Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g91 3/8 bl. 25
  • “Hulle het geweldige morele krag”

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • “Hulle het geweldige morele krag”
  • Ontwaak!—1991
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • “Oor mense wat geheel en al menslik is”
  • Inligting oor die Getuies
  • Watter soort mense is Jehovah se Getuies?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2015
  • Gelei deur geloof in God In ’n Kommunistiese land
    Ontwaak!—1996
  • Is Jehovah se Getuies ’n kultus?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1994
  • Vereenvoudiging— help ons om ons ’van die belangriker dinge te vergewis’
    Ons Koninkryksbediening—1987
Sien nog
Ontwaak!—1991
g91 3/8 bl. 25

“Hulle het geweldige morele krag”

NA SOWAT 40 jaar van vervolging in Tsjeggo-Slowakye kon Jehovah se Getuies kringbyeenkomste daar hou. Jiří Muladi het in die koerant Nová Svoboda (Nuwe Vryheid) verslag gedoen oor die een wat in Mei 1990 in Ostrava gehou is. Hy het onder andere geskryf:

“Oor mense wat geheel en al menslik is”

“Gedurende die drie dae voor die geleentheid het sowat 90 mense in die Tatran-saal bymekaargekom en dit beter skoongemaak as wat dit in 40 jaar skoongemaak is. Al loop ek myself vooruit, moet ek sê dat die saal net so skoon was ná die tweedaagse [byeenkoms]. Daar was geen papier of sigaretstompies op die vloer nie. Terloops, Jehovah se Getuies rook nie.

“Op die eerste dag van die kringbyeenkoms was daar 1600 teenwoordig. . . . Hulle het begin deur almal saam ’n lied te sing. Baie komponiste sal verbaas wees oor hoe pragtig hierdie liedere is. . . . Alles is sonder vertoon gedoen. Geen bekendstelling van die hooggeplaastes nie. (Ek weet dus nie eers wie die vernaamste posisie beklee het nie en ek dink dit kon niemand skeel nie.) Niemand het buigings gemaak of slagspreuke uitgeroep nie. Daar was net nederigheid, vriendelikheid en naasteliefde.”

Inligting oor die Getuies

“Jehovah is God se naam. In die Tsjeggiese Bybel word sy naam vertaal (of vervang) met die naam Hospodin [Here]. Jehovah se Getuies dring daarop aan om God se oorspronklike naam te gebruik, en hulle is vasbeslote om deur hulle handelwyse van sy bestaan en dade te getuig. . . .

“Die geloof van Jehovah se Getuies verbied die gebruik van wapens teen mense, en diegene wat geweier het om basiese militêre diens te verrig en nie in die steenkoolmyne werk gekry het nie, het tronk toe gegaan, selfs tot vier jaar lank.

“Net hieruit blyk dit duidelik dat hulle geweldige morele krag het. Ons kan sulke onselfsugtige mense selfs in die hoogste politieke ampte gebruik—maar ons sal hulle nooit daar kry nie. Jehovah se Getuies hou vol dat mense tot hulle eie ondergang oor hulleself heers. Hulle erken natuurlik staatsowerhede, maar glo dat net God se Koninkryk die mens se probleme kan oplos. Maar moenie ’n fout maak nie—hulle is nie fanatici nie. Hulle betoon buitengewone mensliewendheid. En nou kan jy van hulle dink net wat jy wil.

“Ns. Ek is nie een van Jehovah se Getuies nie, al het ek begrip vir baie van hulle idees.”

[Prent op bladsy 25]

Byeenkoms in die Lucerna-saal, Praag, Tsjeggo-Slowakye

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel