Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w12 4/1 bl. 30-31
  • Moses ontvang ’n spesiale toewysing

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Moses ontvang ’n spesiale toewysing
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2012
  • Soortgelyke materiaal
  • Die vernietiging van Sodom en Gomorra
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2008
  • Jesus genees mense wonderdadig
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2008
  • Jesus verstom sy toehoorders
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2008
  • Jesus weerstaan versoekings
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2009
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2012
w12 4/1 bl. 30-31

Vir jongmense

Moses ontvang ’n spesiale toewysing

Instruksies: Doen hierdie oefening op ’n stil plek. Terwyl jy die tekste lees, stel jou voor dat jy toekyk terwyl die gebeure afspeel. Visualiseer die toneel. Hoor die stemme. Ervaar die emosies van die hoofkarakters. Leef jou in die verslag in.

Hoofkarakters: Jehovah God en Moses

Opsomming: Jehovah beveel Moses om die Israeliete uit Egipte te lei.

1 ONTLEED DIE TONELE.—LEES EKSODUS 3:1-14; 4:1-17.

Beskryf hoe jy dink die brandende bos gelyk het.

․․․․․

Hoe stel jy jou Moses se gesigsuitdrukking en stem voor toe hy God se woorde aan hom gehoor het en Hom geantwoord het, soos opgeteken in Eksodus 3:4?

․․․․․

Watter emosies “hoor” jy in Moses se stem terwyl hy Jehovah die vrae vra wat in Eksodus 3:11, 13 en 4:1, 10 opgeteken is?

․․․․․

2 DELF DIEPER.

Gebruik die navorsingshulpe wat tot jou beskikking is om meer te leer oor die woorde: “Ek sal word wat ek sal word” (Eksodus 3:14). Waarom het Jehovah hierdie woorde gesê toe Moses hom oor sy naam gevra het?a

․․․․․

Waarom dink jy het Moses gehuiwer om Farao te nader? (Leidraad: Lees Numeri 12:3.)

․․․․․

Waarom was Moses dalk huiwerig om sy mede-Israeliete te nader?

․․․․․

3 PAS TOE WAT JY GELEER HET. SKRYF NEER WAT JY GELEER HET OOR . . .

Die mens se neiging om ’n gebrek aan selfvertroue te hê.

․․․․․

Jehovah se vertroue in jou en jou vermoëns.

․․․․․

VIR VERDERE TOEPASSING.

In watter fasette van jou lewe het jy ’n gebrek aan selfvertroue?

․․․․․

Hoe kan Jehovah God jou gebruik ondanks jou beperkings?

․․․․․

4 WAT OMTRENT HIERDIE VERSLAG IS VIR JOU DIE BETEKENISVOLSTE, EN WAAROM?

․․․․․

Om hierdie artikel af te laai en/of te druk, gaan na www.pr2711.com

AS jy nie ’n Bybel het nie, kan jy Jehovah se Getuies vir een vra of dit aanlyn lees by www.watchtower.org

[Voetnoot]

a Jehovah se Getuies publiseer ’n aantal boeke en brosjures wat jou kan help om dieper te delf in jou studie van die Bybel. Vir meer inligting, kom gerus in aanraking met Jehovah se Getuies in jou omgewing of skryf aan die uitgewers van hierdie tydskrif.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel