Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w08 8/1 bl. 26
  • Het jy geweet?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Het jy geweet?
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2008
  • Soortgelyke materiaal
  • Bediening by die tempel voltooi
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1990
  • Bediening by die tempel voltooi
    Die grootste mens wat nog geleef het
  • Argeologie—Is dit noodsaaklik vir geloof?
    Ontwaak!—2002
  • Jehovah, die God van kommunikasie
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2015
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2008
w08 8/1 bl. 26

Het jy geweet?

Watter taal het Jesus gepraat?

Geleerdes verskil oor watter taal Jesus gepraat het. Dit lyk nietemin asof Jesus, as ’n man op aarde, waarskynlik ’n vorm van Hebreeus en ’n dialek van Aramees gepraat het. Toe Jesus in Nasaret in Galilea gekom het en daar in die sinagoge ingegaan het, het hy uit die profesie van Jesaja gelees, blykbaar soos dit in Hebreeus geskryf is. Daar is geen aanduiding dat Jesus hierdie gedeelte in Aramees vertaal het nie.—Lukas 4:16-21.

Professor G. Ernest Wright sê aangaande tale wat in Palestina gepraat is toe Jesus Christus op die aarde was: “Grieks en Aramees was klaarblyklik die omgangstale . . . Romeinse soldate en amptenare sou Latyn met mekaar gepraat het, terwyl ortodokse Jode waarskynlik ’n latere vorm van Hebreeus met mekaar gepraat het.” Dit is geen wonder nie dat die teken wat Pilatus aan Jesus se folterpaal laat aanbring het, in drie tale geskryf is—Hebreeus, Latyn en Grieks.—Johannes 19:20.

Alan Millard sê in sy boek Discoveries From the Time of Jesus: “In die uitvoering van hulle daaglikse pligte het die Romeinse goewerneurs ongetwyfeld Grieks gepraat, en Jesus het dalk Pilatus se vrae tydens sy verhoor in Grieks beantwoord.” Al dui die Bybel nie aan of dit die geval was nie, is dit interessant om daarop te let dat dit nie sê dat ’n tolk vir hierdie gesprek gebruik is nie.—Johannes 18:28-40.

Volgens professor Wright “is dit onmoontlik om met sekerheid te weet of [Jesus] Grieks of Latyn kon praat, maar in sy onderrigtingswerk het hy gereeld Aramees of die algemene Hebreeus gepraat, wat sterk deur Aramees beïnvloed is”.—Biblical Archaeology, 1962, bladsy 243.

Hoe groot was die tempelklippe in Jerusalem?

Toe die dissipels met Jesus oor die tempel in Jerusalem gepraat het, het een van hulle gesê: “Leermeester, kyk! watter klippe en watter geboue!” (Markus 13:1). Presies hoe groot was party van hierdie klippe?

Teen die tyd dat Jesus op die aarde was, het koning Herodes die Tempelberg twee maal so groot gemaak as wat dit in Salomo se tyd was. Dit was die grootste mensgemaakte platform in die antieke wêreld en was ongeveer 480 meter by 280 meter groot. Van die boustene, of vormklippe, was na bewering 11 meter lank, 5 meter breed en 3 meter hoog. ’n Paar het meer as 50 ton elk geweeg. Een het selfs amper 400 ton geweeg en was volgens een geleerde “wat grootte betref sonder gelyke in die hele antieke wêreld”.

In reaksie op sy dissipel se woorde het Jesus gesê: “Sien jy hierdie groot geboue? Hier sal hoegenaamd nie ’n klip op ’n klip gelaat word wat nie afgebreek sal word nie” (Markus 13:2). ’n Mens kan nog altyd baie van hierdie ontsaglike klippe sien lê waar hulle geval het nadat hulle in 70 G.J. deur Romeinse soldate losgebreek en afgestoot is.

[Prent op bladsy 26]

Tempelklippe wat om die tempelberg in Jerusalem neergegooi is

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel