Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w11 4/1 bl. 10
  • Het jy geweet?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Het jy geweet?
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2011
  • Soortgelyke materiaal
  • Pilatus roep uit: “Kyk! Hier is die man!”
    Jesus – Die weg, die waarheid, die lewe
  • “Dáár is die mens!”
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1991
  • “Dáár is die mens!”
    Die grootste mens wat nog geleef het
  • Het jy geweet?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2012
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2011
w11 4/1 bl. 10

Het jy geweet?

Watter misdade het Barabbas gepleeg?

▪ Al vier Evangelies meld Barabbas, die man wat die Romeinse heerser Pontius Pilatus in die plek van Jesus vrygelaat het. Barabbas word “’n berugte gevangene” en “’n rower” genoem (Matteus 27:16; Johannes 18:40). Hy was in Jerusalem in Romeinse aanhouding “saam met die opstandelinge, wat in hulle opstand moord gepleeg het”.—Markus 15:7.

Hoewel daar geen sekulêre bewys van Barabbas se misdade bestaan nie, laat die feit dat hy saam met die opstandelinge genoem word, party geleerdes tot die gevolgtrekking kom dat hy betrokke was by ondermynende groepe in eerste-eeuse Israel. Die geskiedskrywer Flavius Josefus skryf dat bendes misdadigers ’n groot rol gespeel het in die maatskaplike stryd van daardie tyd; sulke misdadigers het beweer dat hulle geregtigheid vir die onderdrukte Joodse burgers probeer bewerkstellig. Die opstandigheid teen die vermeende ongeregtighede van die Romeine en van die Joodse adelstand was teen die middel van die eerste eeu HJ wydverspreid. Bendes misdadigers het later ’n groot deel uitgemaak van die Joodse magte wat die Romeine in 66 HJ uit Judea verdryf het.

“Barabbas het moontlik aan een van die plattelandse bendes behoort”, sê The Anchor Bible Dictionary. “Hierdie bendes was gewild onder die gewone mense omdat hulle die rykes in Israel beroof het en groot ontwrigting vir die Romeinse regering veroorsaak het.”

Watter misdade het in Romeinse tye ’n dood soos dié van Jesus verdien?

▪ Die Romeine het ondermyners van die regering, voëlvryverklaardes en ander opstandelinge gestraf deur hulle aan ’n folterinstrument vas te maak en hulle daar te laat om dood te gaan. Hierdie straf is beskou as die ergste manier om te sterf.

“Dit is in die openbaar gedoen en was vernederend en pynlik”, sê die boek Palestine in the Time of Jesus, “en was bedoel om vrees in te boesem by enigiemand wat dit sou waag om die status uo te probeer ontwrig.” ’n Eertydse Romeinse skrywer het van die teregstelling van misdadigers gesê: “Die besigste paaie word gekies, waar die meeste mense dit kan sien en afgeskrik sal word.”

Volgens Josefus is een krygsgevangene wat deur Titus se troepe gedurende die beleg van Jerusalem in 70 HJ gevange geneem is, voor die stadsmure op hierdie manier tereggestel in ’n poging om die verdedigers te intimideer sodat hulle hulle sou oorgee. Toe die stad uiteindelik geval het, is baie ander op dieselfde manier doodgemaak.

Die grootste opgetekende massateregstelling in die geskiedenis wat op hierdie manier uitgevoer is, het plaasgevind aan die einde van ’n opstand onder aanvoering van Spartakus (73-71 VHJ), toe 6 000 slawe en gladiators langs die pad van Capua na Rome tereggestel is.

[Prent op bladsy 10]

“Gee vir ons Barabbas” deur Charles Muller, 1878

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel