Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w15 4/1 bl. 16
  • Antwoorde op Bybelvrae

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Antwoorde op Bybelvrae
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2015
  • Soortgelyke materiaal
  • Antwoorde op Bybelvrae
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2015
  • Antwoorde op Bybelvrae
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2014
  • Antwoorde op Bybelvrae
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2015
  • Antwoorde op Bybelvrae
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2014
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2015
w15 4/1 bl. 16

ANTWOORDE OP BYBELVRAE

Wat hou die toekoms vir die mensdom in?

’n Gesin wat by ’n ouer vrou van ’n ander ras kuier

Hoe maak Jesus se dood ’n gemeenskap moontlik waarin mense vir mekaar omgee?

Die mens sal ongetwyfeld aanhou om in die wetenskap vooruitgang te maak. Maar sal hulle ooit op hulle eie ’n gemeenskap kan bou waarin mense werklik vir mekaar omgee? Nee. Die wêreld word vandag deur selfsug en gierigheid aangedryf. Maar God het iets beters vir die mensdom in gedagte.—Lees 2 Petrus 3:13.

God se Woord voorspel dat daar ’n wêreldwye gemeenskap sal wees waarin mense mekaar sal liefhê. Mense sal in veiligheid woon, en daar sal niemand wees wat hulle kwaad aandoen nie.—Lees Miga 4:3, 4.

Hoe sal selfsug uit die weg geruim word?

In die begin het God die mens sonder enige selfsugtige neigings geskep. Toe die eerste mens gekies het om aan God ongehoorsaam te wees, het hy sy volmaaktheid verloor. Ons het die neiging om selfsugtig te wees, van hom geërf. Maar God sal Jesus gebruik om die mensdom tot volmaaktheid te herstel.—Lees Romeine 7:21, 24, 25.

In ooreenstemming met God se wil het Jesus ’n offerdood gesterf wat die gevolge van die eerste mens se ongehoorsaamheid ongedaan sal maak (Romeine 5:19). Jesus het dus ’n wonderlike toekoms moontlik gemaak, wanneer mense vry sal wees van die selfsugtige neiging om verkeerd te doen.—Lees Psalm 37:9-11.

Vir meer inligting, sien hoofstuk 5 van hierdie boek, Wat leer die Bybel werklik?, uitgegee deur Jehovah se Getuies

Ook beskikbaar op www.pr2711.com/af

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel