Vir jongmense
’n Les in God se barmhartigheid
JONA—DEEL 2
Instruksies: Doen hierdie oefening op ’n stil plek. Stel jou voor dat jy deel is van die gebeurtenis terwyl jy die tekste lees. Visualiseer die toneel. Hoor die stemme. Ervaar die emosies van die karakters. Leef jou in die verslag in.
1 ONTLEED DIE TONEEL.—LEES JONA 3:1–4:11.
Hoe dink jy het Jona gevoel toe hy die stad Nineve binnegegaan het?
․․․․․
Watter emosie hoor jy in Jona se stem terwyl hy Jehovah se oordeel verkondig het?
․․․․․
Watter ongemak moes Jona verduur het terwyl hy buite die stad gesit het? (Sien Jona 4:5-8.) ․․․․․
2 DELF DIEPER.
Waarom wou Jona dalk gehad het dat Jehovah Nineve moes vernietig soos voorspel is?
․․․․․
Gebruik die navorsingshulpe wat jy het om iets uit te vind oor (1) hoe ’n kalbasplant lyk en wat die kenmerke daarvan is en (2) waarom dit betekenisvol is dat die koning van Nineve hom met saklinne bedek en in die as gaan sit het.
․․․․․
Waarom kan Jona ’n getroue en moedige profeet genoem word, al wou hy eers nie in Nineve profeteer nie? (Matteus 21:28-31).
․․․․․
3 PAS TOE WAT JY GELEER HET. SKRYF NEER WAT JY GELEER HET OOR . . .
Die feit dat mense wat ’n goddelose lewe lei, kan verander.
․․․․․
Jehovah se barmhartigheid.
․․․․․
Die feit dat ons barmhartig moet wees.
․․․․․
4 WAT OMTRENT HIERDIE VERSLAG IS VIR JOU DIE BETEKENISVOLSTE, EN WAAROM?
․․․․․
Vir verdere navorsing, sien Die Wagtoring van 1 April 2009, bladsye 14-18.
KAN JY DIT AANLYN LEES BY
www.watchtower.org