Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w06 3/15 bl. 26
  • Nuwe lede van die Bestuursliggaam

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Nuwe lede van die Bestuursliggaam
  • ie Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2006
  • Soortgelyke materiaal
  • Nuwe lede van die Bestuursliggaam
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2000
  • ’n Nuwe lid van die Bestuursliggaam
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2013
  • ’n Nuwe lid van die Bestuursliggaam
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe) – 2019
  • ’n Geskiedkundige vergadering
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2011
Sien nog
ie Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2006
w06 3/15 bl. 26

Nuwe lede van die Bestuursliggaam

WOENSDAGOGGEND 24 Augustus 2005 het die Bethelgesinne in die Verenigde State en Kanada, wat deur middel van video verbind is, ’n opwindende aankondiging gehoor. Van 1 September 2005 af sou twee nuwe lede—Geoffrey W. Jackson en Anthony Morris III—by die Bestuursliggaam van Jehovah se Getuies gevoeg word.

Broer Jackson het in Februarie 1971 as ’n pionier in Tasmanië, die eilandstaat van Australië, begin dien. In Junie 1974 het hy met Jeanette (Jenny) getrou. Kort daarna is hulle as spesiale pioniers aangestel. Tussen 1979 en 2003 het hulle as sendelinge gedien in Toewaloe, Samoa en Fidji—eilande in die Stille Suidsee. Terwyl hulle op die eilande was, het broer en suster Jackson ook grootliks gehelp met die vertaling van Bybellektuur. Van 1992 af het broer Jackson op die Takkomitee in Samoa gedien, en van 1996 af op die Takkomitee in Fidji. In April 2003 het hy en Jenny lede van die Bethelgesin in die Verenigde State geword en in die Vertaaldiensteafdeling begin werk. Kort daarna is broer Jackson as ’n helper vir die Onderrigtingskomitee van die Bestuursliggaam aangestel.

Broer Morris het in 1971 in die Verenigde State as ’n pionier begin dien. In Desember van daardie jaar het hy met Susan getrou, en hulle het byna vier jaar lank in die pionierdiens gebly totdat hulle eerste seun, Jesse, gebore is. Later het hulle nog ’n seun, Paul, gehad. Broer Morris het in 1979 sy voltydse diens as ’n gewone pionier hervat. Sy vrou het by hom aangesluit nadat die seuns begin skoolgaan het. Die gesin het gedien waar hulp nodig was in Rhode-eiland en Noord-Carolina, in die Verenigde State. In Noord-Carolina het broer Morris as ’n waarnemende kringopsiener gedien, en die seuns het die gewone pionierdiens betree. Jesse en Paul is op die ouderdom van 19 na die takkantoor in die Verenigde State genooi. Intussen het broer Morris met kringwerk begin. Toe, in 2002, is hy en Susan na Bethel genooi, waar hulle op 1 Augustus in hulle nuwe toewysing begin dien het. Broer Morris het in die Diensafdeling by Patterson begin werk en is later aangestel as ’n helper vir die Dienskomitee van die Bestuursliggaam.

Benewens hierdie twee nuwe lede, bestaan die Bestuursliggaam uit C. W. Barber; J. E. Barr; S. F. Herd; M. S. Lett; G. Lösch; T. Jaracz; G. H. Pierce; A. D. Schroeder; D. H. Splane en D. Sydlik. Alle lede van die Bestuursliggaam is gesalfde Christene.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel