Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w13 11/1 bl. 16
  • Antwoorde op Bybelvrae

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Antwoorde op Bybelvrae
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2013
  • Soortgelyke materiaal
  • Antwoorde op Bybelvrae
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2015
  • Gaan alle getroue Christene hemel toe?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2011
  • Gaan alle goeie mense hemel toe?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2010
  • Wat is God se Koninkryk?
    Wat leer die Bybel werklik?
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2013
w13 11/1 bl. 16

ANTWOORDE OP BYBELVRAE

Wie sal hemel toe gaan, en waarom?

Miljoene mense wil graag hemel toe gaan. Jesus het gesê dat sy getroue apostels daar sal lewe. Voor sy dood het hy belowe om vir hulle ’n plek te berei by sy hemelse Vader.—Lees Johannes 14:2.

Waarom sal mense wat op die aarde gelewe het, tot lewe in die hemel opgewek word? Wat sal hulle daar doen? Jesus het vir sy apostels gesê dat hulle konings sal wees. Hulle sal oor die aarde regeer.—Lees Lukas 22:28-30; Openbaring 5:10.

Gaan alle goeie mense hemel toe?

In die meeste lande is daar net ’n paar mense wat regeer. Aangesien Jesus mense tot hemelse lewe opwek sodat hulle oor die aarde kan regeer, kan ons verwag dat net ’n paar persone hiervoor uitgekies is (Lukas 12:32). Die Bybel sê presies hoeveel saam met Jesus sal regeer.—Lees Openbaring 14:1.

Jesus het vir party van sy volgelinge plek in die hemel berei. Weet jy wat hulle daar sal doen?

Diegene wat hemel toe gaan, is nie die enigstes wat ’n beloning ontvang nie. Getroue onderdane van Jesus se Koninkryk sal eindelose lewe in ’n herstelde paradys op die aarde geniet (Johannes 3:16). Party van hulle sal in hierdie Paradys ingaan deurdat hulle die vernietiging van die teenswoordige goddelose stelsel van dinge oorleef. Ander sal tot lewe in die Paradys opgewek word.—Lees Psalm 37:29; Johannes 5:28, 29.

Vir meer inligting, sien hoofstuk 8 van hierdie boek, Wat leer die Bybel werklik?, uitgegee deur Jehovah se Getuies

Dit kan afgelaai word van www.pr2711.com/af

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel