Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w09 9/1 bl. 24
  • ’n Wonderwerk by die Pinksterfees!

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • ’n Wonderwerk by die Pinksterfees!
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2009
  • Soortgelyke materiaal
  • Die vernietiging van Sodom en Gomorra
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2008
  • Jesus genees mense wonderdadig
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2008
  • Jesus verstom sy toehoorders
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2008
  • Petrus se verloëning van Jesus
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2008
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2009
w09 9/1 bl. 24

Vir ons jongmense

’n Wonderwerk by die Pinksterfees!

Instruksies: Doen hierdie oefening op ’n stil plek. Stel jou voor dat jy deel is van die gebeurtenis terwyl jy die tekste lees. Visualiseer die toneel. Hoor die stemme. Ervaar die emosies van die karakters. Leef jou in die verslag in!

ONTLEED DIE TONEEL.—LEES HANDELINGE 2:1-21, 38-41.

Wat kom in jou gedagtes op wanneer jy in die verslag lees van die “voortstuwende, stywe bries” en die “tonge soos van vuur”?

․․․․․

Wat dink jy het die mense gesê toe hulle verbaas was om die dissipels in vreemde tale te hoor praat?

․․․․․

Watter gesigsuitdrukkings dink jy het die skeptiese persone wat in vers 13 beskryf word, gehad?

․․․․․

DELF DIEPER.

Watter soort geleentheid was Pinkster, en watter uitwerking het hierdie fees dalk gehad op die gees van die skare wat in Jerusalem byeen was? (Deuteronomium 16:10-12).

․․․․․

Hoe het Petrus respek getoon toe hy met sy toehoorders gepraat het, en hoe het hy gemeenskaplike grond met hulle probeer vind? (Handelinge 2:29).

․․․․․

Hoe het Petrus se vrymoedigheid by die Pinksterfees ’n skerp kontras gevorm met sy vroeëre ondervinding in die binnehof van die hoëpriester? (Matteus 26:69-75).

․․․․․

PAS TOE WAT JY GELEER HET. SKRYF NEER WAT JY GELEER HET OOR . . .

Hoe belangrik dit is om gemeenskaplike grond met ons toehoorders te vind en respekvol met hulle te praat wanneer ons hulle van ons Bybelse oortuigings vertel.

․․․․․

Jou potensiaal om ’n vrymoedige Getuie vir Jehovah te wees, al voel jy nou ietwat skaam of bang.

․․․․․

WATTER ASPEK VAN HIERDIE VERSLAG IS VIR JOU DIE BETEKENISVOLSTE, EN WAAROM?

․․․․․

Vir verdere navorsing, sien Die Wagtoring van 15 September 1996, bladsye 8-9.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel