Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w09 1/1 bl. 19
  • Het jy geweet?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Het jy geweet?
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2009
  • Soortgelyke materiaal
  • Wie was Pontius Pilatus?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2005
  • Vrae van lesers
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1991
  • Het jy geweet?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2011
  • Jesus word oorgelewer en weggelei om doodgemaak te word
    Jesus – Die weg, die waarheid, die lewe
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2009
w09 1/1 bl. 19

Het jy geweet?

Het Pontius Pilatus rede gehad om die keiser te vrees?

In ’n poging om druk op die Romeinse goewerneur Pontius Pilatus uit te oefen om Jesus tereg te stel, het die Joodse leiers gesê: “As u hierdie man vrylaat, is u nie ’n vriend van die keiser nie” (Johannes 19:12). Die “keiser” wat hier genoem word, was die Romeinse keiser Tiberius. Het Pilatus enige rede gehad om hierdie keiser te vrees?

Watter soort persoon was keiser Tiberius? Jare voor Jesus se verhoor was Tiberius alreeds “’n man wat blykbaar net belanggestel het in die bevrediging van sy eie begeertes en die toenemend verdorwe maniere om dit te doen”, sê The New Encyclopædia Britannica. Paranoia het hom beweeg om enigiemand wat selfs net van verraad verdink is, te martel en tereg te stel. “As die geskiedkundiges van daardie tyd geglo kan word”, sê dieselfde naslaanwerk, “was sy gunstelingvermaaklikhede wreed en weersinwekkend. Selfs volgens die gunstigste interpretasie het hy mense meedoënloos en feitlik voor die voet doodgemaak.”

Tiberius se reputasie het dus heel moontlik ’n rol gespeel in Pilatus se besluit om voor die druk van die Joodse leiers te swig en te beveel dat Jesus tereggestel word.—Johannes 19:13-16.

Waarom het Jesus die voete van sy apostels gewas?

In eertydse Israel het talle gewone mense hulle daaglikse take kaalvoet verrig. Andersins het mense sandale gedra, wat nie veel meer was as sole wat met riempies aan die voet en enkel vasgebind is nie. Aangesien die paaie en veld stowwerig of modderig was, was dit onvermydelik dat mense se voete vuil sou word.

Dit was dus gebruiklik vir ’n persoon om sy sandale uit te trek wanneer hy in ’n huis ingaan. Gasvryheid het vereis dat ’n gas se voete gewas word. Hierdie taak is deur die huisheer of deur ’n dienskneg verrig. Die Bybel bevat ’n hele paar verwysings na hierdie gebruik. Abraham het byvoorbeeld vir besoekers aan sy tent gesê: “Laat daar tog ’n bietjie water gehaal word, en julle moet julle voete laat was. Gaan lê dan onder die boom. En laat ek ’n stukkie brood gaan haal, en verkwik julle hart.”—Genesis 18:4, 5; 24:32; 1 Samuel 25:41; Lukas 7:37, 38, 44.

Hierdie agtergrondinligting werp lig op waarom Jesus gedurende sy laaste Pasga saam met sy dissipels hulle voete gewas het. By daardie geleentheid was daar geen huisheer of dienskneg om hierdie taak te verrig nie, en klaarblyklik het nie een van die dissipels aangebied om dit te doen nie. Deur ’n kom water en ’n handdoek te neem om sy apostels se voete te was en af te droog, het Jesus dus hierdie manne ’n les in liefde en nederigheid geleer.—Johannes 13:5-17.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel