Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w14 4/1 bl. 16
  • Antwoorde op Bybelvrae

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Antwoorde op Bybelvrae
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2014
  • Soortgelyke materiaal
  • Antwoorde op Bybelvrae
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2014
  • Antwoorde op Bybelvrae
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2013
  • Antwoorde op Bybelvrae
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2013
  • Antwoorde op Bybelvrae
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2015
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2014
w14 4/1 bl. 16
Jesus se hand met ’n lap, asof hy die aarde skoonvee

ANTWOORDE OP BYBELVRAE

Wat sal Jesus in die toekoms doen?

In die jaar 33 HJ het Jesus gesterf, uit die dood opgestaan en na die hemel opgevaar. Lank daarna het Jesus gesag ontvang om as Koning te heers (Daniël 7:13, 14). Jesus sal in die toekoms as Koning optree om wêreldvrede tot stand te bring en armoede uit die weg te ruim.​—Lees Psalm 72:7, 8, 13.

As Koning sal Jesus die aarde van onregverdigheid reinig

As die mensdom se Heerser sal Jesus wonderlike dinge doen. Hy sal die krag gebruik wat die Vader hom gegee het om mense tot volmaaktheid te herstel. Hulle sal die lewe op aarde geniet sonder om ooit oud te word en te sterf.​—Lees Johannes 5:26-29; 1 Korintiërs 15:25, 26.

Wat doen Jesus nou?

Jesus rig nou die wêreldwye predikingswerk van sy ware volgelinge. Hulle besoek mense om hulle te wys wat die Bybel oor God se Koninkryk sê. Jesus het gesê dat hy die werk van sy dissipels sal ondersteun totdat God se Koninkryk ’n einde aan menseregerings maak.​—Lees Matteus 24:14; 28:19, 20.

Jesus lei mense deur middel van die ware Christengemeente sodat hulle ’n beter lewenswyse kan volg. Hy sal hulle ook deur die vernietiging van die teenswoordige stelsel van dinge lei tot in God se beloofde nuwe wêreld.​—Lees 2 Petrus 3:7, 13; Openbaring 7:17.

Vir meer inligting, sien hoofstuk 8 van hierdie boek, Wat leer die Bybel werklik?, uitgegee deur Jehovah se Getuies

Ook beskikbaar by www.pr2711.com/af/

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel