Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w08 7/1 bl. 3
  • Wanneer ’n geliefde sterf

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Wanneer ’n geliefde sterf
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2008
  • Soortgelyke materiaal
  • Hoe om droefheid te verwerk
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2008
  • Hulp vir dié wat treur
    Ontwaak!—2011
  • Is dit normaal om so te voel?
    Wanneer ’n geliefde sterf
  • Hoe om die verlies te aanvaar
    Ontwaak!—2011
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2008
w08 7/1 bl. 3

Wanneer ’n geliefde sterf

Op Dinsdagaand 17 Julie 2007, omstreeks sewe-uur, het ’n passasiersvliegtuig van die aanloopbaan afgegly by Brasilië se besigste lughawe, in die hartjie van São Paulo. Die vliegtuig het oor ’n hoofweg geskiet en teen ’n vragdepot gebots. Ongeveer 200 mense het in die ongeluk gesterf.

DIT is as Brasilië se ergste vliegtuigongeluk beskryf en sal ongetwyfeld ingebrand bly in die geheue van dié wat geliefdes verloor het. Claudete was een van hulle. Sy het TV gekyk toe sy die nuus van die vliegtuigongeluk hoor. Haar seun, Renato, was op die vliegtuig. Hy was net 26 jaar oud. Hy sou in Oktober trou. Claudete het hom desperaat op sy selfoon in die hande probeer kry, maar daar was geen antwoord nie. Sy het op die vloer inmekaargesak en ontroosbaar gehuil.

In Januarie 1986 het Antje haar verloofde in ’n tragiese motorongeluk verloor. Toe sy die nuus hoor, was sy in ’n toestand van skok. “Eers kon ek dit nie glo nie. Dit het soos ’n nare droom gevoel waaruit ek skielik sou wakker word en uitvind dat dit nie waar is nie. Ek het gebewe en verskriklike pyn ervaar asof iemand my in die maag geslaan het.” Daarna het Antje drie jaar lank aan depressie gely. Hoewel die ongeluk meer as 20 jaar gelede plaasgevind het, laat dit haar nog steeds bewe wanneer sy daaraan dink.

Blote woorde kan nie die oorweldigende gevoel van skok, ongeloof, leegheid en wanhoop beskryf wat deur sulke tragiese, onverwagse verliese veroorsaak kan word nie. Maar selfs wanneer ons die dood van ’n geliefde verwag, soos ná ’n lang siekte, kan die verdriet steeds baie intens wees. Niemand is ooit heeltemal voorbereid op die dood van ’n geliefde nie. Nanci se ma het in 2002 ná ’n lang siekbed gesterf. Maar die dag toe haar ma oorlede is, het Nanci in ’n toestand van algehele skok op die hospitaalvloer gaan sit. Dit het vir haar gevoel of die lewe geen sin meer het nie. Vyf jaar het verloop, maar sy huil nog steeds wanneer sy aan haar ma dink.

“Mense kom nooit oor die dood [van ’n geliefde] nie, hulle raak net gewoond daaraan”, het dr. Holly G. Prigerson gesê. As jy ’n geliefde aan die dood afgestaan het, hetsy onverwags of nie, wonder jy miskien: ‘Is dit normaal om te treur? Hoe kan ek die dood van ’n geliefde verwerk? Sal ek my geliefde ooit weer sien?’ Die volgende artikel sal hierdie en ander vrae wat jy dalk het, bespreek.

[Foto-erkenning op bladsy 3]

EVERTON DE FREITAS/AFP/Getty Images

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel