Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w10 10/1 bl. 9
  • 5 Maak dit saak waar en wanneer?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • 5 Maak dit saak waar en wanneer?
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2010
  • Soortgelyke materiaal
  • Kom nader aan God deur gebed
    Geniet die lewe vir ewig! – Bybellesse wat jou kan help
  • Jesus leer ons bid
    Leer by die Groot Onderwyser
  • Die voorreg van gebed
    Wat kan die Bybel ons leer?
  • Bid vir mekaar
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1984
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2010
w10 10/1 bl. 9

Gebed

5 Maak dit saak waar en wanneer?

JY HET ongetwyfeld al opgemerk dat die meeste georganiseerde godsdienste die klem op swierige huise van gebed lê en spesifieke tye in die dag vasstel wanneer gebede gedoen moet word. Beperk die Bybel ons gebede tot sekere plekke en tye?

Die Bybel toon wel dat daar gepaste geleenthede vir gebed is. Byvoorbeeld, voordat Jesus saam met sy volgelinge geëet het, het hy God in gebed gedank (Lukas 22:17). En wanneer sy dissipels vir aanbidding vergader het, het hulle saam gebid. Hulle het sodoende ’n gebruik voortgesit wat lank in Joodse sinagoges en in die tempel in Jerusalem gevolg is. God wou hê dat die tempel “’n huis van gebed . . . vir al die nasies” moes wees.—Markus 11:17.

Wanneer knegte van God vergader en saam bid, kan hulle versoeke resultate oplewer. As die groep in gees verenig is en die gebed wat namens hulle gedoen word, skriftuurlike beginsels weerspieël, behaag dit God. Die gebed kan hom selfs beweeg om iets te doen wat hy andersins nie sou gedoen het nie (Hebreërs 13:18, 19). Jehovah se Getuies bid gereeld by hulle vergaderinge. Jy word hartlik genooi om na ’n Koninkryksaal naby jou te kom en hierdie gebede self te hoor.

Maar die Bybel beperk gebed nie tot ’n spesifieke tyd of plek nie. In die Bybel het God se knegte enige tyd en op enige plek gebid. Jesus het gesê: “Wanneer jy bid, gaan in jou binnekamer in, en nadat jy jou deur toegemaak het, bid tot jou Vader wat in die geheim is; dan sal jou Vader wat in die geheim toekyk, jou beloon.”—Matteus 6:6.

Is dit nie ’n aanloklike vooruitsig nie? Jy kan die Soewerein van die heelal in werklikheid enige tyd, in algehele privaatheid, nader en verseker wees dat hy na jou sal luister. Dit is dan geen wonder dat Jesus hom dikwels afgesonder het om te bid nie! Hy het eenkeer die hele nag in gebed tot God deurgebring omdat hy klaarblyklik leiding in verband met ’n baie belangrike besluit gesoek het.—Lukas 6:12, 13.

Ander mans en vroue in die Bybel het gebid wanneer hulle voor gewigtige besluite of oorweldigende uitdagings te staan gekom het. Hulle het soms hardop gebid en soms stilswyend; hulle het in groepe gebid en op hulle eie. Wat belangrik is, is dat hulle gebid het. God nooi sy knegte selfs: “Bid onophoudelik” (1 Tessalonisense 5:17). Hy is bereid om eindeloos te luister na dié wat sy wil doen. Is dit nie ’n liefdevolle uitnodiging nie?

In vandag se siniese wêreld wonder baie natuurlik of gebed enige praktiese waarde het. Jy vra dalk: ‘Sal dit my werklik help?’

[Lokteks op bladsy 9]

Ons kan enige tyd en op enige plek bid

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel