Vir ons jongmense
’n Broer se woede
Instruksies: Doen hierdie oefening op ’n stil plek. Stel jou voor dat jy deel is van die gebeurtenis terwyl jy die tekste lees. Visualiseer die toneel. Hoor die stemme. Ervaar die emosies van die hoofkarakters. Leef jou volkome in die verslag in.
ONTLEED DIE TONEEL.—LEES GENESIS 4:1-12.
As jy jou verbeelding gebruik, hoe sal jy Kain se voorkoms en gesindheid beskryf? Wat van Abel?
․․․․․
Watter “werke van die vlees” het Kain geopenbaar, en hoe was dit duidelik? (Galasiërs 5:19-21).
․․․․․
DELF DIEPER.—LEES WEER VERSE 4-7.
Was dit net die offerandes wat Jehovah aanvaar of verwerp het, of was daar iets anders by betrokke? (Spreuke 21:2).
․․․․․
In watter omstandighede is dit dalk reg om kwaad te word, maar waarom was dit heeltemal verkeerd dat Kain “baie kwaad geword” het?
․․․․․
Wanneer is dit miskien reg om jaloers te wees, maar waarom was dit nie reg in Kain se geval nie? (1 Konings 19:10).
․․․․․
Wat kon Kain gedoen het om ‘die oorhand oor’ sy woede te kry?
․․․․․
PAS TOE WAT JY GELEER HET. SKRYF NEER WAT JY GELEER HET OOR . . .
Woede.
․․․․․
Jaloesie.
․․․․․
Hoe om ‘die oorhand te kry’ oor verkeerde neigings.
․․․․․
WATTER ASPEKTE VAN HIERDIE VERSLAG IS VIR JOU DIE BETEKENISVOLSTE, EN WAAROM?
․․․․․