Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w09 7/1 bl. 3
  • Kan ’n mens die Bybel verstaan?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Kan ’n mens die Bybel verstaan?
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2009
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Wil die Outeur hê dat ons sy Woord moet verstaan?
  • 3. Aanvaar hulp van ander
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2009
  • Antwoorde op Bybelvrae
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2013
  • 1. Vra die Outeur vir hulp
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2009
  • Verstaan jy dit dalk net verkeerd?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Publieke uitgawe)—2017
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2009
w09 7/1 bl. 3

Kan ’n mens die Bybel verstaan?

“Ons gesin het elke Sondag die Bybel gelees. Ek het dit nie regtig geniet nie. Ek het geglo dat die Bybel God se Woord is, maar ’n groot deel van wat ek gelees het, was baie moeilik om te verstaan.”—Steven, Brittanje.

“Toe ek 17 was, het ek die Bybel probeer lees. Dit was vir my baie moeilik om dit te verstaan, en daarom het ek net opgehou.”—Valvanera, Spanje.

“Ek het die Bybel een keer deurgelees omdat ek gevoel het dat ek as ’n Katoliek dit moet lees. Dit het my drie jaar geneem! Maar ek het baie min verstaan.”—Jo-Anne, Australië.

DIE Bybel bly die gewildste boek ter wêreld. Dit is nog steeds die topverkoper onder boeke; dit is beskikbaar aan meer mense, in meer tale en in meer formate as ooit tevore. Maar baie wat ’n Bybel het, vind dit moeilik om te verstaan. Is dit ook met jou die geval?

Wil die Outeur hê dat ons sy Woord moet verstaan?

“Die hele Skrif is deur God geïnspireer”, sê die Bybel (2 Timoteus 3:16). Ja, Jehovah God is die Outeur van die Bybel. Wil hy hê dat ons sy Woord moet verstaan? Of het hy die Bybel doelbewus onverstaanbaar gemaak vir almal behalwe ’n paar bevoorregtes, soos geestelikes en Bybelgeleerdes?

Kyk na die volgende verse uit die Bybel self:

“Hierdie gebod wat ek jou vandag beveel, is nie te moeilik vir jou nie, en ook is dit nie ver nie.”—Deuteronomium 30:11.

“Die onthulling van u woorde gee lig; dit laat die onervarenes verstaan.”—Psalm 119:130.

“In daardie selfde uur het [Jesus] begin oorloop van vreugde in die heilige gees en gesê: ‘Ek loof u in die openbaar, Vader, Here van hemel en aarde, omdat u hierdie dinge sorgvuldig vir die wyse en intellektuele mense verberg het en dit aan klein kindertjies geopenbaar het.’”—Lukas 10:21.

Die Outeur van die Bybel wil beslis hê dat jy sy Woord moet verstaan! Maar die feit is dat talle opregte mense dit moeilik vind om hierdie boek te verstaan. Wat kan help? Die artikels wat volg, sit drie voorstelle uiteen wat jou kan help om die Bybel te verstaan.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel