Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w15 9/1 bl. 4
  • Watter soort mense is Jehovah se Getuies?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Watter soort mense is Jehovah se Getuies?
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2015
  • Soortgelyke materiaal
  • Deel 5—Getuies tot aan die uiterste van die aarde
    Jehovah se Getuies—Verkondigers van God se Koninkryk
  • “Hulle het geweldige morele krag”
    Ontwaak!—1991
  • Waarom preek ons?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2015
  • ’n Terugkeer tot die ware God
    Die mensdom se soeke na God
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2015
w15 9/1 bl. 4
Getuies van Jehovah van verskeie rasse groet mekaar in ’n Koninkryksaal

VOORBLADONDERWERP | WIE IS JEHOVAH SE GETUIES?

Watter soort mense is Jehovah se Getuies?

Ons is ’n internasionale organisasie wat geen verbintenis met ander godsdiensgroepe het nie. Hoewel ons wêreldhoofkwartier in die Verenigde State is, woon die oorgrote meerderheid van Jehovah se Getuies in ander lande. Trouens, ongeveer agtmiljoen Getuies leer mense die Bybel in meer as 230 lande. Ons doen dit uit gehoorsaamheid aan Jesus se woorde: “Hierdie goeie nuus van die koninkryk sal in die hele bewoonde aarde verkondig word as ’n getuienis vir al die nasies.”—Matteus 24:14.

Ons is baie wetsgehoorsaam, ongeag waar ons woon. Maar ons probeer hard om polities neutraal te bly. Ons doen dit omdat ons Jesus se opdrag aan Christene gehoorsaam om “geen deel van die wêreld” te wees nie. Daarom raak ons nie by politieke geskille of bedrywighede betrokke nie en ondersteun ons nie oorlog nie (Johannes 15:19; 17:16). Trouens, gedurende die Tweede Wêreldoorlog is Jehovah se Getuies in die tronk gegooi, gemartel en selfs doodgemaak omdat hulle nie hulle neutraliteit wou prysgee nie. ’n Voormalige Duitse biskop het geskryf: “Hulle kan tereg daarop aanspraak maak dat hulle die enigste groep gewetensbeswaardes in die Derde Ryk was.”

“[Jehovah se Getuies] het uitsonderlike sedelike krag. Ons kan sulke onselfsugtige mense selfs in die hoogste politieke ampte gebruik—maar ons sal hulle nooit daar kry nie. . . . Hulle erken staatsowerhede, maar glo dat net God se Koninkryk al die mens se probleme kan oplos.”—Nová Svoboda, ’n koerant in die Tsjeggiese Republiek.

Nogtans sonder ons ons nie af nie. Jesus het aangaande sy volgelinge gebid: “Ek versoek u nie om hulle uit die wêreld weg te neem nie” (Johannes 17:15). Daarom sien jy dalk hoe ons, as deel van die plaaslike gemeenskap, werk toe gaan, inkopies doen en skool toe gaan.

LANDE MET DIE MEESTE GETUIES

  • Verenigde State 1 190 000

  • Mexiko 800 000

  • Brasilië 770 000

  • Nigerië 330 000

  • Italië 250 000

  • Japan 220 000

Hedendaagse Israel

Kyk na die video Spesiale streekbyeenkoms in Israel op www.pr2711.com/af en sien hoe Getuies van Israel en Palestina nasionale en etniese verskille oorkom het. (Kyk onder OMTRENT ONS > BYEENKOMSTE)

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel