Vir jongmense
Hoe om lojale vriende te vind
Instruksies: Doen hierdie oefening op ’n stil plek. Stel jou voor dat jy deel is van die gebeurtenis terwyl jy die tekste lees. Visualiseer die toneel. Hoor die stemme. Ervaar die emosies van die karakters. Leef jou in die verslag in.
Hoofkarakters: Jonatan, Dawid en Saul
Opsomming: Nadat Dawid vir Goliat doodgemaak het, word Jonatan Dawid se beste vriend.
1 ONTLEED DIE TONEEL.—LEES 1 SAMUEL 17:57–18:11; 19:1; 20:1-17, 41, 42.
Beskryf Saul se voorkoms soos jy jou dit voorstel. (Leidraad: Sien 1 Samuel 10:20-23.)
․․․․․
Dawid was waarskynlik ’n tiener toe hy Jonatan ontmoet het. Hoe dink jy het hy gelyk? (Leidraad: Sien 1 Samuel 16:12, 13.)
․․․․․
Watter emosies neem jy waar in die stemme van Dawid en Jonatan wanneer hulle paaie aan die einde van 1 Samuel hoofstuk 20 skei? ․․․․․
2 DELF DIEPER.
Die verslag sê dat “die siel van Jonatan aan die siel van Dawid verkleef geraak” het—of soos die Contemporary English Version dit stel: “Dawid en Jonatan het beste vriende geword” (1 Samuel 18:1). Watter eienskappe het Dawid gehad wat Jonatan moontlik tot hom aangetrokke laat voel het? (Leidraad: Sien 1 Samuel 17:45, 46.)
․․․․․
Die ouderdomsverskil tussen Dawid en Jonatan was ongeveer 30 jaar. Watter faktore dink jy het hulle gehelp om ondanks die ouderdomsverskil “beste vriende” te word?
․․․․․
Wat is ’n paar kenmerke van ’n ware vriend, soos hierdie boeiende verslag toon? (Leidraad: Sien Spreuke 17:17; 18:24.)
․․․․․
Waarom het Jonatan lojaliteit aan Dawid bo lojaliteit aan sy eie pa gestel?
․․․․․
3 PAS TOE WAT JY GELEER HET. SKRYF NEER WAT JY GELEER HET OOR . . .
Vriendskap.
․․․․․
Lojaliteit.
․․․․․
Vriendskappe met ouer mense.
․․․․․
Hoe kan jy die beste soort vriende tot jou aantrek?
․․․․․
4 WAT OMTRENT HIERDIE VERSLAG IS VIR JOU DIE BETEKENISVOLSTE, EN WAAROM?
․․․․․
AS JY NIE ’N BYBEL HET NIE, KAN JY JEHOVAH SE GETUIES VIR EEN VRA OF DIT AANLYN LEES BY www.watchtower.org