Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w06 7/15 bl. 3
  • Wat is God se Koninkryk?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Wat is God se Koninkryk?
  • ie Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2006
  • Soortgelyke materiaal
  • Wat was die eerste sonde?
    Ontwaak!—2006
  • Hoe was die lewe in die Paradys?
    Luister na God en lewe vir ewig
  • Die mens verloor die Paradys
    Die Bybel—Wat is die boodskap daarin?
  • Waarom goddeloosheid voortduur
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2007
Sien nog
ie Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2006
w06 7/15 bl. 3

Wat is God se Koninkryk?

WAT ’n verskriklike tragedie het die mensdom vroeg in sy geskiedenis getref! ’n Engel het in opstand gekom teen die gesag van die Een wat hom geskep het. Hierdie opstandeling het die eerste vrou, Eva, verlei om die verbode vrug te eet. Met verwysing na haar en haar man, Adam, het die engel gesê: “Julle sal sekerlik nie sterf nie. Want God weet dat die dag as julle daarvan eet, julle oë sekerlik geopen sal word en julle sekerlik soos God sal word deur goed en kwaad te ken” (Genesis 2:16, 17; 3:1-5). Die opstandige engel is later Duiwel en Satan genoem.—Openbaring 12:9.

Het Eva na Satan se woorde geluister? Die Bybel sê vir ons: “Die vrou [het] gesien dat die boom goed is vir voedsel en dat dit ’n lus vir die oë is, ja, die boom was begeerlik om na te kyk. Toe het sy van sy vrugte begin neem en dit geëet. Daarna het sy ook vir haar man daarvan gegee toe hy by haar was, en hy het dit begin eet” (Genesis 3:6). Ja, die eerste mensepaar, Adam en Eva, het by Satan in sy opstand aangesluit. Gevolglik het hulle die Paradys vir hulleself en vir hulle nakomelinge verloor. Kinders wat veronderstel was om volmaak gebore te word met die vooruitsig op ewige lewe, sou sonde en die dood erf.—Romeine 5:12.

Hoe het Jehovah God, die Soewereine Heerser van die heelal, gereageer? Hy het hom voorgeneem om voorsiening te maak vir die vergifnis van sondes (Romeine 5:8). Jehovah God het ook ’n regeringsreëling ingestel om die krisis te hanteer. Hierdie reëling word “die koninkryk van God” genoem (Lukas 21:31). Hierdie Koninkryk, wat ondergeskik is aan God se universele heerskappy, is met ’n spesifieke doel opgerig.

Wat is die doel van God se Koninkryk? Wat is sommige van die aspekte daarvan, en hoe vergelyk dit met menseheerskappy? Wanneer sou die Koninkryk begin regeer? Hierdie vrae sal in die volgende artikel bespreek word.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel