te bestudeer. Ons kan byvoorbeeld gerus ons “oë op[slaan] in die hoogte” en vra: “Wie het hierdie dinge geskep?” Wel, dit is Jehovah God, wat ’n “oorvloed van dinamiese energie” besit en wat werklik “sterk in krag” is!—Jesaja 40:26.

Hoe moet bepeinsing oor Jehovah se skeppingswerke ons raak? Op ten minste drie maniere. Dit kan (1) ons daaraan herinner dat ons ons lewe moet waardeer, (2) ons beweeg om ander te help om uit die skepping te leer en (3) ons aanspoor om ons Skepper beter te leer ken en ’n groter waardering vir hom op te bou.

Ons lewe as mense is ver verhewe bo dié van “redelose diere”, en dit stel ons in staat om die wonders van die skepping waar te neem en te waardeer (2 Petrus 2:12). Ons oë kan die pragtige natuurskoon sien. Ons ore kan die soet klanke van voëlgesang hoor. En ons sin vir tyd en plek help ons om terug te dink aan dinge wat aangename herinneringe word. Al is ons huidige lewe nie volmaak nie, is dit beslis die moeite werd!

Ouers kan genot put uit die intense belangstelling wat hulle kinders van nature in die skepping toon. Hoe geniet kinders dit tog om skulpe op die strand op te tel, ’n dier te streel, ’n boom te klim! Ouers moet hulle kinders help om die verband tussen die skepping en die Skepper te sien. Die ontsag en respek wat kinders vir Jehovah se skeppingswerke ontwikkel, kan hulle die res van hulle lewe bybly.—Psalm 111:2, 10.

Ons sal uiters kortsigtig wees as ons die skepping bewonder sonder om eer aan die Skepper te gee. Jesaja se profesie help ons om juis oor hierdie gedagte na te dink wanneer dit sê: “Het jy dit nie te wete gekom of het jy dit nie gehoor nie? Jehovah, die Skepper van die eindes van die aarde, is ’n God tot onbepaalde tyd. Hy raak nie moeg of afgemat nie. Daar is geen deurgronding van sy verstand nie.”—Jesaja 40:28.

Ja, Jehovah se werke getuig van sy ongeëwenaarde wysheid, sy weergalose krag en sy innige liefde vir ons. Wanneer ons die prag om ons sien en die eienskappe onderskei van die Een wat dit alles gemaak het, moet dit ons beweeg om Dawid se woorde te beaam: “Daar is niemand soos u . . . nie, o Jehovah, ook is daar niks soos u werke nie.”—Psalm 86:8.

Ons kan seker wees dat gehoorsame mense altyd deur Jehovah se skeppingswerke bekoor sal word. Tot in ewigheid sal ons eindelose geleenthede hê om meer van Jehovah te leer (Prediker 3:11). En hoe meer ons van hom leer, hoe groter sal ons liefde vir ons Skepper word.

[Voetnoot]

a Sien die Kalender van Jehovah se Getuies vir 2004, November/Desember.

[Venster op bladsy 9]

Lof vir die Skepper

Talle waarderende wetenskaplikes sien God se hand in die skepping. Hier is ’n paar voorbeelde:

“Die sinrykheid en vreugde van my wetenskap lê in daardie seldsame oomblikke wanneer ek iets nuuts ontdek en in my enigheid sê: ‘So; dis hoe God dit gedoen het.’ My doelwit is om ’n klein deeltjie van God se plan te verstaan.”—Henry Schaefer, professor in skeikunde.

“Wat die oorsprong van die Heelal betref, in die lig van die uitdying daarvan, moet die leser tot sy eie gevolgtrekking kom, maar ons prentjie is onvolledig sonder Hom [God].”—Edward Milne, Britse kosmoloog.

“Ons weet dat die natuur deur die allerbeste wiskunde beskryf word omdat God dit geskep het.”—Aleksander Poljakof, Russiese wiskundige.

“In ons studie van natuurlike voorwerpe nader ons die gedagtes van die Skepper, lees ons sy opvattings en vertolk ons ’n stelsel wat Syne is en nie ons s’n nie.”—Louis Agassiz, Amerikaanse bioloog.

[Prent op bladsy 8, 9]

Gentoe-pikkewyne, Antarktiese Skiereiland

[Prent op bladsy 9]

Grand Teton- Nasionale Park, Wyoming, VSA

[Erkenning]

Jack Hoehn/Index Stock Photography

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel